Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

`n Groot genesingswonder; die jong fariseër Agab word leerling van Jesus

182 Aangekom by die huis van Baram, vind die jong fariseër dit al geheel en al omring van siekes en gestuurdes en hy vra aan iemand of Ek al op was. Daarop antwoord `n ou, eerlike Griek hom: “Ja, Hy is al op en was al `n keer voor die huis; maar toe roep ou Baram hom vir ontbyt waarna Hy weer na binne gegaan het.”

[2] Die jong fariseër vra: “Wat het hy dan voor die huis gedoen?”

[3] Die Griek sê: “Niks nie, behalwe dat Hy sy oë opgehef het na die hemele en dat dit gelyk het of Hy op `n bepaalde manier krag daaruit geput het; maar Sy blik was die van `n groot veldheer waar miljoene mense en diere hierdie wenke moes gehoorsaam! In Sy gesig sien jy iets baie vriendelik, maar tegelykertyd `n erns, soos wat my oë nog nooit gesien het nie. Ek was bly dat Hy my nie reg in die oë gekyk het nie, want werklik, dit gee ek openlik toe, ek sou Sy blik nie kon verdra nie! En tog voel ek myself met `n onbegryplike krag tot Hom aangetrokke en ek sou dit nie kon weerstaan het nie, as Baram Hom nie vir die ontbyt uitgenooi het nie!”

[4] Die jong fariseër sê: “Wat dink jy nou van hom na dit? Wat kan daar na alle waarskynlikheid in Hom steek, wie en wat kan Hy wees, volgens jou gewoonlik weldeurdagte oordeel?”

[5] Die ou man sê: “Ek is weliswaar `n Griek, soos julle altyd sê, `n heiden wat aan veelgodery glo; maar in wese is ek net so min `n heiden as jy en ek glo maar aan één allerhoogste goddelike Wese! Maar die Wonderman sou my baie maklik daartoe kon bring om aan al die baie gode te glo; want as hy nie ten minste `n halfgod is nie, dan is ek nie `n mens nie!”

[6] Die jong fariseër sê: “Ek sou hom werklik ontsettend graag wou sien! As mens maar in die huis kon kom, dan sou ek wel gou kennis met hom kon maak! Om met so `n man te kan praat moet tog wel uiters belangrik wees!”

[7] Terwyl die jong fariseër dit nog sê, kom Ek na buite en roep hom, deur te sê: “Agab, seun van Thomas van Toreh, kom; as jy honger en dors na die Waarheid, sal jy versadig word!”

[8] Die jong fariseër sê verbaas: “Heer! Ons het mekaar nog nooit ontmoet nie en U was na my wete nog nooit hier in Jesaïra nie! Hoe kan U dan vir my en my vader ken?!”

[9] Ek sê: “Ek weet nog veel meer oor jou en jou hele familie, maar dit is nou nie belangrik nie; maar dat jy die nag oor My gewaak het en veel gewaag het, dit is van groot waarde vir My en die opoffering sal vir jou nie onbeloon bly nie! Kom!”

[10] Daarna kom Agab vinnig tussen die volk deur na My toe en kan nog steeds nie daaroor kom dat Ek dit alles geweet het nie.

[11] Ek sê vir hom: “Wees nie so verbaas nie, want jy sal nog getuie wees van baie ander dinge! Dit is baie goed dat jy die oudstes tuis gelaat het; hulle sou die mense in hulle geloof gesteur het en sonder geloof sou al die siekes moeilik gehelp kon word. As die mense genees is, dan kan hulle altyd nog kom om hulle tempel- en geldsakgewetes te bevredig. Bly jy daarom voorlopig hier en laat hulle op jou wag totdat Ek klaar is! Ek weet daarvan. Jy het hulle weliswaar `n leuen vertel; maar vir so `n saak vergewe God altyd so `n sonde! Begryp jy dit?”

12] Die jong fariseër antwoord: “Ek ken die wet goed en weet dat Moses gesê het: ‘Jy mag geen valse getuienis spreek teen jou naaste nie!’ `n buitengewoon respektabele gebod, - wat egter helaas deur niemand minder gerespekteer word as juis deur my kollegas nie, want hulle sê dat `n vals getuienis ten gunste van die tempel en haar dienaars, God welgevallig is en dat `n ware getuienis ten nadele van die tempel en haar dienaars, vervloek is en dat die waarheidsliewende getuie teen die tempel en haar dienaars gestenig moet word!

[13] Moses het dit weliswaar nie so geskrywe nie, maar die tempelpriesters sê en leer dat die geskrywe woord in die boek dood is, maar dat hulle die lewende boek is waarin God daagliks Sy wil deur `n engel laat opskrywe; en op die wyse het ons nou al `n totale nuwe boek gekry, wat presies die teendeel voorskryf van wat Moses en die profete geleer het!

[14] Volgens die nuwe tempelvoorskrif is derhalwe die leuen op die juiste oomblik en vir `n goeie doel nie slegs goedgekeur nie, maar is in bepaalde gevalle selfs `n gebod, veral as daar tempelbelange op die spel is! Want wie kan bewys dat hy die beste en hardnekkigste ten bate van die tempel kan lieg, hy het veel aansien in die tempel.

[15] U weet miskien wel dat mense altyd vóór die feeste die tempel suiwer, waardeur `n hoeveelheid mis en allerlei vuilgoed versamel word. Omdat die mis te droog is en te veel grond en sand bevat - is dit kwalik die moeite werd om weggegooi te word; maar daar is bepaalde waaragtige misprofete. Hulle trek die hele land deur en verkoop die mis in die kleinste hoeveelhede; vir `n hoeveelheid met die gewig van `n eier vra hulle meestal `n silwerling! Die tempelmis word dan aangeprys as die siel van die ander missoorte, waarmee die liggelowiges hulle akkers bemes en hulle dink en glo dan dat hulle akkers en velde sonder die tempelmis glad geen vrug op sou oplewer nie en dat as dit tog vrugte sou voortbring, hulle God se seën sou ontbeer en daarom aan niemand wins sou toebring nie.

[16] Dikwels gebeur dit dat sulke misprofete nie genoeg het van die vrag mis wat hy uit die tempel gehaal het en in al die streke te koop aangebied het nie: onderweg vul hulle hulle vragte weer aan met die eerste en die beste mis wat hulle op straat kan vind en verkoop dit as egte tempelmis, sodat uiteindelik elkeen van die honderd misprofete tienmaal soveel mis verkoop het as wat hulle in die tempel opgetel het. Kyk, in hierdie geval is die eerste verkope eintlik al `n groot bedrogspul, omdat die tempelmis veel slegter is as enige ander stalmis; maar dit is nog nie genoeg nie, - die blinde en verwarde mense moet uiteindelik ook nog die mis van die straat af as egte tempelmis koop!

[17] Maar dit is niks! Omdat die bedrog tot die voordeel van die tempel gepleeg word, is dit nie net geen sonde nie, maar dit word selfs beskou as `n deug - en, omdat dit die tempel welgevallig is, dan natuurlik ook vir God! - O Moses!

[18] Laat iemand dit nou egter net waag om die volk te vertel dat die tempelmis so goed as geen uitwerking gehad het nie of hy wys hulle ten minste op die tweede bedrogspul waarby mense straatmis ook as tempelmis verkoop; dan word hy vervloek as sondaar teen die tempel en moet hy welgesteld wees as hy heelhuids daarvan wil afkom!

[19] En net soos die mis is daar nog honderde ander gevalle wat alles leuens en bedrog is; wie dit aan die volk onthul, Heer, mag JaHWeH met hom medelye hê en barmhartig wees!

[20] Dat ek aan my ou kollegas gelieg het, sien ek self as geen sonde nie, veral omdat ek hier `n Man soos U beskerm teen die vervolging van my kollegas, waaraan elkeen blootgestel is as hy volgens hulle vermoede ook maar `n vonkie beter insig en helderder verstand het as hulle. Maar behandel U nou maar die siekes, anders mag die ou skurke nog eerder hier opdaag voordat dat ek hulle gaan haal!”

[21] Ek sê aan Agab: “Kyk, hulle is almal reeds genees! Die blindes sien, die lammes loop, die dowes hoor, die stommes praat en almal wat met watter kwaal ookal hierheen gebring is, is nou weer vol lewe en geheel en al gesond! Ek sal hulle nou maar sê dat hulle maar huistoe moet gaan en dan kan jy jou kollegas hierheen bring en hulle vooraf vertel wat jy hier gesien het.”

[22] Toe sê Ek aan almal wat genees was dat hulle huistoe moes gaan en waarsku hulle almal dat hulle die gebeure nie in die land moet rondvertel nie en veral nie in Jerusalem nie, as hulle uiteindelik daar sou kom. Almal belowe My dat hulle niks sal praat nie en bedank My vervolgens met trane in hul oë.

[23] En Ek sê weereens: “Gaan nou, - julle geloof help julle; maar pas op dat julle voortaan nie meer sondig nie, anders sal die tweede kwaal erger wees as die eerste!” Toe vertrek al die geneesdes en loof en prys God wat die mens so `n mag gegee het.

[24] Agab sê baie verbaas: “Nee, so iets het `n mense-oog nog nooit gesien nie! Geen seremonie, geen woord en geen aanraking nie! Nee, dit is sterk, dit is teveel op één slag vir `n beperkte mens soos ek! Hulle word werklik almal heeltemal gesond sonder medisyne, sonder gebed, sonder woord en sonder om aan hulle te raak! - Heer! Lê dit tog vir my uit, hoe dit vir U moontlik is!”

[25] Ek antwoord: “Dit kan jy nie nou begryp nie; maar as jy My leerling wil word, dan sal jy dit wel insien en begryp. Maar gaan nou en stel jou kollegas op hoogte, as jy wil!”

[26] “Ja, ek gaan nou”, sê Agab, “en ek sal dit vir hulle so vertel soos wat hulle dit die graagste wil hoor! Ek sal hulle die mooiste sand in die oë strooi, sodat hulle totaal blind sal word; want daarvoor het ek baie talent. Van alles wat hier gebeur het, kry hulle niks te hoor nie! Die genesing van die besetene van gister is voldoende; van dit wat vandag gebeur het, sal hulle, soos gesê, niks hoor of sien nie!”

[27] Dan sê Ek: “Goed, goed; doen wat jy die beste vind! Ons is vriende; maak jou los en volg dan vir My, dan sal jy die Waarheid en die lewe vind en deur die Waarheid vry word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205