|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 177
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die apostels vra waarom dit lyk of Heer die fariseërs vrees
177 Toe Ek met hulle klaar was, kom die apostels na My toe en sê: “Heer, U is soms ietwat raaiselagtig! Weet U, ons het al soveel wonders van U gesien en ook aan ons lywe ervaar dat ons ook geen oomblik daaraan kan twyfel nie, al wil ons, dat U in die volste en waarste sin van die woord die Seun van die lewende God is en ook moet wees; want die dade wat U verrig was tot op hede vir geen mens moontlik gewees nie. Maar tog kom daar by U bepaalde oomblikke voor waarop dit lyk of U in alle erns bang is vir die mense, terwyl U tog, soos ons meermale oortuigend gesien het, kan gebied oor al die baie magtige engeleskare uit die hemele!
[2] Ons sou die fariseërs met hulle ongeveer vyftig ongewapende aanhangers, waarvan die een nog lafhartiger is as die ander, behoorlik kon toetakel; en met so `n almagtige woordjie van U, - sal die lus van die fariseërs om U te vervolg, vir altyd vergaan! Dit is vir ons `n raaisel en dit kan ons eerlikwaar met die beste wil nie begryp nie waarom U, wat alle goddelike mag besit, vir die kêrels gevlug het! - Lê U ons U vreemde handelswyse tog asseblief uit!”
[3] Ek sê: “Julle is nog behoorlik swak en blind, dat julle so iets nie direk kan insien nie! Kyk, dit gebeur sodat julle kan bemerk dat dit wat die profeet JeshaJaH oor My geprofeteer het, in vervulling sou gaan, toe hy (Matthéüs. 12:17) die volgende sê: ‘Kyk, dit is My Kneg, wat Ek het uitverkies het en My geliefde, waaraan My siel `n welbehae het. Ek sal My Gees op Hom lê en Hy sal die oordeel aan die heidene verkondig (Matthéüs, 12:18) (Onder oordeel word hier waarheid, lig en lewe verstaan, want die waarheid sorg vir `n goeie, regverdige oordeel). Hy sal geen rusie maak en nie skreeu nie, en `n mens sal Sy geroep nie in die strate hoor nie. (Matthéüs. 12:19) Die geknakte riet sal Hy nie breek nie en die smeulende lamppit sal Hy nie doof nie, totdat Hy die oordeel (die volle waarheid) uitvoer. (Matthéüs. 12:20) En die heidene sal hulle hoop vestig op Sy naam.’ (Matthéüs. 12:21)
[4] Wel, dit is die rede waarom Ek dit nie `n rusie en nog minder handgemeen met die fariseërs wou raak nie.
[5] Verder het Ek vooraf baie goed geweet dat Kisjonah hulle nie sonder tugtiging sou laat vertrek nie! Nou is hulle tien keer erger gestraf as wanneer ons met hulle sou geveg het; want ten eerste was hulle ontsettend afgeransel deur die mense van Kisjonah en ten tweede mag hulle oor alles wat hulle gesien, gehoor en beleef het in Kapernaum geen lettergreep loslaat nie, en dit vererg en pla hulle nog die meeste.
[6] Want as één van hulle ook maar net een lettergreep daarvan laat hoor word hy, soos dit hom op die berg voorspel is, op dieselfde oomblik stom, doof en, as dit nodig mag wees, ook blind. Daarom het hulle ook probeer om My dood te maak; want hulle dag toe dat die werking van die dreigement wat Ek op die berg gegee het en waarin hulle beslis glo, vernietig sal word.
[7] Want hulle beskou My nog steeds as `n bose towenaar, wat wel lewend, maar dood nie tot iets in staat is nie. Die ergste vir hulle is egter dat hulle nou nie weet waar Ek heen gegaan het nie. Weliswaar het hulle al bodes in `n oostelike rigting gestuur om My te soek - want hulle sien ons vanaf die skool in die rigting van die ooste verdwyn; - maar dat ons in die bos na `n uur se loop plotseling in `n westelike rigting gedraai het en nou dadelik ook oor die meer na die ander kant sal vaar, dit weet hulle nie en daarom sal hulle tevergeefs soek. Is julle raaisel hiermee opgelos?”
[8] Die twaalf en die baie ander wat My volg, antwoord: “Ja, nou is alles vir ons baie duidelik! Dit is so werklik baie beter as dat ons self die kwaadaardiges sou aangepak het; nou is alles weer heeltemal in orde.”
[9] Judas sê `n bietjie lakonies: “Behalwe vir ons mae! Behalwe die paar rou koringkorrels het daar vandag, want dit is nou alweer aand, niks ingekom nie. Daarom sou dit geen kwaad doen as daar, voordat ons die meer oorvaar, iets vir ons maag gedoen kon word nie!”
[10] Ek sê: “Vandag is die vas gepas, in elke geval tot aan die oorkant; daar sal ons wel iets vind.”
[11] Maar Thomas vermaan Judas vir hierdie banaliteit en sê: “Hoe is dit nou moontlik om midde-in die mees verhewe les van die Heer met so `n alledaagse, dierlike opmerking te kom? Het jy glad geen gevoel vir eer of oneer in jou lyf nie? As jy dan tog so `n geweldige honger het, neem dan in die vervolg een of ander mondvoorraad saam; maar om sulke opmerkings teenoor die Heer te maak, is egter te banaal om dit met nog meer woorde vuil te maak!”
[12] “Ja, ja”, sê Judas,”ek het vergeet dat jy ook nog in ons geselskap is! Jy is en bly my opvoeder en dit lyk egter of jy plesier vind daarin om my met elke geleentheid die een of ander klap te gee. Dit is ook goed so; as jy plesier vind daarin, hou daarmee aan, maar ek sal my nie meer vir jou vererg nie!”
[13] Dan sê Petrus: “Dit is ook beter so; maar vir die orige het Thomas wel gelyk, hoewel hy soms ook `n bietjie hard is. Maar ek vind dat ons steeds die Heer in die oog moet hou. As Hy iets sê, dan is dit goed en juis dat dit so gesê is en dan moet elkeen homself daarby hou! Sê die Heer egter niks, dan het ons nog minder reg om iets te sê! Ek vind dat, veral in die teenwoordigheid van die Heer, daar altyd goed opgelet moet word om vrede en eendrag onder mekaar te bewaar!
[14] Glo my, beste broer Thomas, as die hongerige Judas sy mond nie teenoor die Heer kan hou nie, dan sal hy hom van jou nog minder laat aantrek! Gestel dat ons iets van mekaar opmerk, laat ons dan probeer om nie skerp en bitter te wees nie, sodat die woorde van JeshaJaH wat die Heer vroeër oor Homself aangehaal het, ook op ons, Sy leerlinge, van toepassing sal wees!”
[15] “So is dit goed, beste Simon Jona!”, sê Ek. “So moet dit by julle wees en uiteindelik by alle mense! Want wie `n wond het en iets skerps daarop lê, dit genees die wond nie, maar maak dit slegs maar groter en erger. Wie egter die wond met balsem en suiwer olie versorg, die sal haar spoedig laat genees en die skade aan die vlees herstel.
[16] Maar nou sien Ek ook die skippers van My vriend Kisjonah daar aan die oewer staan, en hy is self ook daar; laat ons daarom na die oewerkant gaan, sodat ons byderhand is as die skippers die skeepstou sal oorgooi; dan trek ons die skip heeltemal na die kant en trek onsself gou in; want daar is aan hierdie kant `n teenwind en daarom kan hulle nie maklik heeltemal na die kant kom nie. Maar die wind sal ons goed van diens wees by die oorsteek en sal ons snel na die oorkant bring. Laat ons nou gou afgaan na die oewer, sodat hulle hulleself vir niks hoef in te span nie.”
|
|
|
|
|