Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Slegte skole. Die enigste wat van belang is!

168 Nou kom `n fariseër-digter na My toe en sê: “Majesteit en Heer! Dit is alles baie mooi, goed en waar en daar is niks daarteen in te bring nie. Maar as die mense al die stowwe wat die aarde hulle so ryklik skenk, nie versamel en op die korrekte wyse verwerk nie, dan sal die aarde spoedig soos `n woestyn daar uitsien en geen enkele kultuur sal dan nog te vinde wees nie. Moet daar geen huise en allerlei skole wees nie? As dit verdwyn, dan bevind die mensdom hulle binne `n baie kort tyd in `n totaal dierlike toestand. `n Mens kan die wêreld tog nie volledig eenkant sit solank as wat `n mens `n burger van die materie is nie?”

[2] Ek sê: “U skole is dan juis daarop gerig om al die geestelike in die tere gemoed van die kinders te dood, en daar sou dus weinig verlore gaan as die skole heeltemal verdwyn; want waarlik sê Ek u: as die wêreld u leraar is, wat kan jy geestelik dan van haar leer?

[3] Wie nie in sy hart leer van God nie, die bly in die nag van die wêreld en die lig van die lewe sal vir ewig ver van hom af bly!

[4] Maar wie nie verlig word deur die ware lig van die lewe wat uit God straal nie, die is dood, ook al sou hy oor die wêreld heen alle engelewysheid geleer het! Hoe lank sal die kennis hom van diens wees?

[5] Bly daarom in My, dan sal ook Ek in u wees en die wysheid van die hemele sal u hart vir ewig lewend vervul! Begryp u dit?”

[6] Toe die fariseër hierdie les uit My mond hoor, praat hy heel somber en met `n ernstige gesig: “O groot, heilige, voor die hand liggende Waarheid! Hoe heerlik en hoe groot is U! Hoe gelukkig sou al die mense op hierdie aarde nie wees as hulle in die heilige waarheid leef en hulle lewenswandel daarna sou inrig nie! Maar, o Heer, dit is `n lewensgrote maar! Solank daar nog `n stoffie van die aarde bestaan, of solank die mense hierdie aarde sal bewoon, sal daar hebsug, nyd, gierigheid, hoogmoed en die alles bederwende heerssugtigheid onder hulle wees, almal dinge wat fundamenteel tot die hel behoort; en op hierdie bodem sal hierdie Waarheid, wat ongetwyfeld uit die hemele is, tog nooit wortels kry nie en sal deur al die duisendmaal duisend volgelinge van die hel tot die laaste letter vervolg word! Waarvoor maak so `n hemelse Waarheid dan sin?

[7] As die mensdom vir die grootste deel vernietig word en `n nuwe mensdom word op aarde gesit en word vanaf die wieg in hierdie waarheid opgevoed, dan sal daar vrugte verwag kan word met hemelse deugde; maar soos wat die mensdom nou daar uitsien, is hulle vir die hel nog te sleg, laat staan vir hierdie waarhede uit die hoogste hemele!

[8] Ook al het U die plan om `n klein gemeente te stig wat in al hierdie suiwer hemelse Wysheid en Waarheid moet lewe en groei, dan sal sy tog geheel en al deur verskeurende wolwe omring word, wat ook, as hulle haar dan geestelik niks kan aandoen nie, haar tog voortdurend met aardse begrippe sal verontrus en angstig maak en sy sal hulle in haar suiwerheid nooit kan verhef nie; en wie weet buiten God hoe na verloop van langer tyd, die nakomelinge van die suiwer gemeente daar sal uitsien?

[9] Mense is en bly mense, vandag engele, môre duiwels en dus kan mens ook die beste nie vertrou nie!

[10] JaHWeH voer tog sigbaar die kinders uit Egipte; hulle sien Hom dag en nag; in die woestyn waar Hy die wette gee, voed Hy hulle op wonderbaarlike wyse gedurende veertig jaar. Dit reën daar van die een wonder na die ander! - En slaan die geskiedenis daarvan weereens na, werp `n blik op ons teenswoordige lewens-, godsdiens- en ander vriendskapsverhoudings en kyk dan na die voormalige kinders van God, en mens sal geen spoor meer vind van dit wat hulle eens was nie!

[11] Daarom sê ek en is ek vas daarvan oortuig, sonder ook maar in die geringste op U Liefde en U Wysheid vooruit te wil loop: Dit is ewig jammer van U Wysheid en sulke dade; want die mense is dit in ewigheid nie werd nie! Vuur en swael van die hemele, ja, dit is hulle werd, maar nooit in der ewigheid so `n onmeetlike barmhartigheid nie! Slegs op hierdie plek sê ek dit; want ek glo dat hier geen verraaier op ons loer nie. Maar as ons weer benede gaan, dan swyg ek weer soos die graf! Sê my, o Majesteit en Heer, het ek gelyk? Is dit so of nie?”

[12] Ek antwoord: “Vanuit `n aardse standpunt gesien het jy heeltemal gelyk; so is dit en so sal dit ook wees. Maar dit alles kan en mag My nie daarvan weerhou om die hemelse Waarheid aan die wêreld te verkondig nie!

[13] Want as die wêreld veroordeel moet word, moet sy dit vooraf gegee word wat haar in sigself sal veroordeel en ook wel moet veroordeel, naamlik: Die hemelse Waarheid wat nou deur My in hierdie wêreld gekom het, en ook al sal die Waarheid altyd vervolg word, hier sal bly.

[14] U mening ten opsigte van die slegte wêreld is goed en heeltemal korrek; maar tussen God en die mense van hierdie aarde bestaan heel besondere betrekkinge, waarvan niemand iets weet nie, behalwe die Vader alleen en diegene aan wie Hy dit wil openbaar.

[15] Maar nou praat ons nie verder hieroor nie! Dit word al aand, - en dit word koud op hierdie hoogte, laat ons daarom die hutte ingaan! So is dit!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205