Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

IN NÁSARET:

Hoofstuk 10 - Jesus in Sy ouerhuis. Na Kana. Die drie stappe vir wedergeboorte
[Johannes 2: 1-5] .

1 EN op die derde dag was daar `n bruilof te Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.

10 Die “en” wat aan die begin van die eerste vers van die tweede hoofstuk verskyn, bewys dat hierdie twee hoofstukke nou aaneengeskakel is. Hieruit wil dit voorkom of hierdie bruilof, van `n familie wat op baie goeie voet was met die huis van Josef, plaasvind alreeds op die genoemde derde dag, naamlik, bereken vanaf die dag toe Ek Betabára verlaat het met My sover slegs vier leerlinge en het saam met hulle `n volle dag deurgebring in die huis van Josef—wat nie meer geleef het nie—met die moeder van My liggaam wie, ondersteun deur My ander broers, elke poging aangewend het om aan ons die bes moontlike gasvryheid te betoon.
[2] In haar hart het Maria* geweet dat die tyd nou gekom het vir My om My sending as die beloofde Messias te begin. Wat My werk egter sou behels, het sy nie geweet nie. Op hierdie tydstip het sy ook geglo in die totale verdrywing van die Romeine en die herstel van die magtige troon van Dawid en sy bestendige en onoorwinlike goddelik, verglanste waardigheid wat nooit sou eindig nie. (*Hebreeus vir Maria)
[3] Die goeie Maria en die al My aardse familie het nog die Messias voorgestel as die oorwinnaar van die Romeine en ander vyande van die beloofde land. Voorwaar, die beste van hulle het `n soortgelyke idee van die Messias gehad, net soos baie andersins eerlike mense huidiglik `n vals besef het van die millennium. Maar die tyd het nog nie aangebreek om hulle `n ander begrip daarvan te gee nie.
[4] Daarom, aangesien My eie huis, met Maria eerste, hierdie begrip omtrent die komende Messias gehad het, kan dit tereg aanvaar word dat die ander familievriende nie `n beter begrip kon hê nie.
[5] Dit is ook die rede waarom baie families baie aandag aan My gegee het en vanselfsprekend aan hulle wat Ek My leerlinge genoem het. Gevolglik het ook Jakobus en Johannes besluit om My leerlinge te word, ten einde saam met My oor die nasies van die aarde te heers, want hulle het baie van die dinge vergeet wat ek duidelik aan hulle voorspel het in My kinderdae.

2 En Jesus en Sy leerlinge was ook na die bruilof genooi.

[6] In al die meer gegoede huise in die omgewing van Násaret, feitlik die hele Galilea, was Ek beskou as die opkomende bevryder van die Romeinse juk, alhoewel hierdie slegs die geval was gedurende die paar maande vandat Ek begin het om sekere voorbereidsels te tref danksy—soos baie dinge wat in die vergetelheid weggesink het gedurende die afgelope agtien jaar—ook sekere profesië aangaande My persoon wat weer die lig begin sien het in vriende se huise. Daarom was Ek en My leerlinge uitgenooi, My moeder Maria en baie ander familielede en vriende na die vername bruilof in Kana, `n klein ou dorpie in Galilea nie ver van Násaret nie, waar daar baie vrolikheid was, sodat die vier leerlinge van Betabára teenoor My opgemerk het:
[7] Heer! Dinge is hier baie meer aangenaam as in Betabára. Arme Johannes sal ook baie bly wees om vir een keer in sy lewe te kon deelneem aan so `n maaltyd soos hierdie, in stede van sy haglike gereg, wat hoofsaaklik uit effens geskubte sprinkane en heuning van wilde bye bestaan het.
[8] Ek antwoord daarop: “Nou kan julle dit nog nie verstaan waarom Johannes so moet lewe nie, hy moet so lewe, anders kan die Skrifte nie vervul word nie. Maar binnekort sal hy `n beter lewe hê. Jerusalem sal hom nie toelaat om sy lewe verder voort te sit in die woestyn nie. Van nou af moet hy kleiner word sodat `n ander Een groter kan word.”
[9] “Maar wat van die leerling wat in aanvanklik met jou na My toe gekom het, Andreás? Sal hy volg of sal hy in Betabára agterbly?” Andreás sê: “Kyk, hy sal kom, maar hy moes eers `n paar reëlings tref.”- Ek sê: “Dit is goed so, want waar daar `n Kefas (Rots) is moet daar ook `n Thomas wees.” Sê Andreás: “Ja, dis sy naam. `n Eerlike siel, maar altyd beswaard en vol twyfel. Wanneer hy egter iets begryp het, sal hy dit nooit laat los nie, alhoewel hy `n uitermatige vrygewige hart het. Vanweë sy goedhartigheid is hierdie bynaam vir hom gegee. —Hy kom, Heer, sal ek hom inroep, hierdie tweeling?” Ek sê: “Ja, doen dit, - want wie ookal in My Naam kom, sal uitgenooi word na die bruilof.”

3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.

[10] Volgens die gebruik van daardie tyd, moes elke gas wat aankom, verwelkom word met `n beker wyn. Maria het alreeds vir `n geruime tyd waargeneem dat die voorraad wyn uitgeput geraak het en sy het besef dat die nuwe gaste nie behoorlik volgens die gebruik verwelkom kan word nie. Daarom het sy in die geheim vir My gesê: “My liewe Seun, dit sal `n verleentheid wees. Die wyn is op. Hulle het niks oor nie. U moet `n bietjie maak (ten minste vir die nuwe aankomelinge).”

4 Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.

[11] Waarop Ek haar die baie raaiselagtige antwoord gegee het voor al die gaste, maar, natuurlik op `n baie sagte manier, waar Ek vir haar inlig rondom die gebruik van daardie dae, veral rondom Naserét: “Vrou (moeder), dit gaan ons nie aan nie. —Dit is nog nie My beurt as genooide gas om wyn te voorsien nie. My tyd het nog nie gekom nie.” - (In daardie tyd en in daardie streek moes elke uitgenooide manlike bruilofsgas `n vrywillige geskenk van wyn gee. Daar moes egter `n sekere volgorde nagekom word sodat geskenke van die naaste familielede eerste gedrink word. Wanneer dit opgebruik was, was ook die ander geskenke van die gaste wat nie bloedfamilie was nie, gebruik in volgorde van belangrikheid.) Maar Maria het geweet dat die beskikbare wyn klaar was. Daarom het sy na My gedraai en, as`t ware, voorgestel dat die gebruiklike orde oorgeslaan word, veral omdat `n nuwe gas aangekom het waarvoor daar nie `n druppel verwelkomingswyn was nie. My moeder was baie nougeset om die goeie ou gebruike na te kom tydens sulke geleenthede. Alhoewel dit nie gelyk het of Ek wou saamwerk in hierdie saak nie, het My moeder My geken en geweet dat Ek nooit geweier het om haar wense te vervul nie.

5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.

[12] En so, met volle vertroue in My, draai sy na die dienaars en sê: “doen net wat Hy vir julle sê.
[13] Dit is sover as dit die historiese deel van hierdie vers in die tweede hoofstuk aan betref. Maar vervat in hierdie historiese gebeurtenis of, aangesien dit baie verder strek, is daar `n geestelike en profetiese betekenis teenwoordig wat met behulp van die innerlike redenasievermoë baie maklik ontdek kan word.
[14] Wie kan nalaat om te sien dat daar een van die mees opvallendste ooreenkomste bestaan tussen hierdie bruilof, wat plaasgevind het op die derde dag van My terugkeer van die woestyn van Betabára, en My opstanding wat ook plaasgevind het op die derde dag na My foltering?
[15] Daarom, deur hierdie bruilof was daar `n profetiese aanduiding gegee wat met My sou gebeur na drie jaar; en—in `n ietwat wyer mate—dat na drie jaar Ek waarlik en sekerlik, as die ewige Bruidegom, `n ware bruilofsfees sal hou met al My volgelinge en hulle wat My waarlik liefhet in hul wedergeboorte in die Ewige Lewe in.
[16] In sy algemene praktiese sin, egter, is hierdie verhaal van die bruilof wat—dit moet verstaan word, - wat plaasgevind het drie dae na My terugkeer van die woestyn, heenwys na die drie fases waardeur elkeen sal moet gaan ten einde die wedergeboorte van die gees of die ewige-lewe-huwelik in die Groot Kana of die hemelse Galileá te bereik.
[17] Hierdie drie fases bestaan uit: Eerstens, die bemeestering van die vlees, tweedens die suiwering van die siel deur die lewende geloof, natuurlik om haarself lewend te bewys deur werke van liefde, andersins sal sy dood wees, en laastens die opwekking van die gees vanuit die graf van oordeel, wat deur die opwekking van Lazarus (God Azar) uit die dood sekerlik die duidelikste analogie gee. Wie ookal `n bietjie hierdie klein verduideliking sal bepeins, sal dit maklik vind om die volgende te verstaan.
[18] Nadat ons hier die geestelike betekenis van hierdie bruilofstorie blootgelê het, dit is, wat in algemene terme daarmee bedoel word, laat ons nou terugkeer na die bruilof en kyk na die verskillende ooreenkomste in hierdie verhaal.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205