|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 129
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Belewenisse in die hiernamaals van die opgewekte Cornelia
129 Die dogter sê: “Ja, ja, nou herinner ek my weer heel duidelik dat ek baie siek was; tydens my siekte kom daar `n soete slaap oor my ooglede, ek raak aan die slaap en het `n wonderbaarlike, heerlike droom gehad. Na watter kant ek ookal gekyk het, oral was lig en niks anders as lig nie en in die lig vorm in sigself `n wonderbaarlike heerlike wêreld. Onbeskryflik pragtige tuine sien ek, omstraal deur die helderste lig en die een glansrykheid na die ander word sigbaar. Maar geen lewende wese skyn hierdie heerlikhede te bewoon nie, en toe ek so vol verbasing hierdie groot prag bekyk en daar maar steeds geen lewende wese te sien was nie, begin ek banger en banger te word by al hierdie onbeskryflike prag. Ek begin te huil en te roep; maar van geen enkele kant kry ek selfs deur `n sagte eggo iets wat na `n antwoord klink nie. Toe word ek al treuriger tussen die steeds groterwordende glansryke dinge.
[2] Toe ek so treurig en weemoedig neersink en hard na u, my vader, begin roep, kyk, toe kom hierdie Vriend meteens uit die tuin gestap, gryp my hand en sê: 'Staan op my dogter' Toe verdwyn al die heerlikhede wat my treurig gemaak opeens het en ek ontwaak, terwyl hierdie Vriend my nog aan die hand vashou. Ek kon my nie direk al die dinge herinner wat ek gesien het nie; maar toe my volle herinnering my as`t ware uit die hemele teruggegee word, herinner ek my alles wat ek in die droom gesien en beleef het weer net soos wat ek dit nou aan u vertel het.
[3] Dit kom my nou buitengewoon vreemd voor dat ek dus, soos uit hierdie bed blyk, werklik vir hierdie wêreld dood was en tog in die droom voortgeleef het. En nog merkwaardiger is dit dat die adellike Vriend wat in my droom na my toe gekom het, hier nou net so is as wat ek Hom in my droom gesien het.
[4] Maar nou vra ek u, my liewe vader, of hierdie lewe van my wat hy my nuut gegee het, nie aan Hom toebehoort nie. My hart is diep bewoë en dit lyk vir my dat ek buiten Hom, my liefde nooit aan geen enkele man sou kan gee nie. Mag ek Hom bo alles liefhê, meer as u, my vader, en meer as alles ter wêreld?”
[5] Cornelius word met hierdie vraag verleë en weet nie wat om daarop te sê nie. - Maar Ek sê aan hom: “Staan jou dogter dit wat sy nou voel toe, want slegs dit sal haar die lewe in al sy volheid gee!”
[6] Toe sê Cornelius: “As dit dan so is, moet jy hierdie vriend bo alles liefhê, want die Een wat jou, terwyl jy dood was, deur Sy Krag en Mag die lewe kon gee, sal jou nooit kwaad kan doen nie; want as jy weer sou sterf, dan sou Hy jou sekerlik weer die lewe kan teruggee! Daarom mag jy Hom bo alles liefhê, net soos ek Hom ook uit die diepte van my hart liefhet!”
[7] Ek sê: “Wie My liefhet, het ook die Een lief wat in My is en Sy is die Ewige Lewe. Al sterf hy dan ook duisendmaal in sy liefde vir My, dan sal hy tog tot in ewigheid lewe.” Vele wat dit hoor, dink toe by hulleself: “Wat beteken dit? Kan `n mens dit sê? En kan `n mens dit doen wat Hy doen?!”
[8] `n Romein wat op daardie tydstip `n gas was by Cornelius, voer nou die woord en sê: “Vriende, `n wyse het eenmaal gesê dat elke groot man vervul is met die gode se asem. As daar egter ooit `n man is wat die sterkste deur die gode beadem was, dan is dit beslis hierdie Jesus, wat volgens aardse maatstawwe wel van geringe afkoms skyn te wees. Maar die gode hou nie van die praal van die aarde nie en as hulle die aarde ooit betree, verberg hulle hulleself altyd agter so `n nederig moontlike uiterlike, en laat slegs deur hulle dade aan die sterflikes weet wie en wat hulle werklik is. En dit sal ook by hierdie origens baie eenvoudige man die geval wees. Julle kan weliswaar meen en dink wat julle wil; maar ek sê vir julle dat Hy `n God van die eerste rang is! Want `n dooie kan nie weer deur `n sterflike opgewek word nie!
[9] Ook al wek die een of ander seun van Eskulaap deur allerlei balsems, olies en salwe `n skyndooie weer op, dan is `n dooie wat op hierdie manier opgewek is tog nie so lewendig en gesond soos wat Cornelia nou hier is nie, wat vir my nou lewendiger voorkom as wat sy ooit was. Dit is my mening en ek is self volkome oortuig dat dit so is; julle mag dink wat julle wil!”
[10] Ek sê: “Wie gelyk het, glo ook dat dit so is. Ek vra julle slegs om die vriendediens, naamlik om dit wat julle almal gehoor en gesien het, dat julle voorlopig daaroor sal swyg en niemand iets daarvan sal sê nie; want julle weet hoe sleg die wêreld is!” Hulle beloof My dat hulle dit alles streng vir hulleself sou hou.
[11] Hulle swyg wel die paar dae wat Ek met My leerlinge in die huis van die owerste bly. Toe Ek egter daar weggaan, word die voorval vinnig in die hele Galilea bekend. (Matthéüs. 9: 26) Dit kon Ek wel verhinder het, as Ek die vryheid van die wil van die mense sou ingeperk het, wat baie weinig moeite vir My sou gewees het. Maar omdat Ek die vrye wil van die mens moet eerbiedig, waarsonder die mens `n dier sou wees, moes Ek dit natuurlik toelaat, al was dit nie volgens my orde nie, en wat die saak bepaald geen goed gedoen het nie.
|
|
|
|
|