Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In Sigar en omgewing:

Wonderlike gebeurtenisse in die huis van die vrou in Sigar. Die geneesheer en die Samaritaanse wetsgeleerde

33 Haar geneesheer, wat vroeër ook saam met haar gekom het, het homself vooruit gehaas om `n oorvloedige maaltyd en die beste inwoning vir My deur sy diensknegte voor te berei. Toe hy egter sy huis binnetree was hy uit die veld geslaan deurdat sy mense alreeds amper klaar was met alles wat hy van plan was om te reël. Toe hy tot verhaal kom, vra hy wie dit versoek het. Hulle sê egter: “`n Jong man met die mees glorieryke voorkoms het gekom en baie vriendelik gepraat:  ‘Doen dit, want die Heer wat na hierdie huis toe kom, het al hierdie dinge nodig’. Toe ons hierdie ongelooflike ding hoor, het ons alles neergesit en is nog steeds besig om dit wat hierdie seldsame jong man ons versoek het,te doen.”

[2] Die geneesheer sê in sy verbasing: “En waar is hierdie seldsame jong man?” Maar die diensknegte antwoord: “Ons weet nie, want hy het die huis verlaat onmiddellik nadat hy dit versoek het en ons weet nie wat van hom geword het nie.” Die geneesheer sê egter: “Moenie dat dit julle afskrik nie, `n groot seëning het oor hierdie huis gekom, en julle sal almal deel wees daarvan.”

[3] Daarmee haas die geneesheer homself weer uit die dorp uit om aan My te vertel hoe alles gereedgemaak is.

[4] Hy hardloop hom nietemin nog in `n klomp aards-Mosaiëte vas, wat hom voorkeer en hulle sê: “Vriend, dit is nie reg om jou so te haas op `n Sabbat nie, ken jy nie al die verskillende maniere waarop die dag van JaHWeH onteer kan word nie?”

[5] Die geneesheer antwoord: “Julle Mosaïese beterweters! Julle beskou hardloop op `n Sabbat as `n sonde, alhoewel die son alreeds onder is, wat dit nou na-sabbat maak. Wat noem julle die ontering van julle vrouens en diensmeisies, waar julle op `n sabbat met hulle hoereer, ontug pleeg en vermeng (egbreek)? Het Moses dit beveel op JaHWeH se dag?” Die Samaritane sê: “Ons sal jou met klippe doodgooi oor sulke praatjies as dit nie vir die Sabbat was nie, maar ons sal jou hierdie keer laat gaan!” Die geneesheer antwoord: “Nou toe nou, julle taal en manier is natuurlik hoogs van pas, veral op `n tyd waar die Messias inderdaad buite die hekke van Sigar verwyl, waarheen ek haas om aan Hom mee te deel dat alles vir Sy verwelkoming in Sy huis gereed is! Het julle nie gehoor wat vandag buite die hekke van ons stad plaasgevind het nie?”

[6] Die Samaritane sê: “Ons het verseker gehoor dat `n Judese geselskap buitekant by die put gekamp het en dat `n Judeër, waarskynlik die voorbok, Homself as die Messias voordoen. Weet jy as geneesheer nie dat die Judeërs `n voorliefde het om ons arme dwase op hierdie manier vir die gek te hou nie?! Hierdie Een sal `n mooi Messias wees! Dink jy ons ken Hom nie?! Is ons dan nie ook van Galilea nie, en van jou geloof, vas in Moses se verordeninge nie? Maar omdat ons van Galilea is, ken ons hierdie Násarener wat die skrynwerker se Seun is. Hy het Sy smaak vir werk verloor, daarom sal Hy homself as `n brutale instrument van die fariseërs laat gebruik, waar Hy van die toorkuns gebruik sal maak wat Hy geleer het, waarop Hy Sy Massiagskap sal wil bewys! En donkies en osse van jou soort, eet sy verleidelike praatjies vir soetkoek op. Hulle moet almal gevang en gegesel word en oor die grens gesmyt word soos modder en drek!”

[7] Die geneesheer antwoord: “O, julle blindes! Hier agter by my huis wag Engele op Hom wat vir Hom voedsel, drank en beddegoed van die Hemele af bring en julle praat so! Mag JaHWeH julle straf hiervoor!”

[8] Toe die geneesheer dit uitgespreek het, word tien van hulle onmiddellik stom en niemand kon verder nog een woord uiter nie. Hulle het stom gebly vir die volle twee dae van My verblyf in Sigar. Die geneesheer verlaat hulle egter en haas homself na My toe.

[9] Toe hy daar aankom, sê hy: “Heer, U huis is gereed! Daar is wonderwerke aan die gang, maar op pad na U toe, o Heer, het ek sekere snoodaards teëgekom wat `n vieslike getuienis van U probeer gee het. Maar hulle geskreeu het nie vir lank gehou nie! U Engel het hulle oor die mond geklap en almal behalwe twee is met stomheid geslaan. Hierdie twee het vreeslik geskrik en het op die vlug geslaan. Al hierdie dinge, o Heer, het slegs in `n halfuur plaasgevind!” Ek sê: “Hou goeie moed, dit moes gebeur het, sodat hulle wat alreeds in My Naam glo, nie van Ons weggewys sal word nie! Laat ons egter nou gaan, en jy, My dierbare Samaritaanse vrou, moet nie jou skepding vergeet nie!” Die vrou trek onmiddellik vars water om saam met haar huis toe te neem. Dit het `n halwe dag geneem by Jakob se put buite Sigar, en `n goeie oes is vir hierdie dorp afgehaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205