Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Nie elkeen kan die Heer liggaamlik volg nie

45 Nathaniël sê: ”Tot hier moes ek jou onderrig, van hier af is alles in die Heer se hand. Wat Sy Wil is, sal ons ook wil en doen, want almal van ons is nog geestelik baie arm. Daarom moet ons by Hom bly, sodat ons die Koninkryk van die Hemele kan beërwe. Ons sal saam met die Heer lyding en vervolging deurstaan, sodat met en in Hom ons behoorlike vertroosting sal hê. In Sy Naam, laat ons lydsaam wees in al ons gedagtes, opinies, wense en begeertes, ook in al ons dade, sodat ons in staat kan wees om ware besit te neem van die ware grond (adamah) wat die WARE LIEFDE VAN God IN ONS HARTE IS.

[2] Ons sal ook nie die land waar die omstandighede onaangenaam en onregverdig is, vermy nie, ons sal honger en dors bly vir Ware Geregtigheid, aangesien ons die Een by ons het wat ons waarlik vir ewig kan bevredig.

[3] En ons sal self uiters barmhartig wees teenoor almal, of hy regverdig of onregverdig met sy handelinge teenoor ons is al dan nie, sodat ons in die oë van die Heer Sy groot Barmhartigheid waardig kan word.

[4] Ons sal ook orals, net soos hier voor julle, ons harte so goed as moontlik bewaak teen moontlike onsuiwerheid, sodat die Heer Hom nie sal wegdraai van ons wanneer ons Hom aanskou nie. Want met `n onsuiwer hart kan niemand God nader en in die gees in alle Waarheid Sy Aangesig aanskou asook die wonders van Sy werke nie.

[5] As ons harte suiwer is, moet ons vredeliewend, geduldig en sagmoedig teenoor almal wees, want `n woedende hart kan nooit suiwer wees nie, aangesien woede altyd uitspruit uit die grond van hoogmoed. Maar as ons harte vredeliewend is, kan ons met vertroue as kinders die Een nader wat ons SEUNSKAP VAN God gebring het, Hyself wat ons geleer het om tot God te bid as ons Vader.

[6] Dit is van geen belang nie, my vriend, as, soos wat jy glo, ons vervolg sal word in ander lande en plekke terwille van ons mees regverdige saak, want ons het Hom en deur Hom die hemele van die hemele. En daarom is ons alreeds hier geseënd, geweldig geseënd, of mense ons liefhet, of verag en ons vervolg terwille van Hom of nie, want Hy is Heer oor alles en oor elke ding. Ons dien Hom bo alles, Hy vir wie die hele hemele gehoorsaam is en altyd bereid is om te dien, soos wat ons onsself gister en gedurende vroeëre geleenthede onsself kon oortuig, en dit alleen is ons hoogste beloning en grootste eer. Daarom, moet nie oor ons bekommerd wees nie, want ons weet en ons herken dit waarmee ons rekening moet hou.”

[7] Die owerpriester was baie verbaas oor hierdie toespraak so vol vasberadenheid en sê: ”Waarlik, as ek nie hier benodig was en nie `n vrou en kinders en ander verpligtinge gehad het nie, sou ek saam met julle gegaan het.”

[8] Nathaniël sê: “Ons het vrouens, kinders en ander dinge gelos en Hom gevolg, en ons vrouens en kinders lewe nietemin. Ek sal jou vertel wat ek daarvan dink. Wie ookal in hierdie wêreld terwille van Sy Liefde, nie alles agterlaat nie, is Sy Barmhartigheid nie waardig nie. Of dit jou nou aanstoot gee of nie, dit is die posisie. My hart vertel my so, en in die hart is alles waar as die gees daarbinne eers ontwaak het tot die lewende denke in God. Hy het ons nie nodig nie, maar ons benodig Hom.

[9] Het julle Hom ooit gehelp om die ontsaglike son bo die uitgestrekte horison uit te lig sodat hy sy hemelse lig oor die wydtes van die aarde kan uitsprei? Of het een van julle ooit die boeie gesien, vergeet daarvan om dit eers na te maak, wat die Heer op die winde plaas, hoe Hy die weerlig en die magtige donder en die see in hul dieptes bedwing? Wie kan ooit aanspraak maak dat hy die Heer in enigiets gehelp het? En as dit dan so is, wie, wanneer hy deur die Heer geroep word om Hom te volg, kan nog oor sy vrou, sy kinders en sy besittings dink en Hom nie onvoorwaardelik volg nie, - Hy, die Heer van alle lewe, van al die hemelliggame en al die wêrelde, vir wie ons so lank gewag het om te kom en wie nou presies so gekom het soos wat al die profete en die stamvaders voorspel het.”

[10] Die owerpriester sê: “As ek maar net nie die owerpriester was nie, sou ek waarlik gedoen het wat almal van julle hier gedoen het. Maar ek is die owerpriester en aangesien julle, soos wat ek gehoor het, slegs hier sal bly vir nog een dag, sal hierdie mense, wat so swak is in die geloof, my soos `n oog nodig hê om te kan sien. Julle sal dus verstaan dat ek hier moet bly, nie soseer terwille van my vrou, my kinders en my besittings nie, maar eerder terwille van hierdie swak gelowiges, wat vir `n geruime tyd nog nie in staat sal wees om hul vasgestelde idees van die verlede oor die natuur van die Messias en die doel van Sy koms te laat los nie. Dit sal `n groot poging verg, maar wat kan ek doen?

[11] Ek glo nou vas dat jou Heer die beloofde Messias is, maar wat van my kudde? Julle het gesien hoe van hulle tydens die predikasie die berg verlaat het. Hulle was ergerlik ongelowig en wat hulle nou met mening sal versprei aan die baie wat nog agtergebly en wat gister nog volkome geglo het, en hulle sal nou ook begin twyfel en nie meer weet wat om te glo nie.

[12] Dink daaraan watter taak ek, wat `n adviseur vir hulle almal is, gaan hê! Maar as ek hulle nie bekeer nie, sal hulle tot aan die einde van die wêreld bly wat ookal julle kan dink, maar nie wat hulle veronderstel is om te wees nie. En kyk, dit is die hoofrede waarom ek hier sal moet bly, en ek is oortuig dat die Heer my nie daaroor Sy Barmhartigheid sal ontneem nie. Alhoewel ek nie liggaamlik in Sy geselskap sal wees nie, sal ek vir ewig geestelik daar bly en onderneem om Hom te dien as `n mees getroue dienskneg en herder ooreenkomstig Sy verkondigde lering, en ek dink dat Hy sal saamstem hiermee.”

[13] Ek sê: “Ja, Ek sal daarvan hou en dit pas My baie goed. Jy sal `n uitstekende stuk gereedskap vir My in hierdie gemeenskap wees en jou beloning in die hemele sal eendag groot wees. Maar nou het die aand gekom, laat ons huis toe gaan. Laat dit so wees!”

[14] Na hierdie woorde stap ons die berg af en keer huiswaarts terug. Daar was nog steeds `n menigte om ons, alhoewel vroeër, toe Ek My predikasie geëindig het, baie al vol ongeloof en ergerlikheid die plek verlaat het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205