Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 216

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Waarom die Heer juis na die aarde gekom het. Die nuwe openbaring in hierdie tyd

216 Toe Philopold by My kom, sê hy: “Heer, ek het ontsettend grof teen U gesondig; maar dit was slegs die skuld van my groot blindheid! Maar nou, noudat U, o Heer, my op `n werklik wonderbaarlike manier siende gemaak het en nou dat ek U herken vir wie U is, vra ek U ter wille van U ewige liefde en wysheid of U my arme, blinde sondaar al my foute wil vergewe wat ek nou teen U en daardeur ook teen my naaste begaan het, soos wat U my dit al eerder presies duidelik gemaak het. As ek U heilige woorde sou opgeskrywe het - by al die hemele, dan sou daar niks van, heeltemal niks onvervuld gebly het nie! Maar ek glo dat ek wel nou weet wat U verlang en ek sal dit woordeliks nakom! U het vir ons almal die skuld aan Kisjonah vereffen en U het, sonder dat U daar iets voor vra, al ons siekes uiters wonderbaarlik genees, en U het dit alles gedoen sonder om ook maar iets vooraf te vra, en daarom hoop ek nou dat U `n sondaar wat U `n guns vra, nie sal afwys nie!”

[2] Ek sê: “Ek sê vir jou: jy is aangeneem! Want wie kom, word aangeneem. Maar gaan eers huis toe en kry jou sake soos deur My aangegewe, in orde; kom daarna terug en volg My; want jy mag nie aan die wêreld gebonde wees nie, omdat jy nie van benede af in die wêreld gekom het nie, maar van bo af uit `n ander wêreld!

[3] Want onder diegene wat jy hier sien, is daar ook `n paar van jou wêreld af, en ander van `n ander sonnestelsel, en maar weinig van hierdie wêreld; en dié weiniges het nie veel betekenis nie, want hulle vind die wêreld nog altyd belangriker as vir My. Daarom is hulle ook maar tot weinig of niks in staat nie.

[4] Ek het egter juis hierdie aarde uitgekies omdat haar kinders die laaste en laagste is van die hele oneindigheid; daarom het Ek die kleed van diepste nederigheid aangetrek om dit vir al die skepsels in My eindelose skepping moontlik te maak om na My toe te kom; van die allerlaagste planeetbewoners af, tot en met die allerhoogste bewoners van die oorspronklike sonne van die sentrum, moet iedereen op een en dieselfde wyse na My toe kan kom.

[5] Jy moet jou daarom nie daaroor verwonder nie dat jy My aantref op hierdie planeet wat die onvolmaakste en laaste planeet van die hele skepping is! Want dit is My eie wil; en wie kan aan My voorskryf dat Ek dit anders moet doen?!”

[6] Philopold sê daarop: “Heer, wie sal U raad wil of kan gee as hy glo, weet en erken dat U die Heer van ewigheid af is?! Maar ek gaan nou om U heilige wil dadelik uit te voer.”

[7] Na die woorde haas Philopold homself saam met die hele gemeentebestuur huis toe; en terwyl daar ook verskeie Judeërs saamgaan om te sien wat die Grieke vir hulle sal doen, gee Ek aan die geneesdes onderrig hoe hulle hulleself in die vervolg moet gedra om nie weer in hulle ou kwaal te verval nie.

[8] Hulle neem die les almal dankbaar aan en dank My ook uit die diepste van hulle harte vir die buitengewone goedheid wat hulle ondervind het.

[9] Daarop verbied Ek hulle egter om oor alles wat hulle hier gehoor en gesien het met vreemdes te praat, waardeur Ek voortydig verraai sou word en sê aan hulle dat, as hulle hulleself nie daaraan hou nie, dit met hulle sleg sal gaan! Maar hulle belowe My almal dat niemand buite hierdie plek daar iets van sal hoor nie!

[10] Ek laat hulle dan gaan en sê ook aan die leerlinge om buite Kis met niemand daaroor te praat nie; en op die vraag van Matthéüs of hy die gebeurtenis sal opskrywe, sê Ek: “Nee! Want julle as My naaste getuies is wel hiervoor opgewasse en kan dit ook begryp; maar as alles wat Ek vir julle doen en sê in baie boeke beskryf sou word, dan sou die wêreld die boeke nie net nie begryp nie, maar homself ook nog oormatig daaroor vererg en dan sou mense julle nog erger as al die kadawers op die aarde verguis! Daarom moet jy, Matthéüs, niks opskrywe nie, behalwe dít wat Ek uitdruklik aan jou sê!”

[11] Johannes sê nou: “Maar Heer, my suiwerste liefde! Dit is natuurlik alles goed en wel op dié manier; maar as die wêreld op `n gegewe oomblik onvolledige oorspronklike dokumente oor U aanwesigheid hier en U dade op die wêreld kry, dan sal hulle uiteindelik nie anders kan as om aan U, U bestaan en U werk te begin twyfel en die brokstukke aan te sien vir werk wat in die eiebelang van die priesterdom geskrywe is nie!”

[12] Ek sê: “Dit is nou juis wat Ek wil bereik vir die eintlike wêreld, wat `n woning van die satan is; want of jy `n vark nou graankorrels of die edelste pêrels gee, hy sal met die pêrels presies dieselfde doen as met die graankorrels.

[13] Daarom is dit beter dat dit alles baie versluier aan die wêreld gegee word; dan kan hy homself besig hou met die omhulsel, terwyl die lewenskern tog nie beskadig word nie.

[14] As dit egter ooit nodig is, dan sal Ek opnuut mense laat opstaan wat Ek alles sal laat weet wat hier gebeur het, en wat die wêreld te wagte staan vanweë haar onverbeterlike slegtigheid.

[15] Maar hoe dit alles sal gebeur, dit sal Ek aan jou, broer Johannes, nadat Ek weer in My hemele gaan woon het maar jy nog in hierdie wêreld is, in versluierde beelde openbaar.

[16] Daar kom die Griekse en Judese gemeentebestuurslede egter uit die plek uit weer terug; ons sal sien hoe hulle My vereistes nagekom het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205