Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Roeping van die twaalf apostels; belangrike mededeling oor die huidige evangelies deur God se gees

134 Matthéüs die evangelis en Johannes kom na My toe en sê: “Heer, hierdie daad sou tog wel opgeskryf moet word, want dit is te buitengewoon en te goddelik!”

[2] Ek sê: “Het Ek in Sigar nie dieselfde gedoen nie en het Ek `n paar dae gelede My huis net soos die huis van My leerling Matthéüs nie ook so van alles voorsien nie? Dit wou julle ook heeltemal opskrywe, en dit laat Ek nie toe nie, omdat Ek daar `n heel gegronde rede voor het. Waarom moet dan hierdie, aan die vorige gelyke, daad skielik wel opgeskryf word? Laat dit maar! Slegs Ek weet die beste wat nodig is vir die wêreld en daarom sal Ek julle wel sê wat en wanneer julle weer oor `n nuwe gebeurtenis moet skrywe. En dit is nog lank nie jou beurt nie, broer Johannes.

[3] Maar nou, liewe leerlinge, sal Ek enkele van julle aanwys wat Ek ten dele nou reeds na die stede van Israel sal stuur om die mense die boodskap oor die Ryk van God te bring. (Matthéüs. 10: 1) Simon Petrus, jy is die eerste; Andreas, broer van Simon, jy is die tweede; Jakobus, seun van Zebedeüs, jy is die derde en Johannes, sy broer (Matthéüs. 10: 2), die vierde; Filippus, jy is die vyfde; Bartholomeüs, die sesde; Thomas, die sewende en jy Matthéüs die tollenaar, is die agtste; Jakobus, seun van Alfeüs, jy is die negende en Lebbeüs, ook wel Thaddeüs genoemd (Matthéüs. 10: 3), jy is die tiende; Simon van Kana, jy is die elfde, en Judas Iskariot, jy is die twaalfde. (Matthéüs. i0: 4)

[4] Ek gee julle twaalf die mag om by die mense die onrein geeste uit te drywe en al die besmetlike en ander siektes te genees. Oral moet julle die Ryk van God verkondig; maar oor bepaalde besondere dade, moet julle swyg!”

[5] Na hierdie verkiesing vra die twaalf gekose leerlinge My waar hulle dan nou dadelik na toe moet gaan, hoe hulle moet handel en waaroor hulle in hoofsaak moet praat.

[6] Daarop gee Ek die hierna-volgende uitvoerige antwoord, wat die twaalf uitverkorenes nie so baie geval nie; en hulle voer die opdrag eers ná My hemelvaart ten volle uit.

[7] Die opdrag word egter ook so gegee dat dit vernaamlik betrekking had op die tyd na My hemelvaart, toe die twaalf, of liewer almal wat in daardie tyd My leer verkondig, eers dít ondervind wat Ek nou aan die twaalf bekendmaak.

[8] Voordat Ek egter vertel oor die uitgebreide opdrag aan die twaalf, moet Ek vir `n juister begrip van die geheel vermeld dat die evangelies, ook die van Matthéüs en Johannes, soos dit in hierdie tyd in die verskillende tale vir julle te lees is, slegs uittreksels is van die oorspronklike evangelie en daarom ook in die verste verte nie alles bevat wat Matthéüs en Johannes opgeskryf het nie. Hier en daar is daar deur diegene wat die geskrewene later versamel en oorgeskryf het, iets toegevoeg, wat duidelik eers later bygevoeg kon word. `n Voorbeeld hiervan is hier in die tiende hoofstuk van Matthéüs by vers vier te vinde, waar by die twaalfde apostel, Judas Iskariot, staan: “wat Hom later verraai het”. Matthéüs, wat sy evangelie in My teenwoordigheid skryf, wis daar op die oomblik van die apostelkeuse nog niks van en kon daarom so `n bysin ook nie toegevoeg het nie; dit het in latere tye iemand gedoen wat dit oorskyf.

[9] Daarom staan sowel in die Hebreeuse as in die Griekse bybels vooraan altyd die aantekening: ‘Evangelie volgens Matthéüs’, ‘volgens Johannes, ens.’

[10] Niemand moet daarom daaraan aanstoot neem nie, as hy by die lees van Matthéüs en Johannes hier en daar soortgelyke gedeeltes teëkom wat die oorspronklike evangelis op die oomblik wat hy die evangelie geskryf het, nie kon opskryf het nie, omdat die feit wat deur hulle beskryf was, eers veel later plaasgevind het. Hier word alles egter streng kronologies vasgelê en, sodat daar in die loop van die tyd deur wetenskaplike denkers geen verkeerde gevolgtrekkings gemaak sou word nie, het Ek hierdie besonderheid hier op die daarvoor geskikte plek vermeld.

[11] Net soos vroeër, sal in die verdere verloop nog hier en daar verklarende stukke tussengevoeg word, wat des te noodsaakliker is omdat deur die oorskrywe menige belangrike punt nie algeheel korrek oorgeskryf is nie en menige saak wat vir die kopieerder nie oorspronklik lyk nie, ook wel heeltemal weggelaat is. Want daar is toentertyd veel opgeskryf, deels deur ooggetuies, deels van hoorsê en vir die eerlike kopieerder was dit daardeur beslis `n moeilike taak om in al die gevalle volledig trou te bly aan die waarheid.

[12] Die twee evangelies volgens Matthéüs en Johannes is, op enkele kleinighede na, die suiwerste.

[13] Mens sou hier die kritiese vraag kon stel: “Waar is dan die eintlike oorspronklike? Bevind dit sigself nie meer êrens op aarde nie, en was dit, gesien die toenmalige aantal mense wat die Heilige Gees ontvang het, vir God dan onmoontlik om die oorspronklike evangelie weer volledig woordgetrou te laat verskyn?”

[14] Die antwoord hierop is: die oorspronklike is wyslik vernietig om die eenvoudige rede dat daar nie kort daarna met sulke aandenkings enige afgodery bedryf sou word nie. Selfs met valse en versinde aandenkings gebeur dit nou nog, hoewel My ware en suiwere leer dit streng verbied en daarby ernstig waarsku vir die suurdeeg van die fariseërs. Stel u voor dat daar `n egte, histories bewese relikwie sou wees! Ek sê vir u dat daar nog veel meer afgodery mee bedryf sou word as met die sogenaamde heilige graf te Jerusalem, waaraan behalwe die plek waar dit sig bevind ook selfs geen sandkorreltje meer oorspronklik is nie. Dit is die voor die hand liggende rede waarom al die oorspronklike tekste vernietig is.

[15] Wat egter die tweede vraag betref, daarop moet gesê word dat die gees van die oorspronklike tekste ook in die afskrifte algeheel bewaar gebly het; letters op sigself sê immers niks nie, maar dit gaan om een en dieselfde gees. Of bestaan daar dan `n verskil tussen God se Gees (dit wil sê in Homself, want dit sou dan die geval moet wees, omdat daar maar één Gees van God is), wanneer Hy as een en dieselfde Gees hier op hierdie aarde al op eindeloos baie verskillende maniere in die verskillendste vorms werksaam is, en nog eindeloos veelvuldiger op `n son?

[16] Dit is ook die geval met die afskrifte van My woorde. Hoe verskillend hulle daar ook van buite uitsien, hulle is van binne tog met een en dieselfde gees vervul, en meer is nie nodig nie!

[17] Ten oorvloede kan u nog die godsdienste van vreemde volke neem, soos b. v. van die Turke, die Perse, Geberene, Arabiere, Hindoes, Sjinese en Japanners. Hoeseer hulle ook afwyk van die geloof wat Ek slegs aan die kinders uit die hemele der hemele gee, tog is ook daarin, hoewel veel dieper verborge, dieselfde gees van God aanwesig!

[18] Elkeen wat ook maar enige kennis besit van die natuur, sal sonder moeite begryp dat sig in die dikwels baie dikke en verweerde bas wat helaas deur baie vir die boom self aangesien word, allerlei vuilighede en baie soorte wurms en insekte bevind, wat enkel van die bas hulle slegte voedsel neem. Omdat die bas uit die lewende boom, maar nooit die lewende boom uit die bas groei nie, het die bas ook iets van die lewe van die boom in homself, en daarom is dit te begrype hoe in en uit haar soveel wurms en allerlei insekte `n weliswaar uiterlike en verganklike lewensvoedsel vind.

[19] Oorloë, vervolgings, verwoestings vind slegs plaas op die skrale en lewensarme bas, terwyl die hout van die lewende boom fris en gesond bly. Daarom moet lewende hout sig ook nie bekommer oor wat daar in die eintlik slegs maar dooie bas gebeur nie; want die bas sal bly lê as die hout versamel word.

[20] Hierdie ingelaste verklaring was nodig om die volgende makliker en grondiger te kan verstaan. En omdat hier voorlopig geen twyfel oor kan bestaan nie, kan ons nou weer terugkeer na die hoofsaak.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205