Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In Kapernaum en Nasáret:

Cornelia word uit die dood opgewek

128 En dan nou weer verder met die geskiedenis van die evangelie!

[2] Nadat ons al taamlik laat die middag uit die huis van Matthéüs weg was, kom daar so ongeveer halfpad na Kapernaum `n vrou vinnig agter ons aan wat, net soos `n ander Griekse vrou voorheen wat ongeveer twaalf jaar aan bloeding gely het en wat deur niemand gehelp kon word nie. Hierdie vrou, wat die verhaal van die vorige Griekse een gehoor het, raak slegs die soom van My bokleed aan (Matthéüs. 9:20) en word dadelik gesond. Want haar innerlike gevoel dwing haar om aan haarself te sê: “As ek slegs die soom van Sy gewaad kan aanraak, dan sal ek genees word!” (Matthéüs. 9:21) En so gebeur dit dan ook oombliklik soos wat sy geglo het. En sy merk ook dadelik op dat deur die gelowige aanraak van My gewaad, die bron van haar twaalfjarige lyding opgedroog het.

[3] Ek draai My om en sê aan die vrou: “Wees getroos, My dogter, jou geloof het jou gehelp! Gaan heen in vrede!” En die vrou het onder baie trane van dank- en vreugde terug huis toe gegaan en was sedertdien gesond. (Matthéüs. 9:22)

[4] Hierdie vrou was `n Judeër en geen Griek nie; maar wat nie ver van `n Griekse nedersetting af gewoon het nie. Sy het dikwels by die Grieke gekom en het baie van hulle gehoor en so het sy ook gehoor van die genesing van die vorige Griekse vrou waaroor Markus en die skilder en digter Lukas later geskryf het. Omdat hierdie twee voorvalle so baie ooreenkom, word dit selfs deur die geleerdste godsgeleerdes as een en dieselfde voorval beskou, hoewel dit beslis nie die volle waarheid is nie, en dus water op die meul van die twyfelaars is.

[5] Dadelik daarna vra Matthéüs die skrywer My of hy hierdie voorval moet opteken en ook nog watter ander gebeurtenisse van die dag.

[6] En Ek sê aan hom: “Jy moet alles wat vandag gebeur opskrywe, behalwe die bevoorrading van die huis van jou naamgenoot en dit wat daar gepraat is. Ons gaan vandag nog terug huis toe en môre het ons genoeg tyd om presies af te spreek wat daar oor vandag geskryf moet word”.

[7] Matthéüs die skrywer het vrede daarmee, en ons bereik nou ook weldra die huis van die owerste en gaan dan dadelik na die saal waar die oorlede dogter op `n bed lê wat op die Romeinse manier opgemaak is.

[8] Daar was binne egter `n aantal musikante en ander lawaaimakers; want dit was hul gebruik om vir die oorledene baie lawaai te maak sodat sy weer sou ontwaak of, as dit nie gebeur nie, om die afgesante van die hellevors Pluto te verjaag, soos wat die grootste, gewone, blinde deel van die heidense volk wat hier die groot herrie maak, gedink het.

[9] Toe Ek met die leerlinge in die groot kamer kom en hulle onsinnige spektakel sien en hoor (Matthéüs. 9:23), beveel Ek hulle dat hulle vóór enigiets eers moet ophou met hulle kabaal en vervolgens uit die kamer uit en heeltemal uit die huis uit moet gaan, omdat die dogter nie gesterf het nie, maar slegs slaap. (Matthéüs. 9: 24)

[10] Toe begin die gehuurde lawaaimakers (natuurlik vir geld, want sonder geld word daar vir niemand lawaai gemaak nie!) My uit te lag en een van hulle sê vertroulik aan My: “Dit sal U hier nie so maklik geluk soos by Jaïrus nie! Bekyk haar maar eers ietwat beter en dan sal U as dokter dadelik sien dat sy, volgens die leer van die beroemde ou Griekse arts Hippokrates, volkome dood is, en wil U nou beweer dat sy slaap?”

[11] Die owerste sien dat die kabaalmakers nie wil weggaan nie; toe gebied hy hulle onder dreiging van `n flinke straf en gee die soldate wat wagstaan opdrag om die volk na buite te dryf. Toe verdwyn al die lawaai-opskoppers spoedig uit die kamer uit.

[12] En toe die kamer en ook die hele huis bevry was van hierdie lastige gaste, gaan Ek dadelik met My leerlinge en die verwante van die owerste die kamer in, loop direk na die doodsbed, gryp die dogter sonder om iets te sê aan die hand en oombliklik staan sy op, net so fiks en gesond asof sy nooit iets makeer het nie. (Matthéüs. 9: 25)

[13] Toe die dogter sien dat sy op die bed wat aan haar heel bekend was, en waarop slegs die dode gelê word, gelê het, vra sy dadelik wat dit beteken dat sy op die doodsbed gelê het.

[14] Die owerste gaan na haar toe en sê vol opregte vreugde: “My baie geliefde Cornelia! Jy was ernstig siek en jy het ook aan die kwaadaardige siekte doodgegaan, jy was dood en jy sou reddeloos dood gebly het as hierdie waarlik Almagtige Verlosser der verlossers jou nie met Sy goddelike krag opgewek het nie, net soos Hy `n paar dae gelede ook die aan jou welbekende dogtertjie van die skoolowerste Jaïrus opgewek het. Verheug jou daarom weer oor die mooie lewe en wees voortaan hierdie Vriend der vriende buitengewoon dankbaar, wat die enigste is wat jou die verlore hoogste goed naamlik die kosbare lewe, teruggegee het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205