Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die bestraffing van die leuenaar en lasteraar

53 Onderweg het Simon Petrus gesê: “Nou begin ek duiselig te word, vanweë wonderwerk op wonderwerk. Wie kan nog nie insien dat hierdie Jesus uit Násaret die Lewende Ware Seun van JaHWeH is nie, hy moet of met `n tienvoudige, paranoïese blindheid geslaan wees, of hy is volkome dood! Siekes word bloot deur `n woord skielik

[plotseling] genees, die blindes sien, die dowes hoor, die verlamdes word lopend gemaak en die met `n ongeneeslike melaatsheid word gesuiwer, asof hulle nog nooit oortree het nie!

[2] Boonop open die Hemele en skares van verheerlikte Engele sweef af hierheen, dien ons en is doenig met ons, so asof hulle, sedert die ontstaan van die eerste mens, die aarde nooit verlaat het nie! Ook is hulle baie mooi en `n mens voel jy wil by hulle heerlike aanskyn beswyk. Wanneer Hy met ongekende Wysheid spreek, hoe luister hierdie pragtige dienaars van JaHWeH, vol van die soetste opgeruimdheid en heilige aandag, en dit boonop so lewenslustig soos swaeltjies op `n mooi somersdag! Waarlik, wie nog kan sê dat hierdie Jesus net `n towenaar is en niks anders nie, moet onmiddellik soos `n os geslag word, want so `n mens kan geen mens wees nie, maar is net soos `n spraaksame dier (wilde wese: vertaler) en daarom behoort hy nie soos `n mens te sterf nie, maar wel soos `n huisdier.”

[3] Terwyl Simon Petrus besig was met sy verbeeldingsvlug en van niks om hom bewus was nie, klap `n ongelowige burger van hierdie stad hom hard op die skouer en sê: “As dit so is, ag ek dit my plig om, as `n redelike mens, te profeteer dat jy as `n ruwe os sal sterf, want jy het in jou lewe nog nie die stadium bereik, om in te sien waartoe `n regte towenaar in staat is nie, en daarom behoort jy nie jou groot mond op `n plek waar ervare en kennisryke mense woon, oop te maak nie!”

[4] Sê Petrus: “ Sê my, jou growwe donker gees, kon jou towenaars ook die siekes deur `n woord heel en die hoë Hemele open, waarheen geen towenaar se hand of verstand kan reik nie?”

[5] Sê die inwoner: “O, jou dom, blinde Galileër, weet jy dan nie dat `n regte towenaar uit elke stok `n vis, of `n slang kan maak nie? Hier was onlangs uit Egipte een wat stokke in die water gewerp het en dit het onmiddellik in visse verander, maar as hy die stokke op die droë grond gewerp het, het dit in slange en adders verander. Wanneer hy in die lug geblaas het, het die lug vol sprinkane en ander vlieënde insekte geword, en wanneer hy wit klippe in die lug gegooi het, het hulle in duiwe verander wat weggevlieg het. Hierna het hy `n handvol stof van die pad geneem en dit in die wind gestrooi en dit het verander in ’n menigte van muskiete, so baie dat `n mens skaars die son kon sien skyn. Hierna het hy na die muskiete geblaas en `n sterk wind het ontstaan en hulle soos `n wolk weggevoer. Toe neem hy ons na `n dam anderkant die spruit, waar hy voorheen uit stokke visse tevoorskyn gebring het, en het die water met sy staf geroer en dit het onmiddellik in bloed verander. Nadat hy dit weer geroer het, het dit terug verander in water. Tydens die aand het hy tot die sterre geroep en hulle het soos duiwe in sy hande gevlieg en, op sy bevel, het hulle weer teruggevlieg na hul hoë firmament. Jy egter, het gesê: waar is die mens wat met sy hande tot die hemele kan reik? Dit wat alles hier gebeur het, kan ek aan jou met honderd getuies bevestig. Wat sê jy nou van jou Seun van God uit Nasáret, vir Wie ek goed ken, wie se Seun Hy is en waar Hy alles geleer het?”

[6] Sê Petrus: “As jy darem nie gelieg het soos `n krokodil met sy kindergekerm

[ou Duits idioom] een vir jou leuens die honderd getuies vir `n paar muntstukke omgekoop het nie, dan sal hierdie menigte wat Jesus erken as die Messias, dan mos ook iets geweet het van hierdie wonderwerke wat jy aan ons meegedeel het. Ek sal dadelik vir JonaEl daaroor uitvra. Jy sal jammer wees as jy gelieg het!”

[7] Sê die inwoner: “Hulle sal dit nie kan opklaar nie, want hulle woon nie sulke vertonings by nie, uit vrees vir die towenaar wat dit met behulp van die duiwel doen en vir hulle daardeur leed kan aandoen. Net ons paar dapperes, wat in geen duiwel glo nie, maar wel die kragte van die natuur beter ken, het onsself oortuig en verwonder in dit wat alles vir `n mens moontlik is.”

[8] Sê Petrus: “Jy blyk verseker `n goeie kliënt te wees, maar ek sê vir jou dat jy nie hiermee gaan wegkom en jou tugtiging gaan vryspring nie. Kom nou saam na die owerpriester van hierdie dorp, sodat ons hierdie saak voor hom kan uitstryk.

[9] Sê die inwoner: “Wat gaan hierdie owerpriester my aan; ek is `n Galileër en is meer Grieks as `n Judeër? Hierdie owerpriester is egter `n onnosele fanatikus, terwyl sy vier oudste dogters snags met die goedkeuring van hul moeder, soos die storie loop, skandelike besigheid bedryf, deur ontug te pleeg. Wat sal ek met so `n domkop maak. Ek stel kuns en wetenskap bo alles en ek respekteer egter ware geleerdes en kunstenaars bo alles, maar hulle moet nie voorgee wat hulle nie is nie.

[10] Indien julle bekwame en geleerde Heer in allerlei kunste en wetenskappe gebly het in wat Hy is, sou Hy hoë aansien geniet het onder die Judeërs, Grieke en Romeine. Hy maak egter `n God van Homself, wat baie dom is van Hom en dit behoort tot die vergange donker tye!

[11] Julle mense is op julle manier eerlik en opreg in julle siel, maar buiten visvang, het julle geen deeglike kennis of ervaring nie. Kom ons laat die argument ter syde. Julle kan glo wat julle wil, maar vir ons gaan julle beswaarlik iets wys maak, want ons besit kennis oor allerlei wetenskappe, is redelik vertroud in die towerkunste en daarom weet ons wat om van julle Heer te dink.”

[12] Sê Petrus: “Vriend, jy doen verniet moeite om die Moor/Neger in jou wit te was. Dit gaan hier nie oor wat jy my Heer voor aansien nie, maar wel om vir my, deur jou skynbaar verantwoordelike rede, te laat vergeet dat jy my voorheen verfoeilik belieg het. Laat die owerpriester vir jou net so `n fanatikus wees soos wat hy wil, maar as `n amptelike persoonlikheid in so `n klein dorp, moes hy tog geweet het of hier onlangs `n towenaar doenig was, soos wat jy my meegedeel het. Hierin lê vir my alles en daarom weet ek wat ek hierna van my Heer moet dink.

[13] Sien, ek en vele ander, het alles, selfs vrou en kinders, verlaat om Hom te volg, want ons het dade van Hom gesien, wat vir geen mens moontlik kan wees nie en van Sy preke gehoor, soos wat geen mens voor Hom, of na Hom, ooit sal kan nadoen nie.

[14] Jy het in jou rede `n ander een teenoor my Heer gestel, wat nie my Heer kan oortref nie, maar wat wel gelyksoortige dade kan verrig, waarvoor elke mens `n diepe respek behoort te hê. Dit gaan hier egter oor of dit bewys kan word of hierdie towenaar wel die dade verrig het wat jy genoem het.

[15] As jou getuienis waar is, gee ek jou my woord dat ek my Heer, wie se goddelike kragte ek erken, onmiddellik sal verlaat en terug huistoe sal trek na my familie. `n Vae towenaar volg ek geen tree nie en omdat ek `n ware Judeër is, glo ek meer aan Moses as aan honderdduisend gesiene towenaars. As jy egter, soos wat ek ongetwyfeld vermoed, gelieg het, om my eerbare Heer uit kwaadwilligheid verdag te maak, dan waarsku ek jou soos vantevore – wee jou! Jy sal ook weet dat ek deur die barmhartigheid van my goddelike Heer, sekere dinge kan vermag, sonder om myself aan die mense voor te stel as `n man wat wonders doen!

[16] Kom nou vrywillig saam met my na die owerpriester, wie nou juis in gesprek verkeer met die tollenaar, Matthéüs, wat ook iets van jou towenaar behoort te weet, want hy was ook die hele tyd in die dorp en moet tog iets daarvan weet! Kom nou vrywilliglik saam, anders sal ek geweld gebruik.”

[17] Sê die inwoner: “Waarom geweld, omdat ek nie wil kom nie? Kyk mooi, agter my staan etlike honderde en as jy dit sou waag om jou hand op my te lê, sal dit waarlik sleg met jou gaan!”

[18] Sê Petrus: ”Ek sal my hand nie op jou lê, soos jy jou hand onbeskof op my gelê het nie, maar jy sal steeds daarheen gesleep word. Daar gaan `n skare van God se Engele saam met ons, wat jy skynbaar nie kan sien nie. Dit sal net `n teken kos en hulle sal jou daar hê waar ek jou wil hê en waar jy hoort.”

[19] Sê die inwoner: “As hierdie witgeklede seuns wat julle begelei Engele is, ha, ha, ha, en as dit julle beskermingstroepe is, het ons net `n paar dosyn neushake nodig en julle lê, saam met julle beskermers, buite die stadsmuur!”

[20] Hierdie uitlating het vir Petrus die harnas ingejaag en hy beroep hom dadelik op `n Jeugdige om die inwoner te tugtig. Die Jeugdige antwoord egter; “Ek sal dit graag wil doen, as dit die Wil van die Heer is, maar Hy het my nog geen teken gegee nie en daarom kan ek jou wens nie nakom nie! Gaan solank na die Heer en sê aan Hom dat ek volgens Sy Wil sal handel.”

[21] Petrus het dadelik na My toe gekom en die probleem aan My oorgedra. Terwyl Ek juis voor JonaEl se huis bly staan het, het Ek gesê: “Gaan heen en bring die persoon na My toe!”

[22] Vir Petrus het `n groot steen van sy hart afgeval en hy het hom terug gehaas en aan die jongeling gesê: “Dit is Sy Wil!”

[23] Hierna het die Jeugdige die inwoner aangekyk en dié het begin bewe en het vir Petrus, sonder teëspraak, gedryf deur die Jeugdige, na My toe gevolg! Ek het hom aangekyk en die inwoner het erken dat hy gelieg het en dat hy nooit so `n towenaar gesien het nie, maar het wel praatjies oor so `n towenaar gehoor en dat hy hierdie leerling net versoek het, om te sien of hy vas is in sy geloof, maar het geen bose opset daarmee gehad nie.

[24] Ek sê: “Jy is een wat met `n tweede leuen die eerste leuen wil regmaak. Jy is van die duiwel. Gaan heen dat hy jou beloon, omdat jy so `n getroue dienskneg van hom is.”

[25] Onmiddellik het `n bose gees besit geneem van die inwoner en het hom begin martel. Die inwoner het egter hard begin skreeu: “Heer, help my, ek erken dit luidkeels dat ek gesondig het!”

[26] Ek sê egter: “Van wie het jy gehoor dat die vier oudste dogters van JonaEl hoere sou wees? Erken dit luidkeels, anders sal ek jou laat martel tot aan die einde van die wêreld.”

[27] Sê die inwoner: “Heer, ek het dit van niemand gehoor nie. Ekself het die vier dogters eenkeer in die nag teëgekom, waar hulle besig was om water vanaf die put van Jakob aan te dra, toe ek met hulle gepraat het, om `n slegte ding met hulle te doen. Die dogters het my egter weggewys op `n manier dat ek vinnig padgegee het, maar ek het wraak gesweer en het hulle uit my bose hart sulke skandelike gedrag toegedig en het selfs so `n gerug in die dorp oor hulle rondvertel. Die dogters is ten volle maagde, O Heer, ek alleen is sleg en al die ander is goed en suiwer!”

[28] Hier het Ek die bose gees beveel om van die inwoner te wyk, maar hy moes vir JonaEl vergoed. Hy is egter `n handelaar en het teruggegaan en het vir die dogters tienvoudig meer gebring as dit wat Ek voorgeskryf het en het vir JonaEl en die dogters om vergifnis gevra.

[29] Ek sê egter vir hom: “Die geskenke alleen regverdig nie sulke onreg nie! Gaan heen en herroep alles waar jy oor hulle iewers iets sleg gesê het en daarna sal jou sondes vergewe wees. So sal dit wees en so sal dit geskied.

[30] Die inwoner het belowe om dit onmiddellik te doen, maar vra toe dat indien `n vreemdeling daarvan te hore gekom het en hy nie weet waar hy woon nie, sodat hy sy woorde aan hom kan herroep nie, of Ek hom dit sal oorsien?

[31] Ek sê egter: “Wat moontlik is moet jy doen, die res sal Ek doen en jou sondes sal jou vergewe wees!”

[32] Hiermee was die inwoner tevrede en het gegaan om die kwaad wat hy aangerig het, reg te stel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205