Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

BY SIGAR. DIE PUT VAN JAKOB:

Hoofstuk 26 - Sigar. Die vrou by die put van Jakob

7 Daar kom `n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink
8 want Sy leerlinge het na die stad gegaan om voedsel te koop.

26 Terwyl ek tevergeefs wag vir `n houer vanaf die klein dorpie, kom `n Samaritaanse vrou van Sigar presies op die regte oomblik op hierdie warm dag met `n houer om `n smaaklike verfrissende lafenis van Jakob se put op te trek. Eers nadat sy met `n tou die houer gevul met water opgetrek het, sonder om My raak te sien, spreek Ek haar aan deur te sê: “Vrou, Ek het dors, laat Ek van jou waterbeker drink.”

9 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat `n man van Judea is, van my vra om te drink terwyl ek `n Samaritaanse vrou is? Want die Judeërs hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.

[2] Die vrou, wat opmerk dat Ek `n Judeër is, is heeltemal verbaas en sê na `n rukkie: “Is U nie een van hulle wat ek ontmoet het soos hulle die dorp binnegekom het en my gevra het waar hulle kan kos koop nie? Hulle was trotse Judeërs. Te oordeel aan U gewaad, moet U ook `n Judeër wees en ek is `n Samaritaanse vrou. Hoe is dit dat U my vra om water te drink? Julle, julle trotse Judeërs, wanneer julle gehelp wil word, is selfs `n Samaritaanse vrou goed genoeg vir julle, maar andersins neem julle geen meer notisie van ons nie. As dit vir my moontlik was om die hele Judea met hierdie houer water te verdrink, sal ek maar te bly gewees het dat U die verlangde water van hierdie beker drink. Maar andersins sal ek eerder sien dat U van die dors sterf eerder as om aan U selfs `n druppel water daarvan aan te bied.”

10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die Gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou Lewende Water gegee het.

[3] Ek spreek: “Jy praat so omdat jy in jou waarneming blind is. As jy die gawe van God gesien en herken het en Wie die Een is wat met jou praat wat gesê het: ‘Gee vir My water om te drink’, dan sou jy Hom op jou knieë vir ware water gesmeek het, en Hy sou jou van die lewende water laat drink het. Ek sê vir jou, wie ookal glo wat Ek vir hom sê, vanuit sy liggaam sal dieselfde lewende strome van water vloei soos wat geskryf staan in JesaJaH 44: 3 en JôWEl 3:1.”

11 Die vrou sê vir Hom: Heer, U het nie eens `n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die Lewende Water?

[4] Die vrou sê: “Dit wil voorkom of U goed onderrig is in die Skrifte. Maar omdat ek waarneem vanuit U versoek vir water om te drink dat U sekerlik geen houer het om water te trek uit hierdie diep put nie, waar niemand dit ook met sy hand kan bereik nie, sal ek graag wil weet hoe U sal regkry om dit van elders te verkry? Of wil U my in `n bedekte manier intimideer dat U begeer om `n verhouding met my aan te knoop? Ek is nog jonk en aantreklik genoeg want ek is nog nie dertig jaar oud nie. Maar so `n voorstel deur `n Judeër aan `n mees veragte Samaritaanse vrou sal te verbasend wees, aangesien julle wilde wesens verkies bo ons Samaritaanse nasie. Daar is geen kans dat ek oorreed gaan word om dit te doen nie.

12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?

[5] Wie en wat is U dat U dit waag om so met my te praat? Is U dalk meer as ons voorvader Jakob, wat vir ons hierdie put gegee het waarvan hy self gedrink het, so ook sy kinders en sy beeste? Wat gee U voor om te wees? Kyk, ek is `n arm vrou, want as ek ryk was, sou ek nie self in hierdie hitte gekom het om `n verfrissende drankie te kry nie. Wil U, as `n Judeër, my nog meer ellendig maak as wat ek alreeds is? Kyk na my klere, wat kwalik my naaktheid bedek, en dit sal duidelik vir U wees dat ek arm is. Hoe kan U van my, `n arm, ellendige vrou verwag om U, `n trotse Judeër, eers te vra om toegelaat te word om u te dien in wellus? Skaam jou, as jy daaraan dink. Maar eintlik lyk U nie of U so is nie en daarom bedoel ek nie regtig wat ek so pas vir U gesê het nie, maar aangesien U eerste met my begin praat het, sê vir my in eenvoudige taal wat U bedoel met lewende water.”

13 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;

[6] Ek spreek: “Ek het alreeds vir jou vertel dat jy blind is in jou waarneming en daarom is dit te verstane dat jy nie die betekenis van My Woorde sal kan en sal wil begryp nie. Waarlik, Ek het ook vir jou vertel dat wie ookal in My Woorde glo, van sy lendene sal strome van lewende water uitvloei. Waarlik, ek is al vir dertig jaar in hierdie wêreld en het nog nooit aan `n vrou geraak nie, waarom sal Ek jou nou skielik begeer? O, jou blinde, dwase vrou, en as Ek wel `n verhouding met jou wil aanknoop, sal jy verseker weer dors word en sal moet drink om jou dors te les.
[7] (a) As Ek jou egter lewende water aangebied het, is dit voor die hand liggend dat ek jou lewensdors vir ewig wou les. Want waarlik, My Woord, My lering is sulke water.

14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word `n Fontein van water wat opspring tot in die Ewige Lewe.

[7] (b) Want wie ookal van die natuurlike water van hierdie of enige ander sal drink, sal weer dors word. Maar een wat die geestelike water (My lering) drink (aanvaar met geloof in sy hart), wat net Ek kan gee, sal nooit weer dors word nie, want die water wat Ek aan enigiemand gee, word `n innerlike fontein wat opspring tot Ewige Lewe.
[8] Sien, jy maak van My `n trotse, arrogante Judeër, maar voorwaar, Ek is met My hele siel ootmoedig en vol van die diepste nederigheid. Daarom, wie nie so nederig wil word soos wat Ek is nie, sal nie kan deelneem in die Koninkryk van God wat nou na die aarde toe neergedaal het nie.
[9] Terselfdertyd is die lewende water wat jou aangebied is, die alleenlike ware bewuswording van God en die Ewige Lewe vanuit God, wat dus opwel van God, die lewe van alle lewe, in die mens as Ewige Lewe waar dit `n onuitputbare, alomteenwoordige lewe word, wat terugvloei in God se lewe in en in God een en dieselfde vrye aktiewe lewe voortbring. Waarlik, dit is die water wat ek jou aanbied. Hoe kon jy my so misverstaan?”
15 Die vrou sê vir Hom: Heer, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
[10] Die vrou sê: “Gee dan vir my daardie water, sodat ek nooit meer dors sal wees nie en nie langer al die moeite sal hê om hiernatoe te kom om water te trek vanuit hierdie put nie. Want ek woon aan die anderkant van die dorp en moet `n hele ent stap om hier te kom.”

16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.

[11] Ek spreek: “O, vrou, jy verstaan nie. Daar is geen sin in om met jou te praat nie, aangesien jy werklik onkundig is aangaande die geestelik dinge. – gaan terug dorp toe, roep jou man en kom met hom terug na My toe. Ek sal met hom praat, want hy sal my sekerlik beter verstaan as jy. Of is jou man ook soos jy dat hy ook sy natuurlike fisiese dors met die geestelike water van nederigheid wil les?”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205