Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Naasteliefde ken geen rusdag nie

50 [Die Heer] “Daarom is die sabbat vir heiligheid sodat julle meer goeie dade moet doen as op enige ander dag.

[2] Net die kneg se arbeid, wat met besoldiging en wêreldsloon beloon word, mag in die toekoms nie op `n werksdag en nog minder op `n Sabbat verrig word nie. Van nou af moet elke dag `n Sabbat en elke Sabbat `n volle werksdag wees. Hiermee, my vriend, het jy ten volle die riglyne van hoe God in die toekoms gedien behoort te word. So sal dit bly!”

[3] Die Owerpriester sê: “Ek erken nou duidelik die heilige waarheid oor hierdie reël, wat ek graag as `n gebod aanneem, maar dit sal by die gevestigde Judeërs baie verg om hierdie reël wat uit die suiwer goddelike Wil en die Waarheid voortgekom het, vervolgens duidelik te laat verstaan. Ek is van mening dat daar vele is, tot aan die einde van die wêreld, wat hierdie reël nie sal aanvaar nie, want die volk is sedert die oertye aan die Sabbat gewoond en sal dit nie anders aanvaar nie. O, dit sal baie harde werk en moeite verg!”

[4] Ek sê: “Maar dit is ook nie nodig dat die Sabbat totaal opgehef word nie, maar net die verkeerde dinge van die Sabbat. God, die Heer het nie julle eerbetonings en dienste nodig nie. Want Hy het die wêreld en die mens sonder ander vreemde hulp geskape, en verlang van die mens niks anders as dat hulle Hom moet erken, en Hom met al hulle krag moet liefhê, nie net op die Sabbat alleen nie, maar wel elke dag, sonder om dit na te laat.

[5] Wat se godsdiens is dit dan as julle net op die Sabbat vir God gedenk en nie gedurende die week nie? Is God dan nie elke dag dieselfde, onveranderlike God nie? Laat Hy nie elke dag, of dit `n Sabbat, of werksdag is, Sy son opkom en lig werp op regverdiges en onregverdiges, van wie daar altyd meer as die regverdiges is nie?

[6] Werk God nie self op elke dag dieselfde nie? As die Heer vir Homself dan nie `n rusdag neem nie, waarom moet die mens dan vir hulle `n rusdag eenkant stel om op dié dag ledig te wees? Niks is so stiptelik en belangrik soos die niksdoen vir die mens op `n Sabbat nie. Hiermee bewys hulle egter aan God die swakste diens denkbaar!

[7] Dit is God se wil dat die mens meer en meer liefdadigheid

[naasteliefde] moet aanleer, om sodoende eendag in die ander lewe in alle werke en moeite vaardig te wees en in sodanige dade die ware en hoogste saligheid te soek en te vind. Sal die mens dit kan vermag deur ledigheid? Ek sê vir julle, nooit nie!

[8] Op `n werksdag beoefen die mens, alhoewel hy sy taak verrig, ook selfsug, want hy werk vir sy pond vleis en noem dit syne, want hy het dit verdien. Wie dit van hom wil hê waarvoor hy gewerk het, moet dit van hom afkoop, óf met arbeid óf met geld, anders sal hy niks van enige betekenis van iemand anders af ontvang nie. Daarom, as die mens sy selfsug koester en vertroetel op die werksdag, en die Sabbat as die enigste dag wat hulle met liefdadigheid moes omgaan, in onversetlike ledigheid deurbring, ontstaan die belangrike vraag: Wanneer moet die mens dan die ware bediening en naasteliefde beoefen?!

[9] God self is nooit ledig nie, maar is altyd daar vir die mens, maar nooit vir Homself nie! Hy het nie die aarde, die son, maan en sterre en alles wat daarmee gepaard gaan, nodig nie, maar alle geeste en mense het dit nodig en daarmee is God voortdurend besig.

[10] As God, Wie se werk daagliks aangaan en wat gedurig aktief is vir die mens, sou verlang het dat die mens as Sy kinders in alles soos Hy moet wees, hoe kon dit ooit Sy wil gewees het dat die mens na ses selfsugtige dae wat hy vir homself deurgebring het, Hom op die sewende dag bevredigend dien deur volkome ledigheid en om Hom, die ewige Een wat altyd werksaam is, deur traagheid te eer?!

[11] Vir jou, as die owerpriester, sê Ek nou in alle duidelikheid, sodat jy in die toekoms sal weet wie die Een is wat so met jou gespreek het, sodat jy die Sabbat vir jou gemeente in `n beter lig kan stel, as wat dit die geval was vanaf Moses tot op hierdie uur. Presies net soos wat Ek die Sabbat aan jou onthul het, net so is dit aan Moses gegee, maar die volk het dit spoedig verander in `n heidense dag van ledigheid, waar hulle geglo het dat welgevallige diens aan God deur dadeloosheid verrig word en deur diegene te bestraf wat dit gewaag het om op die Sabbat klein take te verrig, of aan `n sieke heilsame hulp te verleen. O, die groot blindheid, o die growwe dwaasheid!”

[12] Sê die owerpriester, beskaam deur die Waarheid: “Alles is nou vir my duidelik, as gevolg van die heilige, suiwerste Waarheid uit U mond. Nou eers is die drievoudige bedekking van Moses volkome van my oë afgeruk. Van nou af, O Heer, het ons geen tekens meer nodig nie, net U heilige, ware Woord is voldoende. Ek is ten volle oortuig dat diegene wat in die toekoms, soos nou, in U gaan glo as gevolg van U tekens en nie as gevolg van U Ware Woord nie, geen ware lewende geloof in hulle sal hê nie, maar sal net trae meganiese volgelinge van U leerstellings en heilige Wil wees. By ons sal dit anders wees; nie die tekens wat ons in U teenwoordigheid ervaar het nie, maar alleenlik U heilige Ware Woord sal in ons harte die ware lewende geloof tot U opwek, met volle liefde tot U en uit U en om slegs U Wil teenoor die mens in die regte mate te doen! Daarom sal U heilige Wil geskied, O Heer, wat U vir ewig aan ons duidelik gemaak het.”

[13] Ek sê: “Amen! Ja, liewe vriend en broer, dit is reg en goed so, want alleenlik op hierdie weg sal julle volmaak word, soos die Vader in die hemele volmaak is. Sodra julle dan volmaak is, is julle ook ware kinders van God en kan julle Hom aanroep, "Abba, Liewe Vader", en wat julle Hom sal vra as Sy ware kinders, sal Hy vir julle gee, want die Vader se goedheid is oorvloedig en Hy gee aan Sy kinders alles wat Hy het. Daarom, eet en drink nou, want hierdie voedsel is nie van hierdie wêreld nie, maar word wel aan julle vanuit die hemele gestuur deur die Vader, wat nou Self onder julle is!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205