Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Gedragsreëls vir regters en wetgewers

174 Toe die son ongeveer na `n uur in `n kwalik te beskrywe prag en majesteit opkom, raak almal in `n verhewe stemming en was so ontroer dat hulle trane in hulle oë gehad het en die mense sing psalms tot eer van Hom wat dit alles so pragtig, goed en glansryk geskape het.

[2] Die oue Tobias sê na die feestelike oggenduur: “O Heer! Dit is `n ander tempel as die in Jerusalem, wat voortdurend vol vuil en vieslikheid is! Hoe baie het ek in my lewe psalm na psalm gesing, terwyl my hart daarby droog was soos tien jaar oue strooi en so koud was soos `n blok ys. En hoe warm staan ek nou voor my Almagtige Skepper! Hoe baie was ek in die tempel en hoe bly was ek as ek die altyd stinkende voorhowe daarvan kon verlaat; en hier sou ek `n ewigheid wou bly en die groot God wat al die tallose glansryke dinge geskape het, wil prys uit die diepte van my hart wat so warm is van liefde! Goeie Heer, hoe kan ek U dank vir hierdie heilige hoë lewensvreugde, wat ek nog nooit voorheen beleef het nie?”

[3] Ek sê: “Wie so na buite gaan en van God se skepping geniet en so `n warm gevoel het en wil weet wat hy daarvoor aan sy God en Skepper verskuldig is, soos dit nou by jou die geval is, die het reeds vir My daarmee al die beste en aangenaamste dank gebring.

[4] Bly in die vervolg vervul met sulke gevoelens en gewaarwordinge en sluit jou hart nooit vir die arm broer nie, ook al was hy eers jou vyand; dan sal jou mettertyd `n groot barmhartigheid uit die hemele ten deel val! As jy allerlei sondaars sien, veroordeel en verdoem hulle dan nie; want - begryp My goed – dit is meestal nie hulle wat sondig nie, maar die gees wat hulle daartoe aanvuur. Jy kan nie weet deur watter gees hulle gedryf word nie. Daar is baie wat in hulle vroomheid heel gemaklik hoogmoedig kan word en wat dan gou vanaf die vermeende hoogte van hulle deug met veel veragting en afsku sou wou neersien op die sondaars, waardeur hulle dan self onbewustelik nog groter sondaars sou word as diegene vir wie hulle verafsku; dan kom daar `n gees en verlei sulke mense tot die een of ander sonde, en hierdie trots geworde held van die deug ondervind dan aan sy lyf dat hy nog lank geen God is nie, maar slegs `n heel gewone swak mens.

[5] So `n mens word dan weer nederig en doen boete, waarvoor hy vroeër, toe hy nog gedink het dat hy so `n deugsame held was, veels te verhewe gevoel het!

[6] En daarom moet niemand `n sondaar haat omdat hy `n sondaar is nie; elkeen doen goed en voldoende as hy slegs die sonde self haat en verafsku! Maar `n hardnekkige booswig wat één geword het met die sonde, moet jy nie die hand reik nie! As hy daardeur egter vir sy verbetering heel tereg in die ellende gekom het, dan moet jy aan hom dink en as hy jou iets vra, dan moet jy daarna luister. En as jy `n misdadiger ter dood veroordeel sien, moet jy geen vreugde voel oor sy treurige lot nie, ook al sou hy selfs sy misdaad waarvoor hy nou die dood ingaan aan jou huis gepleeg het; want weet dat dit nie onmoontlik is dat so `n misdadiger ook in die ander wêreld verlos kan word nie!

[7] Liefde moet in alles die vernaamste lewenselement wees van elke mens! Geregtigheid wat nie in die liefde gewortel is nie, is vir God geen geregtigheid nie; en diegene wat as regter so oordeel, is vir God dan ook `n tienmaal groter sondaar as diegene wat deur hom veroordeel word, en God sal hom eendag net so onbarmhartig veroordeel as wat hy sy naaste veroordeel het.

[8] Veroordeel daarom niemand en verdoem ook niemand nie, ook al het hy hoe grof teen jou gesondig, dan sal ook jy later nie veroordeel en verdoem word nie; want die maat waarmee iemand meet, is dieselfde as wat vir hom later in die ander wêreld gebruik sal word. Die strenge, volgens welke wet dan ook nog so regverdige, maar tewens koue, liefdelose regter sal eendag hoor dat net so `n streng, regverdige en onverbiddelike oordeel oor hulle uitgespreek word; ywerige geregsdienaars en skerpregters sal egter nooit God se aangesig sien nie!

[9] Wie `n dief en moordenaar vang, het goed gehandel as hy hom aan die wettige gereg oorgegee het; maar die regter mag nooit vergeet dat die misdadiger, solank as wat hy in hierdie wêreld leef, nog geen volledige duiwel is nie, maar `n misvormde, verleide mens; dat die mens op alle moontlike maniere nog kan probeer om te verbeter voordat hy as `n onverbeterlike duiwel ter dood veroordeel word.

[10] By die reg moet dit egter so wees dat so `n veroordeelde nie dadelik gedood word nie, maar `n mens moet hom een hele dag vyf handbreedtes bo die grond met hande en voete aan `n paal gebonde laat hang.

[11] Toon hy dan opreg en smekend dat hy sy lewe wil verbeter, dan moet hy van die paal losgemaak word en na `n goedgekeurde en `n regverdige liefde gebaseerde verbeteringsinrigting gebring word, maar dan nie vrygelaat word voordat dit duidelik aantoonbaar is dat hy homself wel verbeter het nie. As die misdadiger aan die paal egter gedurende die hele dag geen teken ter verbetering gee nie, dan is hy `n volkome duiwel en moet daarom ook, as hy nog leef aan die paal, na sonsondergang gedood en daarna saam met die paal op die teregstellingsplek verbrand word.

[12] Ek sê dit aan julle, sodat julle julself in die toekoms daarvolgens kan rig, want julle was ook regters en dit is julle nog steeds by die fariseërs en julle sorg vir die grafte van die oorledenes en die teregstellingsplekke van die misdadigers.

[13] Geseënd is hy wat hom daarvolgens sal rig; sy naam sal skitter in die ewige lewensboek!

[14] Maar nou gaan ons weer na benede na die hutte; Kisjonah het al `n beskeie ontbyt klaargemaak en wag op ons met sy vrou en sy dogters.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205