|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 100
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Aan en op die meer van Galilea:
Die wonderbaarlike visvangs
100 Daarop kom Matthéüs na My toe en vra of hy hierdie teken, netsoos die verskeie gesprekke van lering en ander toesprake wat Ek die afgelope paar dae in die huis van die owerste gegee het, ook moet opskryf.
[2] Ek sê: Ja, die teken by die hoofman van Kapernaum tesame met wat Ek daar gesê het, asook die teken in die huis van Petrus; maar laat dit wat gesê is en wat nie by die eintlike lering hoort nie, weg. Laat al die besprekinge wat in die huis van die owerste plaasgevind het, asook die feit dat ek twee dae by hom vertoef het, heeltemal weg!
[3] Binnekort, wanneer sy lieflingsdogter sterf, sal ons tog weer hier in die huis van die owerste aankom. Ek sal haar dan opwek en aan hom terugbesorg. Skryf dus só oor hom en oor die teken dat jy nòg hom, nòg die plek nader hoef te beskryf - andersins sou ons hom in sy wêreldse verhoudinge skade kon berokken, en dit wil en sal ons natuurlik nie doen nie; die priesterskap hou hom naamlik reeds fyn dop.
[4] Tot die aanbreek van die volgende fees in Jerusalem sal Ek egter in hierdie streek, hier by die meer waarvan Ek die meeste hou, nog baie tekens doen en baie onderrig gee - wat jy alles volledig moet opskryf!
[5] Matthéüs berei homself voor om te skryf. Johannes daarenteen word baie treurig en sê: “Maar Heer, ek het U dan bo alles lief - gaan ek dan heeltemal niks meer te skrywe kry nie?”
[6] Ek sê: “My liefste broer, jy hoef nie hieroor bedroef te wees nie. Jy gaan nog baie skryfwerk kry. Want, vir jou het Ek voorbestem vir net die heel belangrikste en heel diepsinnigste sake!”
[7] Johannes sê: “Maar die teken te Kana met die seun van die koninklike beampte lyk vir my tog nie groter en belangriker as die een voor Kapernaum wat U vir die hoofman gedoen het nie?”
[8] Ek sê: “As jy so sou dink, vergis jy jou grootliks! Met die seun van die koninklike beampte word bedoel die hele, baie slegte en verdorwe, wêreld; en hoe daar nou, deur My leer en deur My geestelike bemoeienis, van ver af uitgereik word om hulp aan te bied. Met die kneg van die hoofman word voorlopig maar net bedoel `n verlamde wat deur My genees is. Later egter, word ook daarmee `n gemeente of een of ander vereniging wat in My Naam opgerig is, bedoel. Hulle (die instansie) gaan egter as gevolg van politieke vrese `n bepaalde deel van My leer nie toepas nie, en dan gaan hulle mettertyd stadig maar sekerlik in ander opsigte My leer ook nie volg nie, watter toestand `n verlamming van die siel is wat maar slegs deur `n vaste geloof in My Woord weer verhelp kan word!
[9] Sien jy, My liewe broer Johannes - daarom is daar `n baie groot verskil tussen die twee tekens! Die eerste staan vir die geestelike siektetoestand van die hele wêreld, en, sê Ek vir jou, in `n nog diepere sin, ook van die hele oneindigheid! Die tweede teken beteken maar net dit wat Ek aan jou verklaar het. Nou weet jy dus ook wat jy, en wat Matthéüs moet vaslê.”
[10] Maar nou het die meisie en die ander bediendes van Petrus die middagmaal gereed en ons gaan nou dadelik daarmee begin waarna ons vanmiddag vir Petrus gaan help om `n paar goeie visse te vang. Teen vanaand gaan ons nog genoeg te doene kry.
[11] Ons nuttig `n oorvloedige maaltyd, wat genoegsaam was vir die hele, groot geselskap, en gaan daarna na die meer, wat ook die “Meer van Galilea” genoem word. Binne `n paar uur het ons daar `n groot klomp van die beste vis gevang, soveel so dat die vishouers dit kwalik kon bevat.
[12] Petrus is hierdeur verskrik, en in `n soort vrome opwelling het hy uitgeroep: “Heer, ek smeek U, laat my alleen: want ek is nou sterk onder die indruk van my sondigheid! Vroeër is ek ook al eenmaal deur U verskrik toe U, terwyl ek U nog glad nie geken het nie, van êrens vandaan gekom en my en my helpers hier aangetref het terwyl ons visgevang het. Toe het ek U goddelikheid dadelik herken: nou skrik ek nog meer omdat ek nou maar al te duidelik insien Wie en Wat U in U diepste Wese is. Toe het ons, netsoos nou, die hele nag probeer maar so te sê niks gevang nie. Op U Woord en in U teenwoordigheid skeur die net vanweë die groot hoeveelheid gevange vis! Ek word nou regtig bang vir U, want U is...”
[13] Ek sê: “Bly stil, en moet my nie weggee nie! Jy is bewus van die “een” onder ons! Hy is en bly `n verraaier!”
[14] Petrus sê nou niks meer nie en tref reëlings om die vis te bewaar. Omdat dit aand word, gaan ons huis toe. Dáár wag `n goeie en ryke aandete op ons deur die ywer van die geneesde skoondogter van Petrus. Almal is nou opgewek en bly. Petrus sit die lofsang in en almal antwoord eenstemmig in `n wisselsang.
|
|
|
|
|