|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 88
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Owerste Cornelius en die tempelsuiwering
88 Die owerste, genaamd Cornelius, wat ook `n broer van keiser Augustus is, sê: “Hulle verdien dit! Want ek kan U nie genoeg vertel watter pyn op die maag hierdie tempelgebroedsel is nie! Laat ek U vertel, goeie verhewe vriend: Die slegste van die slegste op die hele aardbodem is `n Judese tempelpriester! Ons sogenaamde Egiptiese priesters is sleg, maar so hier en daar is hulle tog nog `n bietjie menslik; Mens hoor min van moontlike wreedheid, en hulle taak is, behalwe vir `n paar mistieke uitsonderings, om die mensdom aan te spoor tot menslikheid en strydbaarheid.
[2] Maar hierdie kêrels is deurtrapte huigelaars! Uiterlik doen hulle hulleself so streng en vroom voor, asof hulle almal sakke vol lewende gode met hulleself saamdra; innerlik egter is hulle selfs te sleg vir die heel onderste Tartarus wat ons uit ons mites ken. Werklik, as ons drie fabelagtige ongediertes, voor wie se afskuwelikheid alles van angs en skrik in klip verander, een van hierdie Jerusalemse tempelkêrels te siene kry, dan sou sy waarskynlik self as gevolg van te groot angs en vrees in `n diamant verander! Ek sê U: Die uiteindelike oplossing vir hierdie allerboosaardigste verworwe tempel- en priesterorde is om so vinnig as moontlik onder die skerpe swaard van die koning van Macedonië te kom, anders word die hele aarde binnekort onderwerp aan hierdie onheilsame orde! - O vriend, ek sou U dinge oor hierdie kêrels kan vertel, waarvan die hele aarde koors sou kry! Maar laat ek hieroor ophou, dit is voorlopig genoeg; as U my besoek, sal ons nog baie met mekaar daaroor praat.”
[3] Ek sê: “O, dit is nie nodig nie, Ek ken die gebroedsel tot in die onderste wortelvesel! Ek het daarvoor uit u stamme in Rome ookal `n “koning van Macedonië” uitgekies, hy sal die opdrag kry om hierdie mees verwarde ordes met `n gloeiende swaard deur te kap! Ek wil egter eers nog baie doen tot moontlike verbetering van baie van hulle.”
[4] Die owerste sê: “Moet dit nie doen nie! Want as U net soos elke mens sterflik is, dan sal hulle U, al is U ook `n ware Seun van God, sekerlik doodmaak! Want glo my, by hierdie kêrels is selfs `n God Sy lewe nie seker nie! - Neem dit maar van my af, beste jonge vriend!”
[5] Ek sê: ”Laat Ons nie meer daaroor praat nie! Wat die Vader wil, dit sal gebeur! Één sug uit My mond sou voldoende wees om te maak dat hulle nie meer daar is nie. Maar dit is nie die Wil van die Vader nie en daarom laat Ons hulle nog vir `n tyd lank begaan.”
[6] Die owerste sê: ”As die kêrels nog tien jaar so voortgaan, dan sal daar in Judea nie baie mense lewend oorbly nie. Dit is ook maar goed dat daar in hulle hoë raad `n gematigde persoon sit, anders was daar nie lank nadat U so vermetel die tempel gesuiwer het van die gespuis, `n geweldige spektakel gewees! Maar `n ware eerbare man, genaamd Nikodémus, het die verstand om hierdie kêrels, waarvan daar nou al byna net so baie is as wat daar gras op die aarde is, in toom te hou. Dit was byna om jou van dood te lag, hoe hy met groot sluheid hulle oortuig het dat hierdie tempelsuiwering met opset deur God toegelaat word om Sy dienaars daardeur baie geld te verskaf, tot nadeel van die verkopers, wisselaars en duiweverkopers wie behalwe hulle klein plekhuur nooit `n offer in die tempelkas gegooi het nie, terwyl hulle tog die meeste geld van almal in Jerusalem besit! Die meeste was dit daarmee eens en sommiges sê: “Nou, laat hy op die volgende fees maar weer kom met sy toorkrag; ons kan hom gebruik!” Maar sommiges, wat self in die tempel as byverdienste ook deur betroubare agente wisselhandel bedryf het, was dit natuurlik met hierdie wens glad nie eens nie. Maar nietemin staan ek tog daarvoor in dat U weens `n moontlike tempelsuiwering by `n volgende fees, geen haar geskaad sal word deur die gespuis nie; want U het hulle die laaste keer aan `n aansienlike som geld gehelp. Wanneer U daarom by dieselfde geleentheid weereens na Jerusalem sou gaan, sluip dan maar heel in die geheim na binne, anders sal U die tempel vanself al gesuiwer vind; want hierdie kooplui, wisselaars en veehandelaars het na al die rigtings spioene uitgestuur wat al U doen en late in die oog moet hou, net soos die ontsettende slegte tempeldienaars, wat aan ons bekend is, dit doen. Diegene wat ek onderweg gevange laat neem het, was veral díe soort kêrels en ek glo nie dat daar eers twee eerlikes by was nie!”
[7] Ek sê: “Nou, die plesier kan Ek hulle wel nog `n keer besorg, maar daarna, daar kan u van oortuig wees, sal daar geen wisselaar en geen verkoper meer in die tempel sy sake begin nie! Met My laaste intog in Jerusalem sal Ek die tempel nog een keer net so moet suiwer soos wat Ek haar die vorige keer gesuiwer het!”
[8] Na hierdie belofte vir die toekoms, kom `n aanvoerder van die troepe en meld aan die owerste dat die troepe klaar staan vir die afmars. Die owerste neem nou afskeid van My en herinner My nogmaals daaraan om hom tog beslis in Kapernaum te besoek. Daarna sit die hoof van die huis `n goeie ontbyt voor,en al die gaste neem daaraan deel.
|
|
|
|
|