Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Glansryke belofte vir daadwerklike volgelinge

48 Maar slegs `n paar wat aan tafel was, was bewus daarvan dat ons bedien word deur Engele, met voedsel van die hemele. Hulle het in alle erns geglo dat ek sulke diensknegte as deel van My gevolg gehad het, en hulle in Klein-Asië gekoop het vir geld. Maar hulle kon nie hulle ongelooflike opgewektheid, vriendelikheid en belesenheid begryp nie, want sulke slawe het gewoonlik `n suur uitdrukking gehad en hul dienste slaafs soos masjiene uitgevoer, en daar kon gewoonlik geen gesprek omtrent hulle opvoeding of mensliewendheid gevoer word nie. In kort, die gaste was grootliks geamuseerd, en die owerpriester, wie gaandeweg agtergekom het dat die baie diensknegte bonatuurlike wesens was, het meer en meer ongemaklik begin word, omdat hy skaam was vir die mense wat, alhoewel goedgemanierd, volgens sy mening te ongeërg omgegaan het met hierdie uitsonderlike diensknegte.

[2] Maar wat hom die meeste verleë gemaak het, was hulle, wat ten spyte van al die tekens van die wydoopgemaakte hemele, hulle ongelowig huistoe gehaas het. Hy praat met bewing: “My Heer en my God! Wat sal sulke mense ooit laat bekeer as sulke tekens vrugteloos is?! As U, o Heer, Uself en die skare Engele van die geopende hemele nie in staat was om hierdie saadlyn te bekeer nie, wat gaan ek, arme deugniet met hulle doen? Sal hulle nie in my gesig spoeg as ek dit net sou waag om hulle van U te leer nie?”

[3] Ek spreek: “Het jy nie ook `n groot aantal gelowiges om jou nie? Maak hulle jou helpers en jou taak sal makliker wees. Want as `n man `n sekere gewig moet optel, maar nie sterk genoeg is nie, gebruik hy `n helper. As net een nie genoeg is nie, gebruik hy `n tweede en `n derde en word daardeur meester van die las. As die getal gelowiges ewe groot is, en hier inderdaad meer as die wat ongelowig is, dan word die werk maklik.

[4] Dit is baie anders in plekke waar daar net mooi geen gelowiges gevind kan word nie! Daar wend jy inderdaad ook `n poging aan, sodat niemand ooit die verskoning sal hê: Ek het nog nooit `n woord hiervan gehoor nie.

[5] As `n gelowige gevind word, bly jy by hom en openbaar die koninkryk van God se Barmhartigheid aan hom. As daar egter nie een is wat die Woord wil aanvaar nie, gaan jy verder, maar skud ook die stof van jou voete van so `n plek af, want so `n plek is onwaardig om barmhartigheid uit te stort, behalwe dit wat op die diere van die veld en die woude uitgestort word. Hier het julle dan julle riglyne vir julle toekomstige houding teenoor al daardie ongelowiges.

[6] Maar ek maan julle om self sterk in die geloof te bly, want anders sal julle baie min uitrig vir My koninkryk! Moet julleself nie laat afdwaal deur allerhande soorte nuus wat julle binne `n paar jaar sal hoor vanaf Jerusalem aangaande My nie! Want daar sal ek oorhandig word aan die owerhede, en hulle sal hierdie liggaam van My doodmaak, maar Ek sal weer op die derde dag opstaan en daarna met julle wees tot aan die einde van die wêreld! Want daardie gebroedsel in Jerusalem sal slegs glo wanneer hulle oortuig is dat daar geen manier is om My dood te maak nie!

[7] En dan sal dit ook gebeur dat daar op verskillende plekke op aarde eiesinnige manne sal wees wat die draers van hierdie Boodskap fisies sal doodmaak. Maar juis hierdie moorde sal dan gelowiges maak van die eerstes, wanneer hulle sien dat diegene wat `n geestelike lewe vanuit My Woord lei, nie gedood kan word nie! Want hulle wat gedood is, sal af en toe verskyn aan hulle leerlinge en hulle in My weë leer!

[8] Maar vir die wie se harte verhard is, wêreldlinge wat of geen geloof het, of wat het, maar nietemin nie reageer op dit wat Geloof hulle leer nie, sal nie Ek of My leerlinge in staat wees om die nag van hul twyfel ten volle vanuit hul harte te verwyder nie. Maar as die einde van hul vlees oor hulle kom, sal hulle die boosheid smaak van hul ongelowigheid en die gevolge daarvan dra deurdat hulle My lering nie met dade onderhou het nie, terwyl hulle wat in My glo deur hul werke die dood nie sal voel of smaak nie.

[9] Want wanneer Ek die deur van hierdie mense se vlees sal oopmaak, sal hulle uit hulle vlees uitstap soos gevangenes vanuit hul selle, wanneer die toegewendheid van hulle Heer hulle ontsluit het.

[10] Moet daarom nie ontsteld wees wanneer julle die een of ander ding van My hoor nie. Want hy wat in geloof verdra en wat onwrikbaar in Geloof en Liefde bly tot aan die einde, soos wat Ek leer en geleer het en altyd sal leer, sal saligheid bereik in die ewige koninkryk van die hemele, wat julle nou geopen bo julle sien, met My Engele wat neerdaal en opvaar!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205