Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die gelykenis van die skat in die akker

198 (Die Heer:) “As julle opregte kinders van God wil word, belowe dan nooit iemand iets waaraan jy jou nie kan hou nie - of wat nog erger is -waaraan jy jou om watter rede dan ook nie wil hou nie; voorwaar, Ek sê vir julle, `n afspraak of `n belofte wat nie gehou word nie, is die ergste wat bestaan!

[2] Want met toorn sondig julle in julleself en doen julle allereers julleself skade aan; wie ontug bedryf, die begrawe sy siel in die gerig van die vlees en skaad ook weer homself; maar die ergste van al die kwade is die leuen!

[3] As jy aan iemand belowe het om iets te doen en daar ontstaan dan omstandighede waardeur jy jou nie by jou belofte kan hou nie, gaan dan dadelik sonder versuim na die een aan wie jy iets belowe het en vertel hom baie eerlik wat daar aan die gang is, omdat die wagtende in daardie geval ander weë en middele kan aangryp om betyds uit die een of ander nood te raak.

[4] Wee die een egter wat beloftes doen wat hy nie hou nie as hy dit wel kan doen, want daarmee veroorsaak hy `n omvangryke kwaad; want die wagtende kan dan nie sy plig nakom nie, en diegene wat hulle hoop op hom gestel het, kan ook nie verder nie; en so is dit moontlik dat so `n onbetroubare belofte duisende in die grootste verleentheid en droefenis kan stort; en dus is `n gebreekte belofte die mees teenoorgestelde van naasteliefde en daarom die grootste kwaad!

[5] Dit is beter om `n harde hart te hê, omdat dit niemand ydele hoop gee nie en as `n mens weet dat `n mens van iemand met `n harde hart niks kan verwag nie, dan soek `n mens ander middele om iets in stand te hou. Maar as iemand iets wat aan hom beloof is, verwag, dan gaan hy geen ander weë en middele gebruik nie. As die oomblik daar is waarop die wagtende sy sake in orde wil bring en diegene wat hom beloof het, hom in die steek laat sonder dat hy vooraf gewaarsku het dat hy sy belofte om die een of ander rede wat natuurlik waar moet wees, nie sal kan hou nie, dan is so iemand net soos die satan. Hy het die mense al vanaf die eerste begin deur hulle profete ook die pragtigste beloftes gemaak, maar het nooit één daarvan waar gemaak nie en daardeur tallose in die grootste ellende gestort!

[6] Behoed jou daarom bo alles vir sulke toesegginge en beloftes wat jy nie kan nakom nie en wat jy, wat nog erger is, om watter rede dan ook nie wil hou nie; want die opperste duiwel sien dit graag.

[7] Wees liefdevol en regverdig in alle dinge; want die regverdige sal eenmaal in die Ryk van hulle Vader straal soos die son op die helderste middag!

[8] Wie ore het om te hoor, laat hom hoor. (Matthéüs. 13:43) Want Ek wil julle nog `n paar gelykenisse van die hemelryk gee:

[9] Die hemelryk vergelyk ook met `n verborge skat in `n akker, wat deur `n mens gevind word en snags begrawe hy dit haastig in `n volgende akker, omdat die skat te groot en te swaar was en hy hom nie na sy huis kon dra nie omdat dit te ver was. Baie vrolik gaan hy toe na sy huis, verkoop alles wat hy het en koop die akker ten koste van alles (Matthéüs. 13:44); want die skat in die akker was duisende maal meer werd as wat hy vir die akker gee en nou kon hy, omdat die akker syne was, die skat sonder gevaar uit die akker haal en niemand kon hom die besit daarvan bestry nie. Nou kon hy rustig die skat in sy nuwe huis inbring, wat hy saam met die akker gekoop het en hy hoef nie meer in die sweet sy aanskyn vir sy onderhoud te werk nie; want hy kon nou deur sy skat in die grootste oorvloed lewe. Begryp julle die gelykenis?”

[10] Die leerlinge antwoord: “Ja Heer, die gelykenis is duidelik; want die vinders van die skat is hulle wat U woord hoor, en die akker is die nog wêreldse hart van die mense, wat hulle deur die volg van U woord eers nog geestelik vir hulleself moet koop, omdat U woord in die hart hulle volle eiendom word en hulle daarmee dan al die goeie vir hulleself en hulle broers kan doen!”

[11] Ek sê: “Julle het die gelykenis goed begryp, want so gaan dit met die ware hemelryk. - Maar luister nou na `n ander gelykenis.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205