Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 6 - Johannes doop/was die Heer [Johannes 1: 31-34]

31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en in water gewas/gedoop.

6 Natuurlik het die afgevaardigdes daarop vir Johannes gevra, “Van wanneer af ken jy hierdie vreemde Man, en hoe was dit, wat jy so pas van Hom gesê het, aan jou geopenbaar?”- Hier antwoord Johannes heel natuurlik dat hy, as `n mens Hom ook nie geken het nie, maar dat Sy Gees dit aan hom openbaar het en hom beweeg het om die mens voor te berei vir hierdie Een en om hulle met water uit die Jordaan te was van hul massiewe besoedeling deur sonde.

32 En Johannes het getuig en gesê (na die doop): Ek het (soos ek Hom gedoop het) die Gees (as getuienis van My) soos `n Duif uit die Hemele sien neerdaal, en Sy het op Hom gebly.

[2] Hier maak Johannes bekend dat hy ook vir My vir die eerste keer in persoon voor hom sien, en dat My innerlike Gees hierdie man waargeneem het gedurende die kort daad van die doop met water, wat Johannes aanvanklik geweier het om te doen aan My met die beduidende opmerking dat Ek hom eerder moet doop as hy vir My. Maar toe ek aandring dat dit op hierdie manier moet geskied, het Johannes toegegee en My gedoop. Maar hy het gesien dat Ek Myself aan hom openbaar het deur My Gees binne-in sy gees soos wat Ek hom na Betabára toe gestuur het, hoe die Gees van God, dit is, My eie ewige, oorspronklike Gees, neergedaal het op My vanaf die Hemele vol van Lig soos `n skynende klein wolk op dieselfde manier waarop `n duif neerdaal, en het bo My hoof gebly. Terselfdertyd het hy die welbekende woorde gehoor:
[3] “Dit is my geliefde Seun, of dit is My Lig, My eie oorspronklike Wese waarin Ek as die ewige, oorspronklike Wese van liefde verblyd is. Luister na Hom!”

33 En ek het Hom nie geken nie; maar HY wat my gestuur het om in water te was/doop, HY het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

[4] Dit is waarom Johannes sê: “Ek sou Hom ook nie herken het nie.”

34 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van die God is.

[5] Eers na hierdie doop vertel Johannes die afgevaardigdes wat hy gesien en gehoor het en dring daarop aan dat die Gedoopte, Wie hy alreeds soos wat Hy aangekom het, aangekondig het as die geopenbaarde Lam van God dat Hy waarlik die Messias was vir wie die hele Israel voor gewag het. Hy is waarlik die Seun van God, dit is, God se werklike oorspronklike fundamentele wese binne die God.
[6] Hy, Johannes, het met sy eie oë God se Gees gesien neerdaal op Hom, en plaasgeneem op Hom. Nie asof hierdie Man eers toe daardie Gees ontvang het nie, maar dat hierdie manifestasie plaasgevind het as getuienis vir hom (Johannes), aangesien hy Hom nie voorheen geken het nie.
[7] Hier kom die vraag dan op of hierdie afgevaardigdes van Jerusalem nie hierdie dinge bemerk het met hul eie oë en ore nie. Die antwoord hierop is altyd een en dieselfde: Hierdie dinge sal slegs geopenbaar word aan die kinders en die eenvoudiges, maar vir die wêreldwyse sal hulle verborge en versluier bly.
[8] Die afgevaardigdes van Jerusalem het dus niks gesê van die doop in water nie maar was redelik vies toe Johannes hulle vertel wat hy gesien en gehoor het. Hulle het niks hiervan waargeneem nie en daarom vir Johannes beledig deur te sê dat hy vir hulle gelieg het. Etlike van Johannes se leerlinge wat teenwoordig was, het egter by hulle aangesluit en getuig dat Johannes die waarheid gepraat het.
[9] Maar die afgevaardigdes het hul koppe geskud en gesê, “Johannes is julle meester en julle is sy leerlinge, vir wie julle hierdie stelling bevestig. Ons is geleerd en wys in alle dinge van die profete en herken deur julle woorde en dade dat julle en jul meester dwase is dat julle nie `n ding gesien of ken nie en met julle dwaasheid julle baie mense mal gemaak het, in so `n mate dat hierdie saak alreeds as `n steurnis beskou word deur die hoëpriesters van die tempel. Dit sal die beste wees om julle aktiwiteite met geweld te stop.”
[10] Dit het Johannes woedend gemaak en hy sê: “Julle slange, julle addergeslag (nageslag van Nagash*), dink julle julle kan die oordeel ontvlug? Kyk, die byl waarmee julle ons graag sal wil vernietig, is alreeds neergelê teen julle wortels, kyk hoe julle die verderf gaan vryspring. Tensy julle julleself verootmoedig in sak en as en julleself laat doop, sal julle vernietiging in die gesig staar. (*Nagash is die gevalle engel wat vir Eva in die tuin mislei het)
[11] Want waarlik, hierdie was die Een van Wie ek julle vertel het; “Na my sal Een kom wat voor my gewees het, want Hy was daar voor ek was. Deur Sy volheid het almal van ons barmhartigheid op barmhartigheid ontvang.”
[12] Na hierdie sterk woorde, bly sommige by hom en laat hulleself doop, maar die meeste vertrek woedend van daar.
[13] Hierdie verse handel met suiwer historiese feite en het nie veel innerlike betekenis nie, soos wat maklik deur die vorige verduidelikings gesien kan word. Hier moet dit uitgewys word dat sulke verse baie makliker is om te verstaan as saamgegee word met die destydse welbekende omstandighede. Want toe die boodskapskrywer die Boodskap opgeteken het, was dit gebruik om sekere onnodige sinne weg te laat wat gedeel het met allerhande algemeen bekende omstandighede en het hy net die hoofsinne opgeteken, en daardeur al die sekondêre detail “tussen die lyne” gelos soos wat julle vandag sal sê. Ten einde meer lig op hierdie destydse mees merkwaardige gebeurtenis te werp, sal ons die drie volgende verse van naderby bekyk en van hierdie hoek af sal die styl van daardie tyd verklaar en herken word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205