Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Philopold deur die Heer geroep. Oor die ware navolging

215 Dan stel Philopold nog `n vraag aan die engel: “Maar wie toon ons die geheime ordening?”

[2] Die engel sê: “Die Persoon wat jou so-ewe na my verwys het! Gaan na Hom; Hy sal aan jou sê wat Hy jou reeds gesê het; want as jy leef soos wat Hy sê dat jy moet lewe, dan is dit dié goddelike lewensorde, waarsonder mens die kindskap van God nie kan bereik nie!

[3] En Hy is ook Die Persoon waarvoor jy en nog baie ander Akka geestelik verlaat het en op hierdie aarde in die vlees van die aarde gebore is om die Heer te leer ken.

[4] In die hele skepping is egter - en wel op al die hemelliggame wat, hoe ookal, deur denkende wesens in menslike gedaante bewoon word, die volkome menswording van die Heer in die vlees deur ons bekend gemaak; maar slegs op `n baie geringe aantal wêrelde is dit aan baie weinig geeste toegestaan om in die vlees na die aarde te kom. Want die Heer ken elke natuur van al die wêrelde in die eindelose ruimte, en dus ook die aard en die moontlikhede van die bewoners en hulle geeste wat die verskillende wêrelde bewoon, en daarom weet Hy die beste of `n gees geskik is vir die vlees van die aarde of nie.

[5] Al diegene wat geskik was, is ook hierheen gebring; maar die aantal van diegene wat hierheen gebring was, is maar klein en kom nie noemenswaardig bo die tienduisend uit nie.

[6] Maar onder diegene is jy een van die gelukkigste; want as jy so wil, kan jy, net soos al diegene wat saam met die Heer hierheen gekom het, as leerling deur Hom aangeneem word.”

[7] Daarop sê Philopold: My ArgiEl! Omdat jy vir my al soveel wonderbare dinge gedoen het, doen dan nog één ding vir my en bring my na die Heer; want noudat ek Hom herken het, ontbreek dit my aan die moed om opnuut na Hom toe te gaan! As Hy nou vir my lag, sou ek liefs so gou moontlik vandaar weggaan en my sodanig verberg dat geen mens my ooit sal vind nie! Maar omdat ek nou eenmaal hier is en almal my goed ken, kan ek dit nie doen nie; want dan sou die hele dal vol wees van die lag vir my. Wees daarom so goed en bring my na die Heer en wees daar my voorspraak!”

[8] Die engel sê: “Dit hoef ek nie te doen nie, want die Heer weet wat vir ons beide nodig is; gaan jy dus maar gerus alleen en Hy sal jou sekerlik nie middeldeur splyt nie.”

[9] Na hierdie antwoord van die engel skep Philopold eindelik moed en gaan baie bedagsaam na My toe en sê, terwyl hy nog dertig treë van My af staan: “Heer, laat U my toe dat ek nader kom? As U dit nie wil nie, dan gaan ek weer terug!”

[10] Maar Ek sê: “Wie wil, die kan kom; want deur te aarsel het geen mens nog ooit verder gekom nie!”

[l 1] Toe Philopold dit hoor, loop hy ietwat vinniger en is dan ook al gou-gou by My, en het op hierdie wyse dit bereik, waarvoor baie ander net so aarsel en daarom ook dikwels nie bereik nie, omdat hulle ondanks al die aanmoedigings nie vanaf hulle staanplek te beweeg is nie.

[12] “Want as iemand by al sy doen en late sy skrede nie in `n reguit lyn op My rig nie, is al sy doen, gaan en staan nutteloos vir sy lewe. En ook al verkry hy die hele wêreld, maar hy het My nie, dan het hy aan die hele wêreld niks nie; want dié is dood! Maar as Ek nou in hierdie tyd van die onthulling van die evangelie iemand roep en aan hom sê: “Kom!” - en hy kom nie, dan is sy gees gedoem om te sterf! En daarom is Philopold `n goeie voorbeeld wat almal moet navolg! Wie geroep word nadat hy na My gevra het, daardie een moet kom en nie aarsel nie! Want Ek bly nie altyd in Kana (oftewel: vol barmhartigheid in die wêreld) nie, maar trek al gou verder en wend My oog en oor af van diegene af wat aarsel as Ek “Kom!” geroep het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205