Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Oor die skepping van Adam van Eva

166 Kisjonah sê: “O God, o God, hoe groot is hierdie Wysheid! Wie het ooit so iets gehoor? Ja werklik, slegs God kan so `n uitleg gee; by Hom is die wysheid van alle wyses van die aarde minder as niks! Nee, dit is dan tog wel te veel op één keer vir `n sterflike, arme sondaar soos wat ek `n groot een is!

[2] Deur hierdie onthulling begryp ek so te sê met `n towerslag die hele Génesis deur en deur!

[3] Nou begryp ek wat dit beteken: God skep Adam as die eerste mens van hierdie aarde uit klei. In Sy ewige orde het God dus gewil dat die geeste wat in die aarde in die gerig gevange was, hulle uit die maklik vormbare klei van hulle gevangehoudende aarde, `n liggaam sou vorm, geheel in ooreenstemming met die geestelike vorm. Daarin sou hulle met baie vryheid kon beweeg, hulleself en daaruit vir God weer leer ken en hulle so vrylik aan die goddelike ordening kan onderwerp om daardeur weer hulle oergeestelike natuur te verkry, naamlik om in geheel ewigdurende geeste te word - net soos hierdie aartsengele!

[4] Ja, ja, nou word dit vir my opeens alles duidelik! - Daar staan: “Die vrou word uit die rib van Adam geskape”; hoe begryplik is dit nou! - Soos dienooreenkomstig die berge verseker die hardste en dus ook die meer hardnekkige deel van die aarde is en as sodanig ook die meer hardnekkige geeste bevat, so bevind hulle dienooreenkomstig ook die halsstarrigste deel van die eerste en ook van alle latere manne in die beendere van die man, wat volledig te vergelyk is met die berge van die aarde.

[5] Hoe meer hardnekkig die gees, hoe meer van die sensuele, trotse en hoogmoedige van die man word deur God se Wysheid en Mag van die man geskei en in `n op die man gelykende vroulike vorm gebring, wat, as dit van die man afstam, as lewende wese met hom ooreenkom. Daardeur en deur die geslagsdaad is sy in staat om `n lewende vrug in haar te verwek volgens die almagtige wil van God. Omdat sy, as synde die meer hardnekkige geestelike deel van die man, `n groter lyding opgelê is, kan sy haar gees net so vervolmaak as wat die man sy minder harde gees kan, - sodat man en vrou ten slotte één word, soos wat in die Skrif staan.

[6] Want die uitdrukking dat man en vrou dan één liggaam het, beteken immers niks anders nie as: Hoewel die wese van die vrou die meer hardnekkige deel van die man is, word sy deur die, na verhouding sterker beproewing, ten slotte volledig gelyk aan die sagtere deel van die gees van die man, en dit is wat dit beteken as daar staan, dat man en vrou één liggaam het. - O Heer, wat sê U hiervan? Het ek dit minstens by benadering goed begryp of nie?”

[7] Ek sê: “Heeltemal korrek! So is dit, en so sou die Skrif ook in die ware sin gelees en begryp moet word, dan sou daar met alle mense goed gespreek en uit die hemele vir hulle verlossing iets gedoen kon word. Maar die mense, en wel eerstens die vroue, is, deur hulle vrye wil vir die tweede maal te misbruik, in totale wellustigheid versonke. Sy begin dan om haar oorspronklike, van Satana* oorgeërfde mooi liggaam, soveel moontlik op te poets en as sy ongenaakbaar, trots en onwillig geword het deur haar selfsug, dwing sy daarmee die sagter soort man om in haar val in te loop en hy moet, om van die vrou die jawoord te kry, heel bereidwillig en heeltemal onderdanig, na haar heerssugtige pype begin dans, en uiteindelik vind hy dit selfs besonder aangenaam om totaal verstrik te raak in die egte satanslis van die vrou. (*Sotona in die Boekrol ‘Henog’)

[8] Maar daardeur val hy dan ook uit alle moontlike ontkiemende hemele in homself en hy word daardeur somber, wellustig, selfsugtig, ydel en heerssugtig en word so saam met die vrou suiwer duiwels!

[9] Die man word wel so nou en dan versigtig deur sy gees gemaan, deur die opwekking van liefde vir die lewe, om die Skrif te lees en aandag te gee aan God se groot werke! Dit doen baie ook nadat hulle hulleself eerstens min of meer uit die nette van die vrouens bevry het. Maar dit help bepaald nie veel nie, want hulle begryp die Skrif nie meer nie en omdat hulleself materieel vroulik geword het, neem hulle sonder meer die materiële betekenis van die letter vir waar aan en maak so die woord van God tot `n gruwel en die tempel van God tot `n ware moordkuil!

[10] Ek sê aan jou en aan julle almal: so ver as wat dit nou gekom het, sou alle mense totaal verlore gewees het as Ek, die Heer Self, nie in die wêreld ingekom het om julle te verlos van die juk van die satan en die ewige verderf nie; en Ek Self sal die uiterste moet doen om aanvanklik slegs die kleinste deel van die mense op te hef in die ware hemelse Lig.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205