Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die geestelik tehuis van die mens. Reis na Kis. Vader, Seun en Heilige Gees

194 Nou vra die leerlinge wat aan die roer sit: “Heer, waarheen sal ons nou gaan?” Ek sê: “Reguit na die huis!” Die leerlinge sê daarop: “Heer, daar sal ons so goed as vergaan, want die fariseërs het U aardse moeder alles afgeneem en ons dink daarom dat dit daar by die huis ietwat bedenklik daar uitsien, alhoewel ons baie duidelik weet dat U eintlik orals `n huis het en tuis is.”

[2] Ek sê: “Julle sou nou tog wel vertroud moet wees met die praat in `n geestelike sin! Wil Ek dan na Násaret, as Ek sê dat ons nou reguit huistoe sal gaan? Begryp dit nou tog een maal! As Ek oor tuiskoms praat, dan bedoel Ek daarmee die innerlike van die mens, wat die werklike geestelike versamelplek is van die Lewe, die Krag, die Mag en al die Wysheid. Dus gaan ons nou daarheen! Ons het innerlike geestelike rus nodig en dit is tuis; daarin - nie vir My nie, maar vir julle - sal ons die Een vind wat vir ons mense van vlees en bloed nodig is! Begryp julle dit?”

[3] Die leerlinge sê: “Ja, Heer, nou begryp ons dit!”

[4] Ek vervolg: “In aardse terme gesê gaan ons nou weer na Kisjonah! In sy huis is ons veilig; want dit is `n vry huis en hy betaal daarvoor aan die keiser `n groot bedrag en die fariseërs sal op `n afstand gehou word. Maar na enkele dae sal ons wel daarvandaan na die aardse vaderland gaan en daar probeer reguitmaak wat nou buitengewoon krom geword het.”

[5] Kisjonah sê toe: “Heer, U kan nie net `n paar dae nie, maar eerder `n paar maande of op die minste weke met al U mense by my, maar in waarheid eintlik geheel en al U huis, deurbring. Want in Násaret sal U, as U geen vuur en swael vanuit die hemele laat reën nie, byna nie of heeltemal gladnie opgeneem word nie, veral deur die fariseërs en skrifgeleerdes wat U eintlik hoe langer hoe meer in die lewe gaan teëstaan!”

[6] Ek antwoord hom: “Vriend, bekommer jy jou nie daaroor nie; want `n mens kan My slegs sover beswadder en kwaad doen as My Vader wat in My is –soos wat Ek in Hom is, dit toelaat; en wat alles toegelaat word tot verlossing van al die mense en ter vervulling van die Skrif, dit weet Ek al `n ewigheid! Al die profete kon nooit so voorspel het as Ek dit nie tevore geweet het nie; want dieselfde gees wat in al Sy volheid in My woon en nou so met jou praat, het ook so met die profete gepraat waarvan jy in die Skrif lees! Maar omdat dieselfde gees nou hier is, moet Hy ook dit vervul wat Hy oor Homself deur die profete geprofeteer het! En het jy daaroor maar geen sorge nie! Want die Almagtige Gees weet wel wat Hy doen!”

[7] Kisjonah verstaan My, swyg, slaan homself dan drie maal op die bors en sê na `n rukkie: “Ek is nie werd dat U by my intrek nie, maar wees my arme sondaar tog genadig en barmhartig en bly `n paar dae as troos by my!”

[8] “Wees maar gerus daaroor”, antwoord Ek. ”Want solank Ek hier op aarde werk het, sal Ek by jou woon, saam met almal wat by My is; jou huis sal vir My `n rusoord wees. Maar vir My werk sal Ek dit dikwels moet verlaat; geestelik sal Ek dit egter nooit verlaat nie!” (Daarmee lê Ek My hand op Kisjonah se hart.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205