Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die versinsels van Riba

171 Die ongeveer dertig fariseërs, wat `n bietjie beter was en hulle beter gedra het en ook nou gelowig geword het, gaan na hul eie hut en pleeg gedurende byna die hele nag oorleg wat hulle van nou af aan sou doen.

[2] Een van hulle was, wat mens noem `n fyne, en heet Riba. Toe dit lank duur sonder dat daar `n besluit geneem word, voer hy die woord en sê: “Broers, julle praat nou seker al `n uur of twee en julle het nog geen tree verder gekom om `n besluit te neem nie. Julle ken my en julle weet al lank dat ek juis in sulke kritieke omstandighede meestal die spyker op die kop slaan en nou dink ek, nadat ek alles wat gepraat en gedoen is, heel krities aangehoor en bekyk het, dat ek ook hier die spyker kan raakslaan. Luister daarom na my!

[3] Dit is beslis waar en nie te ontken dat hierdie mens, wat die seun van `n timmerman uit Násaret is, dinge doen en handelinge verrig wat behalwe vir God, waarskynlik bykans niemand kan doen nie; kortom, wie maar enigsins swak is en nie skerpsinnig is nie, moet wel sondermeer oordonder raak en dink dat hierdie Násarener minstens `n soort Griekse halfgod is. Die het nie baie geskeel nie of selfs ek het tot so `n geloof oorgegaan; want die verskyning op die top van die berg was in alle erns so buitengewoon dat hulle in Moses en EliJaH se tyd nie meer buitengewoon kon wees nie.

[4] Maar ek met my onopvallende skerpsinnigheid sien tog dinge gebeur waardeur die skille van my oë afgeval het en waardeur ek nou baie goed en presies weet waaraan dit toegaan. Het julle nie die manne gesien wat as engele op die bergtop na ons toe gekom het nie?” - Elkeen knik instemmend. - “Weet julle ook wie hulle is en waar hulle vandaan kom?” – Die manne skud ontkennend die hoof. - “Ek sal dit vir julle op die lappe bring! Kyk en luister:

[5] Dit sal nie onbekend aan julle wees nie dat die timmerman uit Násaret, genaamd Josef, waarvan altyd gesê word dat hy ingewy was in die kennis van die Egiptiese en Persiese toorkunste, tewens in direkte lyn afgestam het van Dawid en hulle hom so nou en dan die bynaam “Dawid se seun” gegee het. Die vader van Josef, wat Eli geheet het en ook `n timmerman van origens geheel en al onbesproke gedrag was, was egter in die geheim tog besig met die hoofdoel om sy stam weer op die troon van Judea en die hele beloofde land te bring. Hy laat sy seun Josef, onder die voorwendsel dat hy hom in die boukuns sou bekwaam, in goeie geselskap na Persië en miskien selfs na Indië reis. Maar dit was nie vir die boukuns nie, maar vir die buitengewone toorkuns, sodat Josef dan met die wetenskap en die kuns alle mense kon verblind en hulle as `n deur God gestuurde wese kon laat verhef tot die troon van sowel die Judeërs as die Romeine. Want met die sterk tot verafgoding geneigde Romeine sou gemakliker onderhandel kon word as met die Judeërs. Josef moes slegs, naas sy geheime kuns, na buite toe `n strenge Judeër en vir die wet smetteloos wees, sodat selfs die hoëpriesters dan niks teen hom kon sê nie. Na `n aantal jare kom Josef van sy reis terug, besit nou wel die kuns, maar het nie die middele en geleentheid gehad om hiertoe toe te tree nie. Ook het hy geen durf genoeg gehad nie, soos ou mense my vertel het, maar die vernaamste wat hom ontbreek het, was die redenaarstalent; want met praat was hy baie swak en daarom baie kort van die regte stoffasie. Eli sien dat sy opset nie slaag nie en laat toe sy seun Josef, wat heeltemal geen geskiktheid vir die troon toon nie, slegs maar sy bekende handwerk beoefen. Toe Eli sterf, seën hy sy seun Josef wel, maar sê heel wys dat Josef vir sy kinders met die oog op die bepaalde doel niks meer moet doen nie, want daar is geen toekoms meer daarin nie. En daarom het Josef ook heeltemal niks meer vir die kinders van sy eerste vrou gedoen nie.

[6] Maar na die dood van sy eerste vrou kom daar deur `n gelukstreffer, hoogswaarskynlik veroorsaak deur sy toorkuns wat hy in Persië geleer het, die mooie jong Maria wat ook van Dawid se stam was, uit die tempel onder sy beskerming en toe kom die koningsidee in Josef weer tot lewe. Hy maak Maria swanger, wat toe kwalik veertien jaar oud was en trou haar eers later, waardeur hy weliswaar in Jerusalem groot moeilikheid kry, maar waaruit hy hulle red met geld en toorkuns, en tewens op aandrang van `n goeie vriend in Jerusalem met Maria trou.

[7] Weliswaar moes die nog lewende en baie welgestelde ouers van Maria in Jerusalem, `n sekere Jojakim en Anna, nie met die huwelik baie ingenome gewees het nie, maar Josef was `n magtige vriend van die tempel, van die oue Simon en veral ZekarJaH, en so gaan die geskiedenis tog sonder verdere moeilikhede deur en Maria word die regmatige vrou van Josef en daarmee moes die ouers ook instem.

[8] Josef, wat buitengewoon aangemoedig word deur Maria waarvan hy veel hou, doen nou alles om vir die nog nie gebore kind, as dit `n seun sou wees, - wat Josef, wat in dergelike dinge goed tuis was met groot sekerheid vooruit kon weet, - om al die moontlike vir die bepaalde doel aan te wend, waarby nou ook die nie onaansienlike middele van die skoonouers wel goeie dienste verleen het.

[9] Enkele weke voor die bevalling stuur hy in die geheim bodes na Persië en bring drie wyses uit wat hy in sy jeug geleer ken het. Hulle kom ook na Násaret; en omdat Keiser Augustus in daardie selfde tyd vir die hele Judea die volkstelling in Bethlehem uitgevaardig het, het Josef en Maria saam met die kinders van Josef ook na Bethlehem getrek om hulle daar te laat inskrywe.

[10] Die drie wyses wat in Násaret aangekom het met hulle groot en skitterende skare bediendes weet toe nie waar hulle heen moes gaan nie, gaan toe na Jerusalem en doen toe ongelukkig by die oue Herodes navraag oor die pasgebore koning van Israel en gooi daarmee olie op die vuur! Herodes kon hulle natuurlik niks anders sê as in die eerste plek, dat hy aan hom totaal onbekend was, en in die tweede plek dat as iets daarvan waar was, hierdie familie hulle dan net soos baie duisende andere in verband met die verordende volkstelling wat deur die keiser afgekondig is, hulleself sekerlik in Bethlehem sou bevind. Daarop haas die drie wyses hulle dadelik na Bethlehem en vind daar wat hulle soek.

[11] Jy kan jou wel voorstel dat dit daar nie ontbreek het aan magiese verskynsels nie, wat selfs die Romeine beïndruk het, anders sou Herodes nie die bevel tot die kindermoord gegee het nie. Hierdie towenaars het die kind vir `n goeie opleiding ook groot skatte, dan nie geskenk nie, dan tog wel geleen, met die gedagte dat die kind koning sou word en dan die geleende goed na Persië terug sou stuur.

[12] Juis daarom het die drie towenaars die pasgebore kind nie meer uit die oog verloor nie; tot op hierdie uur sorg hulle vir sy volkome magiese opleiding en nou kom hulle ook weer sogenaamd as drie engele uit die hemele en help Jesus om sy wonderdade uit te voer en die volk, wat blind is en niks van al die geheime dinge weet nie, te verblind met allerlei wyse preke en wonderbaarlike dade.

[13] Maar ons, wat in al die dergelike geheime ingewy is, kan hulle die oë nie meer verblind nie en daarom is dit ons heilige plig om hierdie mense op alle weë en paaie in die gate te hou en daar waar hulle te ver gaan, snel in te trek.

[14] Die ergste sou wees as hy die Romeine aan sy kant sou kry; dan sou al ons moeite heeltemal nutteloos gewees het! Dit moet ons daarom dan ook so sorgvuldig moontlik verhinder, anders groei hy nog hemelhoog bo ons hoof uit! As hy eenmaal bo is, dan sal ons hom nie meer na benede kan trek nie! -Wat dink julle daarvan?”

[15] Die ander sê: “Jy het miskien wel heeltemal gelyk, maar as dit later anders blyk te wees, wat ook bes moontlik so kan wees, wat moet ons dan doen?”

[16] Riba antwoord: “Daardie vraag kan jy gladnie hier stel nie! Is Hy meer of kan Hy dan meer wees as `n mens? Wie onder ons is dan soos die heidene, wat nie weet wie of wat God is nie en daarom sowel besondere mense asook selfs sommige eienaardige diere vir gode aansien, vereer en aanbid?

[17] Is hierdie Násarener dan meer as `n buitengewoon voortreflike mens, `n genie, onoortrefbaar in sy doen en late?

[18] As hy sou bly wat hy is en sy kuns vir die welsyn van die mense sou uitvoer en hulle ook oor menig onderwerp, waarin die mense blind is en waar hulle weinig of heeltemal geen insig in het nie, sou onderrig, dan sou hy onvervangbaar wees en die land waar hy woon, sou te beny wees. Maar nou streef hy na die troon, die kroon en die septer van Dawid en dit maak hom veragtelik in die oë van alle egte en suiwer Judeërs wat nog die ou gees het, waardeur hulle alle verskynsels in die menselewens in die korrekte verhoudings kan sien en nie so maklik soos halfheidense tollenaars en sondaars bedrieg kan word nie!

[19] Watter nut het dit vir die mensdom om deur sulke skitterende leringe en verskillende sektes van mekaar geskei te word, wat mekaar dan slegs maar vanweë die verskillende gelowe haat - meer as die verskeurende diere in die woud?! Die van die ou geloof haat die van die nuwe geloof en omgekeerd, en so bereik so `n geloof altyd juis die teenoorgestelde van wat dit predik; in plaas van vriendskap, liefde en vrede veroorsaak dit baie die onversoenlikste vyandskap, haat en die eerste oorlog! En alle geloofsvernuwings op aarde het steeds hierdie selfde vrugte opgelewer! As dan nou, soos wat langdurige ervaring leer, die vrugte van sulke ondernemings steeds dieselfde is, dan het ons as verligte mense en leiers van die volke die onvoorwaardelike plig om sulke vernuwers vroegtydig die weg te versper, waarop vir duisende ondergang en verderf dreig. Is dit dan nie beter dat één so `n heerssugtige towenaar uit die wêreld gehelp word nie, as dat daar binnekort baie duisende deur so `n sonderlinge misleiding, deur die skerpte van die swaard te gronde moet gaan nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205