Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Onderweg na Kapernaum:

Oor die vrye selfbeskikking. Die ware lewe kom uit die hart

93 Nou gaan ons op die weg. Die jong gasheer kom vra My nog `n keer of Ek die aand by hom wil deurbring.

[2] Ek sê egter: ”Ek kom gou weer terug, want voordat Ek vir die volgende fees na Jerusalem toe gaan, moet Ek Násaret besoek en op die heen- en terugreis sal ek weer by jou aangaan.”

[3] Die gasheer sê: “Heer, daarmee maak U my baie gelukkig! As U nou egter beslis nie langer hier wil bly nie, wil U dan so vriendelik wees om my toestemming te gee dat ek U weer mag vergesel!”

[4] Ek sê: “Dit moet jy heeltemal self beslis, want wat My betref moet niemand ooit tot enigiets gedwing word nie. Wie My Wil aanneem, die neem My aan en wie My en My leer wil volg, die volg My! Want Ek en My ryk is vry en moet daarom ook in alle vryheid verwerf word.

[5] Vir My geld slegs die absoluut vrye selfbeskikking. Alles wat meer of minder is, het vir My en My Vader, wat in My is soos Ek in Hom, geen waarde nie.

[6] Want elke dwang wat êrens anders vandaan kom as uit die hoogste eie hart, is vreemd en kan ook vir die hoogste eie lewe van die mens onmoontlik enige geldigheid hê in My ewige, mees vrye orde nie.

[7] Watter sin het die feite, as jy van `n kunswerk van `n ander beweer dat dit jou werk is? As daar dan iemand kom en aan jou vra om teen `n hoë beloning nog so `n werk te maak, dan sou jy in die skande staan en jou dit moet laat welgeval dat die opdraggewer jou ten aanskoue van elkeen `n leuenaar, bedrieër en pronker met `n ander man se vere noem.

[8] So is ook die volle ontwikkeling van die eie lewe van elke mens persoonlik in sy eie hande gegee.

[9] Wat ooit by die groot lewensbeoordeling van elke mens voor God se Aangesig as vreemd aan die mens uitgeken sal word, dit sal ook geen waarde vir hom hê nie en dit sal van hom afgeneem word en daar sal dan gesê word: Wie het, die sal dit behou en daar sal nog baie vir hom toegevoeg word; wie egter niks van sy eie het nie, dit sal hom ontneem word wat hy het, omdat dit nie van homself is nie, maar van `n ander!

[10] Ek sê jou dat dit nou selfs nie nodig is dat jy saamgaan nie; maar as jy dit suiwer uit jouself wil doen uit liefde vir My, dan sal jy daardeur nie net niks verloor nie, maar jy sal in alles tienvoudig wen! Want wie uit ware liefde vir My iets doen, sal hier tienvoudig vergeld word en later in My ryk honderdvoudig, ook duisendvoudig en eindeloos!”

[11] Die gasheer sê: “Heer, as dit so is, dan gaan ek sekerlik met U saam, want my eie hart sit my daartoe aan en ek wil daarom my hart geheel en al volg!”

[12] “Goed, doen dit”, sê Ek, “dan sal jy volgens jou hart lewe en slegs dit is ware lewe. Want elke ander lewe wat nie uit die hart kom nie, is geen lewe nie, maar `n dood van die eie lewe in elke mens! Ek, wat alleen die Heer van alle lewe is, sê dit vir jou!”

[13] Dit maak die gasheer baie gelukkig, hy neem dadelik sy tas en sy geld en maak homself reisvaardig.

[14] Maar Ek raai hom aan: “Maak jou vry van alles, dan sal jy baie ligter loop; want diewe val slegs diegene aan waarvan hulle weet dat hulle iets by hulleself het! Het jy egter niks, kan hulle ook niks wegneem nie!”

[15] Die gasheer oorhandig daarop sy geld en sy tas aan sy vrou en volg My dus sonder geld en sonder tas.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205