Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Aankoms van Philopold. Vervolg van die regsitting

237 Toe die eerste opwinding oor die gebeurtenis ietwat afgekoel het, kom die aan ons bekende Philopold uit Kana daar aan, wat dadelik na My toe kom en My wil vertel hoe hy in Kana alles gereël het.

[2] Maar Ek begroet hom baie vriendelik, en sê aan hom: “Ek weet alles alreeds; jy is My leerling, gaan nou na My ander leerlinge, want hulle sal jou baie te vertel hê. Ek het vannag nog veel te bemiddel. Maar môre al sal ook ons die nodige met mekaar bespreek; want jy moet `n bekwame werktuig vir My word.”

[3] Philopold gaan nou na die leerlinge en byna op dieselfde oomblik meld die opsieners dat reeds al die uitgenooides uit Kapernaum en Gorasin aangekom het, en hulle vra wat daar nou moet gebeur.

[4] Ek sê: “Bring hulle eers na hulle kinders toe, en gee hulle te eet en te drink! Ons sal intussen `n buitengewone sitting hou met die twaalf fariseërs.”

[5] Die opsigters gaan weg en Faustus vra My of dit nie beter sou wees dat Ek die twaalf verhoor en dat hy slegs as griffier moet optree nie.

[6] Maar Ek sê: “Nee, broer, dit sal nie gaan nie; want vir hulle geld maar net jou amptelik gesag en daarom dra jy ook die ring van die keiser as teken van jou mag aan jou regterhand, en daarby nog die swaard en die staf; jy moet hulle dus self verhoor. Maar Ek sal jou wel voorsê wat en hoe jy moet ondervra, en hulle sal jou nie ontsnap nie! Laat ons daarom maar gou tot die geveg oorgaan; want die nag is nie meer so jonk nie.”

[7] Daarom gaan ons toe dadelik na die Geregshuis, waar die twaalf met hulle dertig belangrikste handlangers, goed bewaak deur `n sterk wag, met groot angs en vrees op die Hoofregter sit en wag; want hulle het nou geen tyd en geleentheid meer om êrens `n tiental vals getuies op te soek nie, wat vir hulle sou gelieg, en op die leuens ook nog gesweer het; want die tempel beloof `n besondere barmhartigheid aan elkeen wat ten gunste van die tempel en al die dienaars `n vals eed aflê as die omstandighede dit vereis. Maar vooraf moes so iemand natuurlik behoorlik ingelig wees, welke in hierdie geval absoluut onmoontlik was.

[8] Onder begeleiding van Kisjonah, Baram, JonaEl, Jaïrus en die engel ArgiEl asook die onderregter en `n aantal skrywers, gaan ons nou die geregsaal binne.

[9] Dadelik met ons binnekoms vra die vernaamste fariseër woedend aan Faustus: “Wat vir `n manier is dit om ons priesters van God, terwyl ons ons sonder meer al tot alles wat verlang word, bereid verklaar het, nou nog soos gewone boewe gevange te hou? Sowaar as wat ons dienaars van God is: - as julle ons nie dadelik ons volle vryheid gee nie, dan sal God weet om dit te bestraf!”

[10] Faustus sê: “Wees rustig, anders is ek genoodsaak om julle tot rus te dwing; want ons het nou besonder belangrike sake met mekaar te vereffen! Luister nou aandagtig na my!

[11] Ek het al eerder aan u gesê dat, volgens my, julle groot skat presies lyk soos dié een waaroor ek u al eerder ondervra het. Op één punt na is dit my nou alles goed duidelik oor die aanslag op die belastinggelde en ander skatte wat van Pontus en Klein-Asië na die keiser in Rome versend is, en toe vermis geraak het, en dit is die volgende:

[12] Die belastinggelde en die ander skatte word, volgens die gegewens, deur byna `n kwart legioen Romeinse soldate begelei; dit kon dus nie so maklik gewees het om so `n geweldige begeleiding te oorweldig, uit die weg te ruim of minstens op die vlug te laat slaan nie.

[13] Dat die gelde en skatte regstreeks deur uself deur lis en geweld of deur julle nog sluwere kollegas van die Romeinse leiers gesteel is, is vir my heeltemal duidelik; daar het ons ook geen bewys meer voor nodig nie, omdat ons daar intussen meer dan honderd getuies voor het; maar, soos gesê, daar ontbreek slegs nog maar hoe en op watter manier dit gebeur het, en ten slotte nog die juiste bedrag, hoe groot dit was, sodat ek in staat sal wees om saam met die gelde en ander skatte `n juiste verslag na die keiser in Rome te stuur.”

[14] Die vernaamste fariseër sê: “Heer, hierdie laster is te grof, dit moet van ons afgeneem word! Al het u duisend vals getuies teen ons, dan sal dit u tog weinig help; want ons staan te stewig in ons skoene en u sal ons met al u mag tog geen haar kan aanraak nie! Bespaar u daarom maar al die verdere moeite, want van nou af aan sal u geen antwoord meer waardig geag word nie, behalwe één tot u verderf!

[15] As u die fariseërs tot op hede nog nie geken het nie, dan sal u hulle nou, of ten minste binnekort, leer ken! Want so `n ontsettende beskuldiging kan ons nooit op ons laat rus nie. Vanweë die bosbeskadiging was ons toegeeflik, hoewel ons volgens ons wette nie hoef toe gegee het nie; maar ter wille van die liewe vrede het ons u hoogs onregverdige oordeel aanvaar. Maar daar kom ons nou op terug, en as u so misdadig sou wees om ook maar iets van die goud, die pande of die skatte aan te raak, dan sal u dit nie net honderdvoudig moet vergoed nie, maar dan is dit ook met al jou glorie totaal afgeloop! Want op hierdie oomblik sal die mense in die tempel al weet wat hier op so `n allerbrutaalste manier met ons gebeur.”

[16] “So”, sê Faustus, “dus, op hierdie manier wil u uself uit die val uitred? Goed en wel, nou weet ek dan ook baie presies wat ek met u moet doen! Julle verhoor is nou afgehandel; die saak is deur honderd getuies vasgelê, en julle skuld is bewys! Meer sê ek nie aan u nie, en ek stel `n ultimatum - die geregsdienaars staan buite:

[17] As julle dertig handlangers wil praat, dan behou hulle hul lewens; as hulle egter nie wil praat nie, dan word hulle, netsoos u, nog vannag onthoof! Dan sal u wel besef hoeveel vrees ek vir u het!”

[18] Na hierdie baie koelbloedige, kragtige taal van Faustus kom al dertig handlangers na vore en roep: “Heer, spaar ons lewens; ons wil vir u haarfyn beskryf hoe dit gebeur het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205