|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 160
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die vierde skeppingsdag
160 (Die Heer:) “Wat lees u dan in Genesis 1:7 Staan daar nie die volgende nie:
[2] “En God spreek. Laat daar ligte ontstaan aan die hemelgewelf, wat dag en nag skei en tekens gee vir tye, dae en jare, en laat daar twee ligte aan die hemelgewelf staan wat op die aarde skyn! En dit gebeur. En God maak twee groot ligte, `n groot lig wat oor die dag moes heers en `n kleim lig oor die nag, en bowendien ook sterre. En God sit hulle aan dit hemelgewelf, omdat hulle op die aarde skyn en die dag en die nag beheers en lig en duisternis skei. En God sien dat dit goed was. So ontstaan uit die aand en die môre die vierde dag.”
[3] Kyk, so lui die skeppingsverhaal van die vierde dag woordeliks volgens Génesis.
[4] As u die gegewe maar `n klein bietjie beter ondersoek met - laat ons sê – met u natuurlike denkvermoë, dan moet u, as u Génesis letterlik neem, al by die eerste aanblik die grootste onsin vir u opval!
[5] Volgens Génesis skep God tog al op die eerste dag die lig, en so ontstaan uit die aand en die oggend die eerste dag. Sê dan eens, waarvoor die lig was, wat vir drie dae voldoende was om dag en nag te bewerkstellig? En op die vierde dag sê God weer: “Laat daar ligte aan die hemele wees!” Dan vra Ek: waarvoor dan ligte wat die dag en nag moet skei? Die lig wat op die eerste dag geskape is, het dit immers al drie dae tevore teweeggebring, waarom moet daar dan nou op die vierde dag nog meer lig kom vir dieselfde doel? Bowendien is daar slegs maar sprake van “ligte”; maar oor `n maan en `n son word heeltemal niks gesê nie! Hierdie ligte veroorsaak daarby ook nog tekens - watse tekens dan? -vervolgens tye - wat dan? - en dae en jare - waarvoor dae en jare dan? Is die nag dan niks? Tel die nag dan nie net soveel soos die dag nie?
[6] Bowendien is die aarde rond en is dit steeds aan één kant dag en tegelykertyd aan die ander kant nag. Na gelang die aarde om haar as van die weste na die ooste draai, sal dit steeds daar dag wees, waar die lande hulleself teenoor die son bevind, of veeleer deur die konstante en steeds gelykmatig draaiende beweging in `n sekere sin onder die son ingeskuif word.
[7] As daar dus geen twyfel oor die moontlikheid is dat die natuurlike dag op aarde deur haar eie beweging tot stand gebring word nie, waarby die son niks doen behalwe om steeds vanaf één plek lig te gee en deur haar lig die dag veroorsaak tot daar waar haar strale reik, en op die manier nooit of te nimmer die dag kan of wil regeer nie, - dan vra Ek: hoe sou Moses dan met sy ligte die son en die maan kon bedoel het? En as Moses die natuurlike son en die natuurlike maan bedoel het, dan sou hy ter verduideliking van sy openbare mededeling aan die mensdom hierdie ligte sekerlik met name genoem het, want in Moses se tyd het al die mense die name van hierdie twee hemelliggame alreeds geken!
[8] Daarby spreek Moses oor `n hemelgewelf (koepel), wat in werklikheid in die natuurlike ruimte nêrens bestaan nie, daar die son, maan, alle sterre en ook die aarde self in die volledige vrye, deur niks en nêrens beperkte eter sweef en deur eie wette op hulle bestemde plekke gehou word, hulleself vry bewegend en is nêrens aan een of `n ander hemelgewelf bevestig nie!
[9] Want daar is maar één hemelgewelf in die eindelose vrye ruimte, en dit is die Wil van God, wat deur Sy ewige onveranderlike wet die hele ruimte en alles wat daarin is, vervul.
[10] As diegene wat dit aan u oog wil voorhou as dat die groot en wye blou uitspansel `n hemelgewelf is en son, maan en alle sterre is as`t ware daaraan vasgemaak, hoe sou hulle hulleself dan kon beweeg en hoe sou veral die planete wat aan u bekend is, dan almal van plek kon verander?
[11] Van die ander sterre, wat u vaste sterre noem, lyk of hulle êrens vasgemaak is; maar dit is nie so nie. Hulle is egter so ontsettend ver van die aarde verwyder en hulle bane is so uitgestrek, dat hulle daarom dikwels meer as honderdduisend aardse jare neem om dit te voltooi, sodat hulle bewegings daardeur ook selfs deur honderd generasies nie heeltemal opgemerk kan word nie. En dit is die rede waarom hulle vir u as onbeweeglik voorkom; maar die werklikheid is anders en daar is nêrens `n sogenaamde hemelgewelf in die hele oneindige ruimte nie.
[12] Dit gewelf wat Moses bedoel, is die vaste wil wat volgens die ordening van God voorkom uit die regte begrip en uit die liefde, wat die geseënde aardryk van die lewe is. Hierdie wil kan slegs voortkom uit die vrugte skenkende volheid van die ware liefde tot God in die mensehart, wat self ontstaan uit die hemelse Lig wat God in die mens laat instroom, toe Hy die innerlike duisternis verdeel het in aand en môre. Hierdie egte liefde saam met die regte insig en die ware verstand, wat hulleself in die mens uiter as `n lewende geloof, is die hemele in die mens. En die daaruit voortkomende vaste wil om te voldoen aan God se orde is die hemelgewelf in die mens. En aan so `n hemelgewelf gee God, as dit geheel en al ooreenstem met Sy liefdevolle wil, nuwe ligte uit die hemele der hemele, wat die suiwer Vaderliefde in die hart van God is. En die ligte verlig dan die wil en verhef dit tot die insig van die engele uit die hemele der hemele en verhef daardeur die geskape mens tot die ongeskape Kind van God, wat nou deur sy eie vrye wil self volgens die goddelike ordening tot Kind van God omgevorm het!”
|
|
|
|
|