Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die voortdurende profetedom. Oor egte en valse profete. Eerste uitsending van die apostels

141 (Die Heer:) Ek sê weer vir julle: julle weet dat daar nou, net soos in al die tye, profete is en hulle sal daar ook altyd by al die volkere op die aarde tot aan die einde van die wêreld wees, watter geloof hulle ookal mag hê. Want net deur die profete bly daar, ook al is al die bande tussen hemele en aarde verbreek, nog `n geheime band stewig behoue wat geen duistere mag kan vernietig nie.

[2] Onder die egte profete was, en sal daar ook in die toekoms altyd vals profete wees; maar dit het op die egtheid al dan nie van `n deur die hemele geroepe profeet heeltemal geen, of slegs `n baie geringe invloed, omdat die egte profeet maar al te gou die leuenaar voor die wêreld sal ontmasker en hulle die straf van die hemele nooit sal ontkom nie.

[3] Maar as `n egte profeet in `n huis kom en as sodanig aangeneem word, sal diegene wat hom as `n egte profeet aanvaar, of ook as hulle `n deur die profeet gestuurde in naam van die profeet opneem, hom aanhoor en in hulle hart `n belangrike plek toeken aan sy woorde, in die hiernamaals in die Ryk van God die loon van `n profeet kry. En wie `n regverdige in die naam van `n regverdige opneem - dit wil sê, as so iemand as regverdig bekend staan en die naam hom toekom, of ook as hy nie as sodanig bekend staan nie, maar deur diegene wat hom opneem as sodanig herken word en hom so opneem, sonder om deur `n proef te kontroleer of hy wel `n regverdige iemand is - die sal eenmaal in die hemelryk die loon van `n regverdige ontvang. (Matthéüs. 10:41)

[4] En Ek voeg ook nog daaraan toe: kyk eers na hierdie kleintjies wat hier liefdevol om My heen is! Wie in die naam van `n leerling aan die allerminste van hierdie kleintjies slegs `n beker water gee, waarlik Ek sê vir julle, so `n uiters geringe daad sal nie onbeloon bly nie. (Matthéüs. 10:42)

[5] Nou het julle alles wat julle nodig het vir dít waarvoor Ek julle uitgekies het. Gaan nou na al die stede wat Ek julle aangewys het, maak aan diegene wat daar woon die Ryk van God bekend en doen dit wat Ek julle nou aanbeveel het: julle loon sal nie gering wees nie.

[6] As julle in die nie so groot aantal stede van Israel die opdrag uitgevoer het, kom dan weer na My toe terug, sodat Ek julle dan in die diepere geheime van die Ryk van God kan inwy; want dit sal julle gegee word om sulke geheime van die Ryk van God te verstaan.”

[7] Petrus vra: “Heer, moet ons twaalf tesame, of alleen, elkeen op sy eie, na die verskillende stede gaan en ook na die markplekke en dorpe?”

[8] Ek antwoord: “Dit hang van julle af; maar dit is beter as julle minstens in twee’s of in drie’s gaan, sodat die een vir die ander kan getuig; My Gees kan sterker deur julle werk as twee of drie van julle êrens in My Naam saam is en so onderrig en werksaam is.

[9] Maar dat julle nou juis almal bymekaar moet bly, dit is in die eerste plek heeltemal nie nodig nie en in die tweede plek sal julle des te moeiliker in `n willekeurige huis onderdak vind vanweë die ruimte en die versorging. Maak daarom `n verdeling in groepies van twee of van drie! Kies egter vooraf die stede, markte en dorpe uit en spreek onder mekaar af wie waarnatoe gaan.

[10] Daardeur kan julle in verskeie stede tegelyk werk en sal julle baie tyd wen en des te gouer weer na My toe terug kan kom. As julle ywerig is, kom julle in sewe weke maklik daardeur, gouer miskien. Maar gaan nou; want elke uur is waardevol!”

[11] Judas Iskariot sê: “Heer, die son gaan nou-nou onder, die dag duur geen halfuur meer nie en dit is hiervandaan na al die plekke ver; as jy vinnig loop, bereik jy selfs die naaste dorp eers na twee ure. Sou ons nie net so goed môre heel vroeg op pad kan wees nie?”

[12] Ek sê: “Nee, My vriend, elke minuut vertraging is gevaarlik! Julle bereik vandag net na sononder `n markplek wat agter die berg na die môre(ooste) toe lê, daar sal mense julle hulp nodig hê en julle sal daar goeie onderdak vind; maar bly daar nie langer as drie dae nie, en doen dit ook nie gou êrens anders nie! Bly tot daar bymekaar, maar verdeel julle in die genoemde markplek in groepies.

[13] Na hierdie woorde gaan die twaalf vinnig op pad en die bewoners van die verwoeste, maar deur My barmhartigheid wonderbaar herboude, dorpie gee hulle `n paar mense saam wat die pad goed ken en wat hulle met die kortste pad na die markplekkie bring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205