|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 210
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
In Kana in die dal:
Uitstappie na Kana in die dal
210 Die volgende dag onderneem ons `n sogenaamde uitstappie na `n dal wat presies tussen beide bergkettings lê in die rigting van Samaria, deur welke dal tewens `n hoofweg na Damaskus loop en van daaruit verder na al die kleiner en groter plekke van Midde-Asië, wat dan ook die rede was dat die tol van Kisjonah in die plek Kis een van die mees winsgewende in die hele Galilea was.
[2] In hierdie dal lê natuurlik `n groot aantal klein plekkies, waar baie Judeërs en Grieke woon wat hoofsaaklik handel dryf. Die naaste aan Kis, ongeveer twee uur se loop die dal in, lê `n plek wat ook Kana heet, waarom mens dan ook, as mens Kana in die omgewing van Násaret bedoel, daar “in Galilea” aan toevoeg; as mens slegs “Kana” sê, dan verstaan mens daaronder die tweede Kana in hierdie dal, wat al in die gebied van Samaria lê, en waarom dan ook in Kis, as die grensdorp tussen Galilea en Samaria, die grootste tol aan die grens was.
[3] Hierdie Kana word meestal deur Grieke bewoon, sodat teenoor elke Judese familie daar miskien vyf Griekse families was; die Judeërs leef merendeels van akkerbou en veeteelt, terwyl die Grieke hulleself slegs met handeldryf besig hou.
[4] Ons besoek dus hierdie Kana en veral die Judeërs wat daar woon, waarvan `n deel deur die sluwe en listige Grieke dikwels skandelik bedrieg word, en hulle, as eienaars van die land en die grond byna alleen al die belastings en ander laste moet dra, en daarom ook dikwels uit boosheid en droefheid siek of sieklik was.
[5] Toe ons in Kana kom en sowel Judeërs as Grieke Kisjonah sien, wat hulle almal goed ken, kom hulle gou na hom toe, groet hom en vra hom om geduld met hulle te hê, want sowel Judeërs as Grieke was hom groot somme geld verskuldig.
[6] Maar Kisjonah sê: “As ek iets van julle wil eis, dan hoef ek nie self hierheen te kom nie, maar dan sal ek my knegte gestuur het; ek kom egter om vir julle `n groot troos te berei deur wat ek julle almal hier nou in die openbaar meedeel: julle skuld aan my is meer as voldoende betaal, want my en julle Heer het dit betaal en aan my volledig vereffen, en julle kan daarom nou sonder verdere sorge vrolik wees.”
[7] Toe die inwoners van Kana dit hoor, is hulle so uitermate verheug dat hulle beslis wil weet wie en waar die meester is wat hulle so `n groot weldaad en barmhartigheid bewys het, want hulle wil na hom toe gaan en hom dank en eer!
[8] Terwyl Kisjonah sy hand op My skouer lê, sê hy: “Dit is Hy, buig voor Hom julle knieë!”
[9] Toe die inwoners van Kana dit hoor, val hulle almal voor My op hulle knieë en aangesigte en roep: “Ere aan u, volkome onbekende weldoener! Watter goeie en vriendelike dinge het ons u dan ooit gedoen dat u uself oor ons groot ellende wil ontferm?! En omdat u as algeheel onbekende meester en weldoener ons so `n ongehoorde groot barmhartigheid bewys het, vra ons almal wat ons vir u kan doen, sodat ons die geleentheid kan hê om ons U barmhartigheid ietwat meer werd te betoon as waartoe ons nou as volkome vreemdelinge vir U in staat is!”
[10] Ek antwoord: “Wees vanaf hede in alle dinge regverdig; het God bo alles lief en julle medemens soos julleself, want hulle is almal julle naaste, of dit nou vriend of vyand is; doen goed aan diegene wat julle kwaad doen; seën die wat julle vervloek en bid vir hulle wat julle vervolg, dan sal julle as kinders van die Allerhoogste opgeneem word. Daaruit bestaan dan ook die enigste egte dank aan My vir alles wat Ek vir julle gedoen het. Dit is al wat Ek van julle verlang!”
[11] Die Grieke sê: “Heer en vriend! Ons het soveel gode! Watter van die baie gode moet ons dan bo alles liefhê? Zeus, Apollo, Mercurius of miskien `n ander van ons twaalf hoofgode? Of moet ons die God van die Judeërs so liefhê? Maar die God van die Judeërs is waarskynlik dieselfde as ons Chronos; hoe kan ons hierdie buitengewone God bo alles liefhê?”
[12] Ek sê: “Die gode/elohim wat julle Grieke vereer, is niks anders nie as onbeduidende voortbrengsels, deur mensehande uit materie gemaak; en julle kan hulle duisende jare lank vra, aanbid, vereer en meer as julle eie lewens liefhê, maar hulle sal julle tog nooit verhoor en iets goeds vir julle doen nie om die baie eenvoudige rede dat hulle in die lewende werklikheid niks is nie en nie bestaan nie.
[13] Maar die God van die Judeërs, wat die meeste van hulle nou ook nie meer in volle waarheid wil erken nie, en wat hulle in stede van in die gees en in die waarheid van hulle harte, wat ten diepste ware liefde is, slegs maar deur baie smerige en dooie seremonies aanbid en vereer, Hy is egter tog die enige ware, ewige God, wat eens die hemele en die aarde met alles wat daarop, daarin en daaronder is, lewe en beweeg, uit Homself Selfgeskape het!
[14] Ek is Sy ewige Gestuurde en kom nou na julle toe om aan julle en julle kinders hierdie evangelie te verkondig.
[15] Daarom moet julle hierdie God bo alles liefhê en Sy gebooie navolg, wat baie kortliks daaruit bestaan dat julle, soos Ek nou net gesê het, Hom bo alles moet liefhê en julle naaste soos julleself.
[16] Daarby moet julle ook glo dat juis hierdie God, wat My Vader en vanaf alle ewigheid My liefde is, My na die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in My glo, die Ewige Lewe in homself kan hê en so `n kind van die Allerhoogste word!
[17] Bring, sodat julle almal daardeur makliker kan glo, al julle siekes; dan sal Ek hulle almal gesond maak, aan watter siekte hulle ookal mag ly! Gaan daarom en bring hulle almal hier!”
[18] Hulle verbaas hulleself oor My woorde en roep asof uit één mond: “Die plek het `n groot sëen ontvang! Hoe magtig en wonderbaarlik klink die heilige en ware woorde van hierdie groot Weldoener! Waarlik, sulke vriendelikheid en goedheid is sonder arglis, sonder valsheid en sluheid; daarom sal ons ook sonder beswaar alles doen wat Hy ook maar van ons verlang. Want Hy wat vir ons `n vriend word voordat Hy ons nog gesien het, sal dit nog soveel te meer vir ons wees nadat Hy met ons gepraat het en ons in ons groot nood gesien het! Geloofd sy die God van Abraham, Isak en Jakob omdat Hy aan ons gedink het en homself oor ons ontferm het!”
[19] Na hierdie mooi woorde gaan hulle almal vinnig huis toe en bring in aller yl ongeveer tweehonderd siekes na My toe.
|
|
|
|
|