Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die wil van Judas

96 Deur die sarkastiese woorde van Judas raak Thomas byna buite homself van woede en ergernis, en hy wil hom sommer met alle mag te lyf gaan. Maar Ek gaan nou, al byna halfpad na Kapernaum, na Thomas toe en sê: “Broer, so lank as wat jy My rustig en bedaard sien, wees jy dan ook soos wat jy My sien as jy maar dikwels genoeg na My kyk! Ja, as jy eenkeer sien dat Ek slaan, spring dan vinnig op en slaan so hard as wat jy kan! Maar dit is nou bepaald nog lank nie nodig nie. Die nag bly nag ondanks alles wat jy daaraan gaan doen, en Judas sal Judas bly! Hy is nie daartoe verdoem soos die nag nie, wat die natuurlike skaduwee van die aarde is, maar as hy Judas wil bly, dan moet hy dit maar bly; ons bly egter dit wat ons is! Die toekoms sal leer, hoever hy dit sal bring met sy Judas(gees)!”

[2] Thomas sê: “Maar Heer, U sou hom tog van U af kan wegstuur, anders gaan ons nog heelwat moeilikheid kry met hom; want hy verkoop smerige en boosaardige praatjies!”

[3] Ek sê: “Ek het hom nie gevra om te kom nie en sal hom daarom ook nie wegstuur nie; as hy egter wil gaan soos wat hy gekom het, dan sal ons geen traan daaroor stort nie! Maar jy moet uit sy hare uitbly, want julle gaan nie goed saam nie. Vergewe hom egter alles, soos wat Ek hom vergewe het, dan sal jou hart vry wees!”

[4] Thomas sê: ”Wat betref die vergifnis van my kant af, daaroor hoef U geen sorge te hê nie; want ek het beslis nooit `n wrok teen hom gekoester nie, alhoewel ek hom altyd geken het as `n mens waarmee niemand maklik oor die weg kon kom nie; - selfs nie eers die profeet Johannes nie, waarmee hy meermale `n twisgesprek gehad het! Maar ek moet heel eerlik toegee dat dit vir my `n duisendmaal beter sou gewees het as hy nie by ons geselskap was nie!

[5] Toe ek eergister tuis was, het ek natuurlik heelwat oor U dade aan my kennisse vertel, wat hulleself baie daaroor verbaas het. Dit kom egter ook by Judas se ore uit; en hy was die eerste wat besluit het om homself by U aan te sluit! Want die leer van Johannes staan hom nie aan nie, omdat dit niks anders as strenge boetedoening preke en aan elkeen `n onverbiddelike God-gerigte verkondig wat nie tot ware boetedoening wil oorgaan nie; om die rede het hy dan ook meermale met Johannes geredetwis.

[6] Johannes was heeltemal vervul met boetedoening en Judas presies die teenoorgestelde. Hy lê Johannes sonder meer uit dat die sogenaamde “sak en as”-boetedoening die domste ding is wat `n mens in sy lewe kan doen; die mens moet inderdaad hulleself verbeter, maar nie in sak en as nie!

[7] Johannes het weliswaar nie spesifiek sak en as aanbeveel as beslis noodsaaklik vir boetedoening nie; hy het alles die ware dinge vergelykenderwys in sy toesprake na vore gebring en wou daarmee `n grondige verbetering van die mens, wat `n slaaf van sy sondes geword het, aangedui het; maar Judas, wat alles beter wil weet en begryp, was nie daarmee eens dat mens ook deur beelde en gelykenisse onderrig kan word nie, want hy vind dat mense hulleself oor sulke belangrike sake, waar die verlossing van die mense daarvan afhang, altyd in heldere, begryplike taal moes uitdruk.

[8] Die profete was volgens hom pure esels, omdat hulle in beelde gespreek het wat `n mens kon uitlê soos wat `n mens maar wou; dit was slegs aan hulle te wyte dat die priesters, die konings en die hele volk bederf was. Kortom, by hom is elke mens, hoog of laag, `n esel as hy nie dink en handel soos hy nie; en daarom dink ek dat hy nie in ons geselskap sal inpas nie.”

[9] Ek sê: “My beste Thomas! Wat jy My nou vertel het, weet Ek lankal; maar tog bly Ek daarby: As hy wil gaan, dan gaan hy; as hy egter wil bly, dan bly hy! Ek weet nog baie meer van hom en weet selfs wat hy Myself sal aandoen; maar tog moet hy bly, as hy wil bly! Want sy siel is `n duiwel en wil van God die Wysheid leer; maar die gedagte sal hierdie siel nie baie goed doen nie. Maar nou hou ons daaroor op. Daar kom binnekort nog wel `n geleentheid waarby ons by hom die vinger op sy seerplek sal lê. - ons het nou inmiddels binne die mure van Kapernaum aangekom en Ek sien deur die stadspoort `n Romeinse hoofman wat ons vinnig tegemoetkom, vergesel van die owerste Cornelius en sy koninklike familielid; daar moet weer `n sieke genees word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205