Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

`n Jong Griek vertel die fariseërs goed die waarheid

117 En die jong man wat kort tevore so goed gepraat het, sê deur die solderluik: “Sou die hoëpriester in Jerusalem dit miskien ook met duisend osse, tienduisend esels en honderdduisend skape tot stand kon bring?

[2] Hierdie komiese vraag gee aanleiding tot veel gelag, selfs by die fariseërs. Maar tog reageer `n skrifgeleerde en sê aan die jolige spreker bo in die solderluik: “My beste, moenie te veel waag nie! Want die arms van die hoëpriester omspan die hele aarde en wie daaronder tereg kom, word vermorsel! Die hoëpriester hoef glad geen dode op te wek en geen jiglyers gesond te maak nie; want al daardie soort dinge het maar slegs met die vlees te make en nie met die gees van die mens nie, en is `n saak vir dokters en nie vir priesters nie. Begryp jy dit?”

[3] Die spreker sê: “Vriend, as hulle tot so iets in staat sou wees, dan was dit ook `n saak vir priesters; maar juis omdat hulle so iets vir al die skatte van die aarde nie tot stand kan bring nie, moet hulle ten slotte natuurlik wel met `n trotse gesig toegee en sê: 'Dit lê nie op die weg van die priesters nie, wat slegs maar vir die gees van die mens moet sorg!’ Ek vind egter dat dit tog ook `n uitermate sterk geestelike versorging is as `n arts aan `n meisie wat volkome dood is, die gees en die siel teruggee. Veral as sy volkome dood is en voor ons oë aan `n kwaai koors gesterf het - dus aan `n kwaal waaraan niemand nog nooit half gesterf het nie!

[4] Toe God Adam uit enkel klei geskep het, was hierdie skepping slegs stoflik en buiten God self was daarby niks geesteliks nie.

[5] Toe God daarna in die dooie vorm `n lewende siel en daarin `n denkende gees inasem, was dit geen stoflike, maar `n geestelike werk in die hoogste mate van God en aan die vorm van die eerste mens op aarde! En toe hierdie wonderdokter Jesus uit Násaret, hier waar ons almal by was, dieselfde doen met die dogtertjie van die owerste, was dit, na my wete, tog ook `n baie geestelike werk met `n geestelike versorging!”

[6] Die skrifgeleerde sê: “Dit is iets waarvan jy geen begrip van het nie, hou dus maar liewer jou mond!”

[7] Die jong man sê: “As ek nog `n Judeër was, dan sou ek my mond wel gehou het; maar aangesien ek nie `n Judeër, maar `n eerlike Griek is en `n aanhanger van die heerlike leer van Sokrates, sien ek nie in waarom ek vir die Judeër-priesters my mond moet hou nie; ek ken hulle teenswoordige ontsettende dom leer maar al te goed.”

[8] Die skrifgeleerde sê: “En wat vind jy as heiden dan so dom aan die ou, suiwer goddelike leer van die Judeërs? Is Moses en die profete vir jou almal effens verhewe en vind jy hulle leer dom?”

[9] Die jong man sê: “Nee, Moses en al die profete wat van julle dieselfde sê as wat ek nou vir julle sê, beskou ek as hoogsuiwer en goddelik wys! Maar julle voorskrifte, waarvan Moses en al die andere profete nooit maar oor gedroom het nie, vind ek buitengewoon dom!

[10] Hoe dien julle God? Mis, vuilheid en vieslikheid verbrand julle op die altaar wat aan God gewy is en die vet osse, kalwers en ramme eet julleself op en offer julle aan julle buike wat nooit gevul raak nie. Die goddelike suiwerheid van julle leer het julle verwerp en wie van julle dit nou waag om die suiwere te onderrig, die behandel julle soos julle tot nou toe al julle profete behandel het!

[11] Hoe lank gelede is dit dat julle Sagaria in die tempel vermoor het?

[12] Sy seun Johannes predik die waarheid te Betábara en roep julle gewetenlose misdadigers in die heiligdom van God op tot boetedoening en tot terugkeer na Moses en sy suiwere leer; en wat doen julle met hom? Waar kom hy tereg? Hy verdwyn; - sover ek weet is hy een nag deur wrede moordenaars vermoor!

[13] Nou is Jesus van Nasaret as ‘n profeet van God opgewek en doen werke wat net vir die almagtige gode moontlik is, en julle hou Hom met arendsoë dop! Wee Hom as Hy dit sou durf waag om soos ek, teen julle en teen julle mees walglike lering, geskep deur julleself, en nie deur Moses nie, ‘n woord te uiter. Julle sou Hom dadelik van die ergste lastering teen God beskuldig en Hom uit dankbaarheid, omdat Hy julle dogters opgewek en julle kreupeles weer herstel het, stenig of selfs aan die folterpaal nael!

[14] Want die hoofsaak vir julle is om te heers en om julle buike met lekker lewe so vet moontlik te voer! Wie julle daarin wil beperk en wil laat terugkeer tot Moses, is julle vyand, en julle het genoeg middele om hom uit die weg te ruim!

[15] Daarom verag ek julle soos vuil, stinkende aas omdat julle wesenlik die grootste vyande van God en al Sy mense is, en altyd sal bly! Ek is ‘n heiden – en herken hier in die Man Jesus die suiwerste Krag van God en in sulke volheid soos wat die ganse aarde tot nou toe nog nooit belewe het nie!

[16] Hierdie werke, soos wat nog nooit van gehoor is nie, werk Hy nie deur die vlees nie, maar deur die almagtigste, suiwerste Gees van God, wat in alle volheid in Hom woon!

[17] Kyk, dit herken ek, die een wat deur julle tot ‘n blinde heiden verklaar is! Wat herken julle dan aan Jesus Wie bloot alleen deur ‘n Woord, sonder enige medisyne, julle dooies opwek en ons kreupeles laat spring soos jong herte?!

[18] Nou vra ek vir julle blindes: Wie moet Hy wees vir Wie dit alleen maar ‘n Woord van Wil kos om storm en wind te laat bedaar, die dooies te laat opstaan en die lammes te laat begin spring asof hulle in hulle wese tot herte verander is?”

[19] Deur hierdie werklik baie waar en moedige rede het hy al die fariseërs en skrifgeleerdes sonder uitsondering so geweldig vertoorn dat hulle hom van woede en grimmigheid sou verskeur as hulle hom in die hande kon kry. Maar weens die groot volksmenigte was dit nie moontlik nie en ook nie raadsaam nie; want die volk het oor hierdie jong man gejubel wat uiteindelik tog die moed gehad het om die uiters hoogdrawende fariseërs en skrifgeleerdes se neuse regtig hard in die volle Waarheid te vryf!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205