Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die eerste van die twee volle dae in Sigar:

In Sigar by IrhaEl. Oor die betekenis van die droom

37 Vroeg die môre, voordat die son een span* bo die horison was, kom `n groot aantal priesters wat in Sigar gewoon het as gevolg van die nabyheid van die heilige berg (Gerasim), tot voor IrhaEl se huis en begin `n groot geraas, en hulle skreeu: “Hosanna bo hosanna en ere aan Hom wat in die Naam van God se Glansrykheid kom! Vertoef son, en staan stil, maan, totdat JaHWeH van alle eer met Sy Magtige Regterarm al Sy vyande neergeslaan en vernietig het! Spaar slegs die Romeine, o JaHWeH, want hulle is ons vriende, want hulle beskerm ons van die Judeërs, wie nie langer kinders van God is nie, maar van Beëlsebul, en wat vir hierdie vader van hulle offers bring in die tempel wat Salomo vir U gebou het, o JaHWeH. U het reg gedoen, o JaHWeH, om na U ware kinders te kom, wie in U beloftes geglo het en U tot op hierdie uur smagtend afgewag het. Waarlik het U na Judah gekom, maar ons het gehoor dat U na Jerusalem toe is en die Judeërs in die tempel met swepe geslaan het en hulle tafels omgegooi het! O, Heer, daarin het U goed gedoen en die hele hemele sal U loof met Psalms, harpe en trompette. Ons het altyd beweer dat wanneer U sal kom, U nie die plek sal verbygaan waar U profeet, DaniEl die gruwel van die verwoesting van Jerusalem geprofeteer het nie. En vanaf hierdie plek sal U verlossing verkondig vir U volkere! Geloofd sy U Naam, Hosanna aan U in die hoogte en geseënd is al die kinders van U goeie Wil.”. (*Hebreeuse meeteenheid; 1 span = 200mm)

[2] Hierdie gedeeltelik gepaste, maar gedeeltelik onsinnige geskreeu het uiteraard `n klomp mense gelok en veral die wat die dag vantevore saam met My by die put was en nou weer vir My wou sien en hoor. Die lawaai en die gedrang het per sekonde gestyg, en binne die huis het almal opgestaan om te sien wat aangaan. Die leerlinge het eerste opgestaan en My gevra waaroor die opskudding gaan en of dit raadsaam is om te bly of om eerder te vlug.

[3] Ek sê: “O, julle flouhartiges! Luister hoe hulle hosanna roep! Waar hosanna ookal gesing word is dit nie gevaarlik om te vertoef nie.”

[4] Hiermee was die leerlinge gerusgestel en Ek sê weer aan hulle: “Gaan nou uit en sê vir hulle dat hulle nou moet stilbly en moet uitbeweeg na die berg, want Ek sal uitkom na die sesde uur, (dit is na twaalf uur middag), saam met julle almal en sal verlossing aankondig vir julle en ook aan hulle vanaf die berg. Hulle moet ook skrywers saam met hulle neem sodat hulle dit kan opteken wat Ek vanaf die berg sal leer.

[5] Maar jy, Johannes, hoef dit nie neer te skryf nie, aangesien hierdie lering van My in elke geval verskeie kere neergeskryf sal word. Maar `n sekere skrywer, ook `n Galileër, by name van Matthéüs, is hier woonagtig. Hy het alreeds `n aansienlike hoeveelheid opgeteken aangaande My kinderdae, en omdat hy groot vaardigheid besit, sal hy verseker alles wat hy hoor en sien neerskryf. Bring hom hier, roep hom by sy naam en hy sal julle onmiddellik volg! Maar vra ook die hoofpriesters sowel as sommige van die hoofde wie julle gister by die put gesien het, om ook op te trek. Maar roep eers vir Matthéüs, omdat Ek wil hê dat hy ons moet volg!”

[6] Die leerlinge het vinnig afgegaan om te doen soos wat Ek beveel het.

[7] Terwyl die leerlinge besig was in die straat hieronder, het al die ander gaste, ook Maria, na My in die eetkamer gekom en My dankbaar gegroet, My bedank en kortliks aan My genoem van die wonderlike drome wat hulle die nag gehad het en vra My of iemand veel moet dink van sulke drome.

[8] Maar Ek sê: “Wat `n siel ookal in `n droom beskou, stem ooreen met haar natuur. As die siel binne die waarheid en die suiwer beweeg, soos wat Ek julle geleer het om te doen en te glo, sal sy ook in drome die waarheid beskou, en kan vir haar lewe die suiwer skep daaruit. Maar as die siel in die verkeerde beweeg en daardeur in die bose (besoedeling), dan sal sy valsheid in haar drome sien en sal boosheid daarvan skep.

[9] Aangesien julle egter deur My lering binne die Waarheid beweeg en almal My daarom volg, sal julle siele ook net die Waarheid gesien het, waaruit sy baie goed kan doen.

[10] Of die siel ook nog bevoeg is om dit te verstaan wat sy in `n droom sien, is `n ander saak. Net soos wat julle nie kan begryp en verstaan wat julle in die buitewêreld aanskou waarin julle daagliks lewe nie, net so kan die siel nie begryp wat sy aanskou in haar wêreld nie.

[11] Wanneer die gees egter binne-in julle wedergebore word, soos Ek aan Nikodémus verduidelik het in Jerusalem toe hy My in die nag besoek het, dan sal julle begryp en snap en alles volkome verstaan.” Hiermee is almal tevrede en staan terug.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205