Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Are pluk op die sabbat. Die fariseërs wil Jesus stenig

176 Maar na `n rukkie, al taamlik digby die dal, kom ons by `n land wat byna vol ryp koring voor ons lê. Die pad loop deur hierdie land en ons neem die pad, omdat dit nader aan die dorp uitkom. Ons loop dus deur die ryp koring en dit was natuurlik nog sabbat. Maar die leerlinge het honger gehad, omdat hulle net soos Ek geen ontbyt gehad het nie en hulle begin daarom die ryp are af te pluk, die korrels in hulle hand uit te vryf en dit te eet. (Matthéüs. 12:1)

[2] Toe die alreeds woedende fariseërs dit sien, loop hulle gou na My toe en sê met `n sedige gesig: “Sien U nie dat U leerlinge op die sabbat dinge doen wat nie betaamlik is nie?” (Matthéüs. 12:2)

[3] Ek sê aan hulle: “Het julle dan nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy metgeselle honger gehad het nie? (Matthéüs. 12:3) Dat hy die Huis van God binnegegaan het en die toonbrode wat hy tog ook nie mag geëet het nie, asook diegene wat by hom was, maar slegs die priesters? (Matthéüs. 12:4) Of het julle nooit in die wet gelees hoe die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat skend en tog nie skuldig is nie? (Matthéüs. 12:5)

[4] Bowendien het julle My dade gesien en My leer gehoor, en dikwels is daar aan julle gesê wie Ek is! As dit nog nie vir julle genoeg is nie, dan sê Ek vir julle nou nog één keer openlik dat in My die Een is wat groter is as die tempel! (Matthéüs. 12:6)

[5] As julle egter sou weet wat dit beteken: ‘Ek vind welgevalle aan barmhartigheid en nie aan offers nie!’, dan sou julle hierdie onskuldiges nie nou in julle harte vervloek het nie! (Matthéüs. 12:7) Weet dan, blinde en dowe fariseërs: die Seun van die Adam, wat Ek is, is ook Heer van die sabbat!” (Matthéüs. 12:8) Die fariseërs skrik so groot vir hierdie woorde dat hulle dadelik agteruit gaan en die leerlinge nie meer daarvan weerhou om are te pluk nie.

[6] Maar Kisjonah, wat steeds langs My loop en aan wie die land behoort het, sê aan My: “Heer, ek sal nou vooruitloop en dadelik `n uitgebreide maaltyd laat regsit, want ek het medelye met die brawe leerlinge vanweë hulle kennelike honger!”

[7] Ek sê: “Dit sal goed wees. Maar Ek sal nou tog eers met die leerlinge `n skool besoek ter wille van hierdie fariseërs, sodat hulle ergernis net nog groter word. Matthéüs lê hulle alreeds swaar op die maag, omdat hy `n rukkie gelede hulle daarop gewys het dat ons vanweë die sinagoge so vinnig loop. As ons nou die skool in die dorp verbyloop, dan loop die maat by hulle oor en sal hulle begin om `n herrie op te skop; maar as ons nou eers `n skool binnegaan, dan kan hulle niks meer sê nie en dan kan jy ook sonder skaamte jou rekening aan hulle voorlê, dit wil sê as die sabbat afgeloop is.” Na hierdie woorde gaan Kisjonah regstreeks met sy mense na die huis waar hy alles totaal versorg aantref.

[8] Ons neem egter `n pad `n bietjie meer na links van die skool, wat op die hoogste punt van die dorp gelê het. Daar aangekom, betree ons dadelik die baie sporadies besoekte skool (Matthéüs. 12:9) en die fariseërs volg ons te voet. Hulle was innerlik baie kwaad, omdat hulle op die land vanweë hulle domheid deur die leerlinge uitgelag was, toe Ek hulle protes oor die arepluk van die hand gewys het.

[9] Toe ons die skool binnekom, doen die fariseërs dadelik hulleself weer heel sedig voor en bring `n man na My wat al lank `n verdorde hand gehad het en daardeur byna geen werk kon doen nie. Hulle vra My, omdat Ek vroeër gesê het dat Ek ook Heer van die sabbat is, of dit toegestaan sou word om ook op die sabbat te genees. Dit vra hulle My egter slegs om bewyse teen My in die hande te kry (Matthéüs. 12:10); want hulle bose hart brand al van toorn en boosheid.

[10] Maar Ek sê aan hulle: “Waarom vra julle dit vir My, asof julle hierdie sieke sou kon help en sy hand wat sedert `n lang tyd dood was, lewend kon maak? As Ek hom egter wil genees, dan sal Ek julle tog nie om toestemming vra nie!

[11] Wie van julle is so dwaas, dat wanneer sy skaap in `n kuil val, hy dit nie op die sabbat sal uithaal nie? (Matthéüs. 12:11) Maar `n mens is tog veel waardevoller as `n skaap! Sodoende sal `n mens op `n sabbat `n mens tog wel mag help? (Matthéüs. 12:12)

[12] Toe swyg die fariseërs; maar Ek roep die man na My en sê aan hom: “Strek jou hand uit!” En hy strek sy hand uit en dit word net so gesond soos die ander een wat nooit siek was nie. (Matthéüs. 12:13)

[13] Nou was die maat vol vir die fariseërs; hulle verlaat die skool en beraadslaag buite hoe hulle My sou kon doodmaak. (Matthéüs. 12:14)

[14] Maar Matthéüs, wat `n listige spioen was, stap na hulle en luister hulle ongemerk af, kom vinnig en byna uitasem terug en vertel hardop wat hy gehoor het. Toe stuur Ek gou `n leerling na Kisjonah en laat hom weet dat Ek vandag uit voorsorg nie by hom sou kom eet nie, omdat Ek van die fariseërs wat My nou om die lewe wou bring, nie nog groter misdadigers wou maak as wat hulle alreeds was nie, daarom sou Ek `n tydjie uit hierdie streek verdwyn. Die leerling loop vinnig en weet waar hy My weer sou kon vind.

[15] Kwalik het hy dit aan Kisjonah oorgedra of hy vertrek onmiddellik met sy hele huishouding, versamel in aller yl nog `n groot hoeveelheid van die volk, haas hulle na die skool en kom net op die presiese oomblik daar aan toe die fariseërs, al voorsien van klippe, die skool wou binnedring.

[16] Dit spreek wel vanself dat die fariseërs daar behoorlik deur Kisjonah bedien is, waarop Ek vervolgens met baie van die volk vandaar vertrek en al hulle siekes onderweg genees; want omstreeks die tyd van die koringoes is daar nogal heelwat koors in hierdie streek wat dig aan die meer van Galilea lê. Daar was steeds baie siek mense, veral van die vroulike geslag. Toe hulle van My hoor, sit hulle die menigte agterna om deur My genees te word en almal wat dit gedoen het, is genees. (Matthéüs. 12:15)

[17] Maar nadat Ek hulle genees het, waarsku Ek hulle om tuis met niemand daaroor te praat nie (Matthéüs. 12:16), en om ook nie aan wie ookal iets mee te deel oor waar Ek was toe Ek hulle genees het en in welke rigting Ek verder gegaan het nie. Hulle belowe om hulle baie presies daarby te hou en daarop laat Ek hulle in vrede gaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205