Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die verskil tussen wetenskap en geloof

155 Met hierdie woorde roep Ek Kisjonah van sy vyf klafter hoë kansel na benede en spreek hom onder vier oë: “Swyg voorlopig en verraai My nie voor die tyd daarvoor ryp is nie! Want hier is nog baie wat nie so ryp soos jy daarvoor is nie en mag daarom ook nie volledig hoor wie Ek eintlik is nie. Anders sou dit `n belemmering vorm vir die vryheid wat lewe bring aan hulle gees, waaruit so `n gees homself baie moeilik ooit sou kon verhef.

[2] Dit is voldoende dat baie nou begin te vermoed wie Ek is, en dat die meeste My vir `n groot profeet aansien en My eien as God se Seun, - wie Ek wel uiterlik is. Meer sou voorlopig te skadelik wees; daarom laat ons hulle ook voorlopig met hulle mening en hulle geloof en jy mag My daarom nie verder verraai nie!”

[3] Kisjonah sê: “Ja Heer, U het gelyk; maar Ek is ook maar `n mens. Kom my siel nie ook in die gerig omdat Ek nou sonder enige twyfel nie slegs glo nie, maar ook vir seker weet wie U is nie?”

[4] Ek sê: “Jou het Ek deur woord en leer voorberei. Toe Ek `n paar dae gelede by jou kom, dag jy dat Ek `n baie wyse en knap dokter was en toe jy My ongewone dade sien doen, begin jy My as `n profeet te beskou deur wie die Gees van God werk. Jy is egter goed in alle skole onderrig en jy wou presies weet hoe `n mens so `n volmaaktheid kon bereik. Toe onthul Ek aan jou wat die mens is en wat in hom sluimer en trouens wat uit die mens kan kom as hy homself heeltemal ken en daardeur die volle lewensvryheid van sy gees bereik het.

[5] Maar Ek laat jou toe ook sien hoe God Self `n Mens is, en hoe enkel en alleen om hierdie rede ook jy en alle aan jou gelyke wesens, mense is. En Ek toon jou dan ook in die geheim dat Ek Self juis die Mens is en dat elke mens geroep is om dit te word en vir ewig te wees, wat Ek Self is. Toe was jy verbaas en sedert daardie oomblik weet jy wie Ek is.

[6] En sien, dit was `n doelmatige voorbereiding vir jou siel en jou gees, sodat jy My nou `n hele aarde en uit klippe mense sou kon sien skep sonder dat dit jou sou skaad. Want jy het uit vrye wil en wel op `n wetenskaplike wyse aangeneem, dat God `n Mens kan wees en dat `n mens heel goed, ook wetenskaplik gesien `n God kan wees! En daarom kan dit nou jou siel en jou gees nooit in die war bring nie, as jy volkome besef dat Ek die enige en enig ware God en Skepper van alle dinge sedert die ewigheid is.

[7] Maar dit skyn heel anders met hierdie ander mense te wees, wie almal nie suiwer wetenskaplik te benader is nie. Hulle het slegs die geloof en daarby uiters min verstand.

[8] Die geloof staan egter nader aan die sielelewe as die grootste verstand. As die geloof `n dwang is, word dit daardeur dadelik ook `n ketting vir die siel; as die siel egter geketting is, dan kan daar geen sprake wees van `n vrye ontwikkeling van haar gees nie.

[9] As egter, soos by jou, die verstand eers die korrekte insig verkry het, dan bly die siel vry en haal uit die kennis van die verstand altyd slegs soveel as wat sy kan verdra en kan verteer.

[10] En so vorm sy dan uit `n korrekte ontwikkelde verstand `n ware, volle, lewende geloof, waardeur die gees in die siel die korrekte voeding kry en daardeur steeds sterker en magtiger word, - wat elke mens dadelik kan waarneem as sy liefde vir My en vir die naaste steeds sterker en magtiger word.

[11] Maar, soos reeds gesê, as daar by die mens wie se verstand dikwels nie heeltemal ontwikkeld is nie en die mens wat slegs geloof het, en daar in `n sekere sin op sigself slegs gehoorsaamheid van die hart en die wil van die hart is, moet dié mens heel versigtig behandel word, omdat hy ten prooi val van wandenkbeelde of kan op die verskriklikste syweë beland, soos wat dit by alle heidene en ook in hierdie tyd by baie maar al te duidelik die treurige geval is.

[12] En nou sal jy wel sonder moeite kan insien waarom Ek jou sopas van die rots afgeroep het, waar jy aan die mense wil onthul wie Ek is. Daarom moet die een blinde nooit `n ander lei nie, maar dit moet iemand wees wat met `n goeie verstand skerp kan sien, - omdat hulle andersins beide in die afgrond sal instort.

[13] Ek sê vir jou, wees in alles ywerig en versamel oor alle dinge die korrekte kennis! Ondersoek alles wat jy teëkom en behou daarvan wat goed en waar is, dan sal dit maklik vir jou wees om die waarheid te vind en die voorheen dooie geloof weer lewend te maak en dit tot `n ware lewenslig te maak.

[14] Aan jou sê Ek en daardeur aan almal: As jy vir jou lewe egte nut van My leer wil hê, dan moet jy haar eers begryp en dan in waarheid daarvolgens handel!

[15] So volmaak soos wat die Vader in die hemele in alles is, net so volmaak moet julle ook wees, - omdat julle nooit andersins Sy kinders kan word nie!

[16] Jy het in die geskrif wat deur Matthéüs geskryf is, gelees van My bergprediking; daarin leer Ek die leerlinge bid en wel met die aanroep: “Onse Vader!”

[17] Wie die gebed in sy hart bid, maar dit egter nie goed begryp nie, is soos `n blinde wat die son loof en prys, maar haar ondanks haar magtige lig nie kan sien en homself ook geen voorstelling daarvan kan maak nie. Daardeur sondig hy weliswaar nie; maar van die waarheid het hy ook niks nie en daarby bly hy tog in dieselfde duisternis.

[18] As jy dus die hart van `n mens werklik wil vorm vir die lewe, vergeet dan nie om eers die verstand goed te ontwikkel nie, anders maak jy van hom `n blinde vereerder van die son, wat sinneloos is.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205