Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In Esau se plek. Liefde in plaas van vrees

59 Die koopman sê terwyl ons die kasteel binnegaan: “My Heer en my vriend, ek sien dat uit U `n suiwer goddelike vrome Wysheid praat. So vol sagmoedigheid soos wat ek nog nooit uit die mond van `n mens gehoor het nie; maar by die volg van hierdie leer van U, hoort `n sterk vertroue in JaHWeH, en ondanks my vaste geloof het ek dit nie. Ek weet dat dit Hy is Wie alles geskape het en Wie alles nou lei, regeer en onderhou. Ek kan my nog nie goed voorstel dat Hy as die Allerhoogste Gees, Homself met privaat aangeleenthede sou kan en wil inlaat nie! Want Hy is vir my so allerheilig dat ek dit kwalik waag om Sy heilige Naam uit te spreek, laat staan nog dat ek van Hom sou verwag dat Hy by my smerige geldsake Sy almagtige heilige Hand sou uitreik om my te help!

[2] Ek gee wel aan die armes wat na my toe kom, en het geen hond om `n bedelaar van die deur af weg te hou nie. Slegs die tuin, waarvan ek so baie hou, sien ek nie dat dit graag deur vreemdelinge en armes gebruik word nie. Die tuine en nuwe aanplantings word dikwels moedswillig beskadig, en omdat hulle daarin, as hongeriges en dorstiges, tog niks vind waarmee hulle hulleself kan versadig en hulle dors kan les nie. Daarteenoor het ek ongeveer twee kilometer hiervandaan `n groot vye- en pruimbos aangeplant. Dit is vir al die vreemdelinge en armes bestem. Hulle mag egter nie die bome beskadig nie en daarom het ek daar ook `n aantal opsigters geplaas.

[3] Daaraan kan U sien dat ek wel aan die armes dink; maar dit is ver van my dat ek om hierdie redes die mees verhewe Gees sou vra om hier op aarde, of selfs in die hemele my geld te beheer! As Hy iets wil doen en ook al werklik iets gedoen het, waaraan ek nie twyfel nie, dan hang dit van Sy vrye heilige wil af! Ek het egter so `n grenslose eerbied vir Hom dat ek dit kwalik waag om Hom daarvoor te bedank. Dit mag dan lyk asof ek deur so `n suiwer materiële dank, waarmee ek Hom eintlik sê dat Hy my as handlanger van diens gewees het, Hom `n baie groot oneer sou aandoen. Ek leef en werk daarom so regverdig moontlik volgens die wet met my kragte wat van God verkry is, en bind die bek van os en esel nie toe as hulle dors nie; maar die grote Gees eer ek slegs op Sy dag! Want daar staan geskryf: ”Die Naam van jou God mag jy nooit verydel nie!”

[4] Ek sê: “As Ek nie reeds lankal geweet het dat jy `n regverdige en uitermate godvresende man was nie, dan sou Ek nie na jou toe gekom het nie. Maar weet egter dat jy Hom vrees Wie jy eintlik bo alles moet liefhê. Dit is nie heeltemal korrek van jou nie. Daarom het Ek hierheen gekom om dit aan jou duidelik te maak dat jy God in die toekoms meer moet liefhê as om Hom te vrees. Dan sal God wel na jou toe afdaal en in dit alles wat jy doen, jou sekerste, kragtigste en betroubaarste helper wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205