|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 236
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die huwelik van Faustus en Lydia. Wat God verbind het, mag `n mens nie skei nie
236 Die Hoofregter en die gewone regter en Kisjonah, Baram, JonaEl, Jaïrus en ArgiEl gaan nou saam met My die eetkamer binne, en gebruik ongeveer `n halfuur na sonsondergang saam met My en al My mense `n goed voorbereide, ryklike maaltyd. Die nog ongehude Hoofregter skep `n groot behae in die oudste dogter van Kisjonah en sê aan My: “Edele vriend, U weet hoeveel ek, ondanks die verskil in godsdiens, of respektiewelik die leer van die God, van U hou omdat ek in U geen sluwe, bekrompe Judeër, maar `n baie ope en vrysinnige, en tewens veelsydig ontwikkelde en in al die wetenskappe baie ervare mens gevind het.
[2] Daarom vertrou ek U nou ook toe dat Kisjonah se dogter my buitengewoon goed geval. Soos U wel weet, is ek egter `n Romein en sy sal ongetwyfeld `n Judeër wees, wat haar mooie hand aan geen heiden, soos ons deur die Judeërs genoem word, mag gee nie. Gee my nou raad, my vriend, is daar iets aan te doen? Sou sy onder geen enkele voorwaarde my vrou kon word nie? Kom, doen my `n middel aan die hand!”
[3] Ek sê: “Jy is `n Romein en sy is Grieks en geen Judeër nie, en dus is daar van nature niks wat jou verhinder om haar aan Kisjonah ten huwelik te vra nie, wat haar ook sekerlik aan jou sal gee. Dat sy egter geestelik, netsoos hierdie hele huis, volgens My aan jou nie onbekende leer, tog `n Judeër is, dit sal vir jou tog geen steen des aanstoots wees nie!”
[4] Toe sê die Hoofregter, wat Faustus Caji Filius heet: “Dit moes nog daarby kom! Ek is immers self in my hart een van die vurigste aanhangers van U goddelike leer! Want ek glo dat `n God wat `n wêreld kon bou en daarop allerlei lewende wesens, en ten slotte die mens self kon skep, buitengewoon wys moet wees! As so `n wyse God aan, sê maar, Sy mense, `n leer wou gee, dan sou Hy hulle tog onmoontlik `n ander een kan gee as een wat presies ooreenstem met die natuur, en met die beste instandhoudingsbeginsel van die mens te midde van die mense.
[5] Nou, U leer het daardie gees en karakter in sigself en is daarom suiwer goddelik, en ek het dit daarom as algeheel waar vir my hele lewe aanvaar, en ek verkondig dit aan my hele huis, en aan al my baie ondergeskikte beamptes. As dit dus so is, dan is alles al heeltemal in orde, op die instemming van die vader na!”
[6] “Wel”, sê Ek, “dié het jy al, net soos die liefde van die mooie Lydia. Kyk maar hier agter jou, dan sien jy die deur-en-deur gelukkige Kisjonah wat van vreugde nie weet wat hy moet doen nie, omdat sy huis so `n eer te beurt val!”
[7] Faustus kyk om en Kisjonah sê: “Heer en gebieder oor ons hele Galilea en Samaria! Is dit moontlik dat u my Lydia as vrou wil hê?”
[8] Faustus sê: “O ja, as u haar maar aan my wil gee - uit duisende is sy vir my die enigste!”
[9] Kisjonah roep Lydia. Sigbaar verleë van liefde en groot blydskap kom sy nader en Kisjonah sê aan haar: “Wel, liewe dogter, sou jy wel geseënd wil wees met hierdie edele man?”
[10] En Lydia sê, terwyl sy haar oë neerslaan, na `n rukkie: “Waarom vra u dit nog aan my? Toe die edele Faustus vandag hier aankom en ek hom vir die eerste maal sien, hoor ek my hart sê: Hoe gelukkig moet die vrou van hierdie adellike man tog wees! En sou ek dan nou, as hy my begeer, nee aan hom sê?”
[11] Kisjonah sê: “Maar wat sal jou geliefde Jesus daarvan sê?” Lydia sê: “Ons is almal van Hom afkomstig! Hy is die Skepper, en ons is Sy skepsele wat Hy nou tot egte kinders maak! Ondanks dit bly Hy die diepste dieptes van my hart vervul!”
[12] Faustus lyk verwonderd en sê, baie verbaas oor hierdie onverwagte getuienis van Lydia oor My: “Wat, wat - wat moet ek nou hoor? Kan dit dan wees dat `n hele mooie droom wat ek kort gelede gehad het, op die een of ander wyse `n egte betekenis het? Die hele hemele sien ek geopen; alles was lig, al die tallose wesens was lig, en in die diepste diepte van die hemele sien ek blykbaar U, my vriend Jesus, en al die wesens wag asof met ongeduldige vreugde op U aanwysing, om U bevele binne `n oomblik aan die hele oneindigheid te verkondig!
[13] Toe meen ek om in U ewebeeld, wat die glans van die son by verre oortref, Zeus te herken en ek verwonder my baie daaroor dat U so buitengewoon baie na Zeus lyk. In die geheim beskou ek U sedertdien as `n aardse seun van die belangrikste God, wat ek vereenselwig met JaHWeH van die Judeërs, en met Brahma van die mense uit Indië. Daarby hou ek al die ander gode netsoos U vir Sy aardse kinders, wat Hy by tye by die dogters van die aarde verwek om die mense met sulke seuns leiers, leraars en opwekkers te gee!
[14] Maar nou kry die droom opeens `n baie ander aanskyn; U is Self die lewende Zeus, Brahma of JaHWeH, wat in lewende lywe by ons is en ons Self U goddelike Wysheid leer, omdat U vroeëre kinders wat op aarde was, sleg geleer en dit nie voldoende in praktyk gebring het nie!
[15] As dit so is, en dit kan haas nie anders nie, kry ek hierdie buitengewoon mooie vrou direk uit die hande van my God, my Skepper en daarom hoef ek nie meer te vra of ek met haar gelukkig sal wees nie!
[16] Maar nou het my verlange dan ook `n baie ander aanskyn verkry! - Skoonste Lydia! Kyk nou na die Heer! Dit gaan nou nie meer om ons wedersydse verlangens en begeertes nie, maar slegs om die heilige wil van die Enige der Eniges, die Heer van al die Glansrykheid, die God van alle elohim, uit wie die hemele, son, maan en die aarde en ons almal voortgekom het!
[17] Waaragtig goddelike Jesus! As U dit goed vind dat Lydia my vrou word, dan is sy my vrou; maar as U daar ook maar die minste beswaar teen het, sê dit dan, en my lewe wy ek geheel-en-al aan die uitvoer van U wil!”
[18] Ek sê: “Edele broer van My! Ek het julle al geseën en julle is dus al volkome verenig; maar, moenie vergeet nie:
[19] Wat God verbind het, mag geen mens weer skei nie, en so bly `n ware huwelik vir ewig geldig! `n Verkeerde, wêreldse huwelik is egter vir God definitief geen verbintenis nie, en daarom net so ontbindbaar as die wêreldse mense en al hulle ooreenkomste wat by voorbaat al niks anders is dan pure hoerery, waardeur die kinders van die satan in hul jammerlike bestaan gebring word. Julle is nou volledig man en vrou, en één vlees vir God. Amen!”
[20] Na hierdie woorde van My, omarm hulle mekaar en begroet mekaar met `n kus.
[21] Dat dié snelle huweliksvoltrekking in die hele Kis `n groot opskudding veroorsaak, en dat Kisjonah nou selfberaad hou oor `n ryke bruidskat, is heel vanselfsprekend.
|
|
|
|
|