Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Belangrike raad vir lewe en gedrag. `n Heerlike belofte aan die wat in die liefde getrou is

139 Ek sê: “Ek het jou al gesê dat jy altyd praat volgens jou wêreldse verstand. Om die wêreld ‘vrede’ te gee beteken dat jy haar nog meer dood gee as wat sy nou tog al in oorvloed het.

[2] Word `n blinde weer siende as jy hom die oë uitruk, of sal `n lamme ooit weer kan loop as jy sy slegte been afkap, of sal die stomme ooit kan begin praat as jy sy tong laat uitsny, of kan die pes deur nog meer pes genees en `n brandende huis met nog meer vuur gedoof word?

[3] Kyk, presies so gaan dit met die wêreldmense nou in hierdie tyd! Geestelik is hulle dood, en buiten die dierlike, natuurlike lewe het hulle geen lewe in hulle nie. Hulle siele is pure vlees en hulle gees is so goed as dood en lyk soos die geeste wat in die gesteentes rus en deur hulle opgelegde gerigte vashoudendheid die anders losse materie saamgebind hou, sodat daaruit klippe van allerlei soorte en vorms ontstaan; sagtes en hardes, sommige deursigtig en andere ondeursigtig en van verskillende kleure, afhanklik van die aard van die gees wat hom daarin bevind.

[4] As jy egter die geeste in die klippe los wil maak uit hulle materie, sal dit jou dan met lou water geluk? Sekerlik nie! Ek sê vir jou: die klip sal onder so `n sagte en vreedsame behandeling net so hard bly as wat dit was en is. Daarvoor is `n magtige vuur nodig om by die geeste in die klip `n groot geveg te veroorsaak; dan verbreek dit gou self die boeie van hul materie en word vry. En kyk, so moet dit hier nou ook gaan!

[5] Wat die geeste in die klip vrymaak, soos vuur, stryd, groot druk en sware, harde slae, dit wek ook die geeste in die menseharte wat verander is in harde klip en stel dit vry, veral die harte van die grotes en rykes wat harte van diamant het, wat deur geen aardse vuur saggemaak kan word nie.

[6] Onthou dus wat Ek vir julle sê: Laat die belaglike, domme waan vaar dat Ek sou gekom het om deur julle, My leerlinge en My knegte, aan die wêreldse mense die vrede op aarde te bring; Ek bring die swaard! (Matthéüs. 10:34)

[7] Verstaan dit goed! Ek het gekom om die nog min of meer sagte seun in beweging te bring teenoor die dikwels al te onbuigsame hardheid van sy vader, en die beskeie dogter teenoor haar heerssugtige moeder, en die sagte skoondogter teenoor haar gierige en afgunstige skoonmoeder! (Matthéüs. 10:35) Ja, die eie huisgenote moet die ergste vyande van die mens wees! (Matthéüs. 10:36)

[8] Waarlik, waarlik Ek sê vir julle: wie sy vader en moeder meer liefhet as vir My, is My nie werd nie; en wie seuns en dogters het en hulle meer liefhet as vir My, is My nie werd nie! (Matthéüs. 10:37) Wie sy las, ook al druk dit so swaar op hom soos die doodskruis van die Romeine, nie gewillig op sy skouers neem en My volg nie, is My heeltemal nie werd nie en hy sal geen deel hê aan die Ryk van God nie. (Matthéüs. 10:38)

[9] Waarlik, Ek sê vir julle: elkeen wat die lewe van hierdie wêreld soek en dit ook gemaklik vind, sal die Ewige Lewe verloor en Ek sal hom nie op die laaste dag, terstond na die aflegging van sy liggaam, opwek nie, maar hom in die hel werp vir `n ewige dood.

[10] Wie egter die "wêreldse lewe” nie alleen nie soek nie, maar dit ook uit ware, suiwere liefde vir My ontvlug en verag, dié sal die Ewige Lewe vind (Matthéüs. 10:39); want dadelik na die dood van sy liggaam sal Ek hom opwek, sodat dit vir hom die eerste dag van die nuwe lewe in die wêreld van die geeste is en Ek sal hom inbring in My ewige Ryk en sy hoof tooi met die kroon van die ewige, onverganklike wysheid en liefde, en Hy sal dan saam met My en al die engele van die ewige, eindelose hemele ewig heers oor al die wêrelde, die sigbare asook dié van die geeste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205