Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In kis:

Weersiens met Jaïrus en JonaEl. Wonderbare hulp van `n engel

195 Nadat ons dit met mekaar bespreek het, bereik ons ook die oewer en juis die aanlêplek van Kisjonah, waarvandaan `n mens dadelik deur sy groot en mooi tuin met die baie ruim geboue en woonhuise van Kisjonah kom, waarin alles al vir ons ontvangs gereed was. Want Kisjonah het in die huis van Baram al in die geheim van My gehoor dat Ek weer na hom sou terugkom en sodoende het hy deur middel van `n kleiner vaartuig dadelik `n bode met `n bepaalde opdrag na sy huis gestuur.

[2] Maar wie tref ons toe ook daar aan? - Jaïrus, die ryk koopman uit Sigar wat die ou kasteel van Esau bewoon en besit het en JonaEl, die reeds bekende opperpriester uit dieselfde stad; beide is deur die engel wat by Jaïrus was, daarheen gebring; want hy het baie belangrike sake met My te bespreek. En dit was dus werklik `n baie aangename, hemelse verrassing.

[3] Toe die twee My sien, word hulle innerlik so bly dat hulle geen woord oor hulle lippe kon kry nie; hulle lê hulle van diepe ontroering en vreugde bewende hande op hulle bors en begroet My so met al die liefde van hulle hart.

[4] Ek sê egter aan hulle: “My beste vriende en broers, Vermoei nie die tong nie; want één woord van jou hart tel by My meer as `n duisend nog sulke mooie woorde wat die tong spreek, waar die hart dikwels nie veel van weet nie!

[5] Herstel eers van julle lang en vermoeiende reis; daarna sal Ek julle vertel wat julle tuis moet doen met die ortodokse Samaritane langsaan julle, beste JonaEl, aangestelde opperpriester vir die niksseggende, blinde diens op Gerasim. Maar soos Ek sê, julle het eers rus en herstel nodig, hou julle dus eers daarmee besig!

[6] Broer Kisjonah, sorg jy vir verversings en maak gebruik van die dienaar van die twee vriende wat uit Sigar hierheen gekom het; want hy is nie moeg nie en hy sal julle flink en goeie diens verleen en hy ken jou huis al so goed, asof hy al baie jare as eerste kneg in jou diens was. Maak dus maar onbesorgd gebruik van hom en laat jou vermoeide mense ook `n rukkie rus; die dag loop al wel na sy einde, maar jou huishouding sal nie daaronder ly as die vermoeides vandag eerder rus nie, want die dienaar sal almal goed vervang.”

[7] Kisjonah sê: “Heer, dat al hierdie dinge by U moontlik is, daarvan is ek vas oortuig en daaroor het ek heeltemal dieselfde mening en dieselfde geloof as ons jong fariseër Agab; maar hoe die baie teer geboude jongeling, wat eintlik net `n seun is, die groot hoeveelheid werk sal kan verrig en ons met alles sal kan bedien, terwyl ons tog `n paar honderd mense hier aanwesig is, dit is, Heer, - hoewel ek nie in die geringste daaraan twyfel nie - te raaiselagtig vir my!”

[8] Ek sê: “Vriend, jy het hier te min melk, kaas en botter; maar bo-op jou berg het jy `n groot voorraad. Laat die knaap eers jou hele voorraad van die berg haal; dit is beter dat jy die voorraad hier het as bo-op die berg, waar `n horde wilde Skithe vannag `n strooptog sal hou op soek na buit.”

[9] “Aha”, sê Kisjonah, ”nou gaan daar vir my `n lig op! Die seun is sekerlik net soos die drie wat ons op die bergtop gedien het.” Ek antwoord: “Ja, maar vra en raai nou nie langer nie, anders word dit te laat!”

[10] Dan gaan Kisjonah gou na die jongeling en bring hom op sy vriendelikste manier sy wense oor. Die jongeling sê: “Beste vriend van my Heer en God, wees gerus; binne `n paar oomblikke is alles in orde, want by my is hier en daar en orals een en dieselfde, en hoewel ek een van die swakstes is, moet die hele aarde tog bewe onder die geweld van my voete!”

[11] Kisjonah was grootliks verbaas oor so `n uitspraak en kon homself beslis nie voorstel wat dit beteken nie en hy merk kwalik van pure verbasing dat die jongman met die laaste woorde die kamer verlaat het om sy opdrag uit te voer.

[12] Kisjonah het nog lank nie sy verbasing oorkom nie en wou My net vra hoe dit tog moontlik kan wees toe die jongeling baie soepel weer voor hom staan en glimlaggend sê: “Wel, u staan nog daaroor en nadink hoe dit moontlik sou wees en dit is alles reeds gedoen! Selfs dit waarvoor jou ywerige skrywers geen geleentheid gehad het om in die dag- en rekeningboeke in te vul nie, vanweë die drukte by die tol, het ek gou vir hulle gedoen - sodat hulle nou heeltemal vry kan wees en klaar is met hulle werk!”

[13] Die geheel oorblufte Kisjonah weet nou heeltemal nie meer waar hy hiermee aan is nie en sê baie verwonderd: “Maar my beste, hoe is dit moontlik? Terwyl jy nog maar net die kamer verlaat het, beweer jy nou dat jy al meer gedoen het as waartoe al my mense wat so hard moontlik werk in `n week in staat is? Dit is vir my tog `n bietjie ongelooflik! Daarvoor sou jy minstens duisend hande moet hê en so gou as `n bliksem moet wees!”

[14] Die jongeling antwoord: “Wel, gaan dan na buite en oortuig uself van alles!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205