|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 146
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
In Kis en op die berg van kis:
Bekering van Kisjonah, die tollenaar
146 Nadat Ek hierdie toespraak beëindig het, kom daar uit die volksmenigte `n tollenaar na vore wie se hart al lank van liefde vir My gloei, hoewel hy van menige sonde bewus was. Hierdie man val voor My neer, raak met sy gesig die grond en sê:
[2] “O Heer! Hier in die stof lê iemand voor U wat wel `n groot sondaar is, maar wat U tog bo alles durf liefhet. Kyk, Heer, dit is al ruim tyd vir middagete; as ek werd is dat U onder my dak kom, dan wil ek U en al U leerlinge aan tafel uitnooi! Ek en my huis is te onrein en sondig vir U; maar in my kombuis is suiwer kos en drank voorberei. O, bewys my arme sondaar die barmhartigheid dat ek vir U die kos deur skoon hande hierheen mag bring!”
[3] Ek sê: “Kisjonah! Staan op, Ek sal met jou saam na jou huis gaan en by jou die middagete geniet! Jou huis sal `n groot verlossing te beurt val, nie vanweë jou sondes nie, maar oor jou ware liefde en nederigheid; daarom is ook al jou sondes jou so vergewe asof jy nooit gesondig het nie!”
[4] Daarop kom die tollenaar Kisjonah orent en Ek gaan met hom en baie leerlinge sy huis binne. Goed meer as honderd persone word daar ryklik versorg en die beste wyn ontbreek nie.
[5] Behalwe My leerlinge was daar egter ook nog `n groot volksmenigte uit al die plekkies van Galilea en Judea versamel, wat My tot by die huis van Kisjonah begelei het; en Kisjonah laat hulle, omdat hulle by My was en daar in die huis geen plek vir hulle was nie, buite brood en wyn gee.
[6] By so `n geleentheid ontbreek natuurlik die fariseërs nooit nie, wat My vanuit Kapernaum oral heen volg. Omdat hulle My weer opgewek en vrolik sien eet en drink, en sien hoe Ek ook aan tafel die berouvolle tollenaars - wat volgens die Judeërs verstokte sondaars is - in alle vriendskap die hand reik en hulle selfs My beste vriende noem, het Ek dit weer gedoen by die fariseërs en ander aartsjode.
[7] Hulle vererg hulle veral dat Ek na ete arm in arm met die tollenaars in `n pragtige, groot, aan die meer liggende tuin gaan wandel en ook teenoor die vyf aardige dogters van Kisjonah heel hartlik en vriendelik was, omdat hulle met `n egte en diepe liefde vir My vervul was. Ek noem hulle selfs ook heel liefdevol en vriendelik “My liewe bruide”, wat die fariseërs geheel en al ontsettend sondig vind!
[8] Toe Ek ook nog teen die aand die uitnodiging aanneem om die nag daar oor te bly en Ek Kisjonah ten slotte vrywillig belowe dat Ek ten minste vir drie dae en miskien nog langer by hom sou bly, toe was die gort behoorlik gaar vir die fariseërs en aartsjode. “So”, sê hulle, “met sulke gespuis, met sulke aartsondaars en tollenaars hou Hy hom op, eet en drink saam met hulle op die vriendskap, drink gewoonweg te veel en wandel dan as `n vername Heer met die sondige dogters van die aartsondaars, tree aardig teenoor hulle op en gebruik ten slotte heel soete en tedere woorde om sulke aartshoere die evangelie van God te predik, pleks van om ons te gebied om hierdie monsters te pak en te verbrand! Dit sou `n mooie Messias vir ons wees! Noudat die vyf wulpse hoere hom ingepalm het, wil Hy daar nog God weet hoe lank bly.
[9] Laat ons weggaan! Wat moet ons verder nog by Hom doen? Ons weet nou presies wat ons aan Hom het. Ons is nou tog al hoe lank by hom en het een van ons Hom al ooit sien bid? Wie het Hom ooit sien vas? Hy hou geen rekening met die sabbat nie, die grootste aartsketters en heidene, Grieke en Romeine, tollenaars, aartsondaars en wulpse, meegaande hoere is sy vriende en vreugde, en daarby nog goeie etes en baie bekers uitgelese wyn!
[10] Kortom, Hy is niks anders nie as: ten eerste `n verfynde towenaar uit die skool van Pythagoras wat sy werk goed verstaan! Daarby is Hy `n goeie redenaar, wat enige towenaar wel moet wees om sy kuns beter aan die man te kan bring. Weliswaar neem Hy daarvoor geen geld aan nie; maar is dit nou so prysenswaardig? O, dit doen al die towenaars die eerste jaar, om so des te gouer beroemd te word; maar as hulle dit eenmaal is, dan het konings dikwels nie genoeg skatte om sulke kunstenaars tevrede te stel nie!
[11] Waarvoor sou Hy trouens geld nodig hê? Eet en drinke kry Hy verniet soveel Hy wil - en meer het Hy nie nodig nie! In die tweede plek is Hy `n gulsigaard en drinkebroer en iemand wat met sondaars omgaan, en wens vir Homself geen ander lewetjie nie. En ten derde het Hy God en Sy wette nie nodig nie; want Hy dink dat Hy self God is of ten minste Sy seun, wat ons God van Abraham, Isak en Jakob by die aan ons maar al te bekende Maria van Násaret verwek moes hê. Wie van ons is so dom dat hy nie dadelik dwarsdeur so `n onbekookte, regte heidense towerstreek sou sien nie?
[12] In één woord, ons weet nou genoeg en dit is hoog tyd dat ons van Hom af weggaan; anders doen Hy ons nog iets aan en is ons reddeloos aan die duiwel uitgelewer! - Kyk nou tog gou hoe Hy die vyf dogters van die gehate tollenaar vlei en hoe hulle Hom letterlik aanbid! Ek wed duisend pond teen `n stater dat hierdie profeet en heiland, as hy nou na Jerusalem toe kom, maar al te gou met die koningin van al die hoere, die wêreldberoemde Maria van Magdala, baie intiem kennis sal maak en met haar `n hegte vriendskap sal sluit - en miskien ook met Maria en Martha van Bethanië, waarvan manne sê dat hulle ná Maria van Magdala die meeste besoekers kry!”
[13] Maar toe sê `n ander wat ietwat beter oë het aan die eerste spreker wat `n fariseër is: “Jy het weliswaar nie heeltemal ongelyk nie; maar as jy nogeens terugdink aan die byna eenderse toneel in die huis van tollenaar Matthéüs, toe ons daar ook so geoordeel het, maar desondanks deur Sy wyse woorde enorm op ons plek gesit is en almal van ons met ons mond vol tande staan! Wat moet ons doen as Hy hier ook weer teenoor ons begin uitvaar? Sou jy dan wel al die verantwoordelikheid vir ons op jou wil neem?”
[14] Die eerste sê: “Ek weet wel waar jy dit oor het, want ek was toe ook daarby. Hy sal ontsettend baie uitvlugte bedink; daarvoor is Hy dan ook `n redenaar en `n belangrike towenaar. Maar ons moet ons verstand gebruik; en ons verstand waarsku ons nou en sê: “Gaan, voordat julle julle heeltemal aan die duiwel oorlewer!” En so `n raadgewing van die verstand sal ons hopelik tog wel opvolg”? Of wil ons ons regtig aan die duiwel oorlewer? In Godsnaam nee! Dit is ewig verre van ons almal; want Abraham is ons vader, en sy Vader is God, en daarom laat ons ons nie net soos die heidene deur hierdie towenaar beetkry nie!”
[15] Toe sê die tweede weer: “Maar Sy leer is suiwer en volledig in ooreenstemming met die natuur van die mens en daar is heeltemal niks duiwels aan nie! Ek is dit nie heeltemal met jou eens nie, want Moses leer ons in feite dieselfde as hierdie Nasarener.
[16] God liefhê bo alles en die naaste soos jouself, kwaad nie met kwaad vergeld nie, selfs aan die vyande goed doen en hulle seën wat ons vervloek, daarby nederig en vol sagmoedigheid te wees - dit sien daar regtig heeltemal nie duiwels uit nie!”
[17] Die eerste sê: “Sekerlik nie vir jou nie, want jy is al van die duiwel! Weet jy dan nie dat die duiwel juis dan die gevaarlikste is as hy hom laat sien in die ligtende gewaad van `n engel?”
[18] Die tweede sê: “As jy sulke ou-wyf-gepraat as rigsnoer vir jou lewe neem, dan is daar met jou ook geen sinvolle woord meer te praat nie! Waar vind jy dan die os of die esel wat ooit `n satan in die gewaad van `n engel van God gesien of gehoor praat het? Waarlik, nou doen jy saam met al jou swartkykers hierdie man `n onreg aan!
[19] Ons weet niks kwaads van Hom nie, maar wel baie goed en ongehoord wonderbaarliks. Waarom moet ons Hom dan dadelik veroordeel as ons sien dat Hy ook met sondaars soos met regverdiges omgaan en baie geduld en liefdevolle agting vir hulle het?”
|
|
|
|
|