|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 234
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244. |
|
|
Die fariseërs in die klem. Hulle roof van die keiserlike belastinggeld word ontdek
234 Nou sink die moed van die fariseërs in hulle skoene, maar een van hulle, wat ietsie meer durf het, sê aan die regter: “Heer, onthef ons van die tweede oordeel! Daarvoor, en in die plek daarvan, verviervoudig ons die bedrag van die eerste, en wel binne agt en veertig uur!”
[2] Die regter sê: “Ek neem daardie aanbod aan; maar tog bly ek by die verbanning vir die volgende tien jaar! Is julle daarmee akkoord?”
[3] Die fariseërs sê: “Heer, ons betaal u dit vyfvoudig in suiwer silwer as u ons die verbanning heeltemal kwytskeld!”
[4] Die Hoofregter sê: “Goed, maar met die voorbehoud van die hooggeregshof dat u tog tien jaar onder toesig staan van die Romeinse polisie, en elke wederregtelike poging om die staat en die staatshoof te bedrieg, of elke verdagmaking van Rome, sowel as elke eiemagtige, aan die gereg vooraf nie meegedeelde en deur die gereg nie toegestane inbeslagneming, waaruit dit ookal mag bestaan en watter naam dit ook mag hê, word direk gevolg deur die tienjarige verbanning na Europa, wat dan nie meer af te koop sal wees nie! Die geld moet egter binne agt en veertig uur hier by die regsaal inbetaal word; één uur later word dit onder die nou milde voorwaardes nie meer aangeneem nie, maar dan tree die eerste oordeel weer in werking.
[5] Nou egter nog iets! Voordat u weer vrygestel word, moet u die name en woonplekke opgee van al die partye waar u so skandalig u pande opgeëis het, sodat ek hulle hierheen kan laat kom en aan hulle die geroofde kinders, vee, koring en wyn kan teruggee!”
[6] Die fariseërs doen hulle bes om aan die opdrag te voldoen en gee presies al die name en plekke op. En die regter stuur dadelik boodskappers na al die aangegewe plekke en binne tien uur kom alreeds al die partye wat in Kis iets te haal het, aan.
[7] Die twaalf fariseërs haal dadelik die dekklede van hulle, met muile ingespande geldwaens af, en almal staan stomverbaas oor die ontsaglike hoeveelheid goud en silwer. Hulle het soveel silwer en goud by hulle dat hulle hul straf maklik nog vyf keer kon betaal het! Dit spyt die Hoofregter dan ook opreg dat hy nie `n hoër straf opgelê het nie.
[8] Maar `n wyse gedagte skiet hom te binne wat maak dat hy die twaalf nogmaals ondervra en aan hulle sê: “Luister, u het die gevraagde weliswaar op die juiste wyse betaal en daarvoor `n kwitansie gekry. Maar nou ontdek ek so `n enorme hoeveelheid geld by u dat dit vir my regtig onmoontlik skyn dat u op wettige wyse aan hierdie hoeveelheid goud en silwer gekom het - werklik, as die keiser nou met al sy kontantgeld hierheen kom, dan sou dit ernstig die vraag wees of dit eweveel kan wees as dié van u! Verklaar u my daarom baie kort en duidelik hoe u aan soveel goud en silwer gekom het; want die saak kom my baie verdag voor!”
[9] Die vernaamste fariseër sê: “Wat is verdag, wat is verdag? Hierdie is die geld wat al die in dié land aangestelde fariseërs, priesters en leviete gedurende vyftig jaar vir die tempel gespaar het; en omdat die tyd nou verstreke is, moet ons dit aan die tempel aflewer. Origens is dit die kleinste bedraggie wat nog ooit uit Kapernaum na die tempel oorgebring is. Dit is slegs maar offers, legate en spesiale stigtingsgelde vir die tempel, en derhalwe volkome regmatig verworwe en byeengebringde gelde.”
[10] Die Hoofregter sê: “Die woord “regmatig” sal ons maar weglaat! Ook al is dit so, dit is nietemin afgeperste en gemene, deur bedrog verkreë erflatings, en met regmatigheid het hierdie rykdom sekerlik baie weinig te make!
[11] Maar pas `n maand gelede is aan my, nes aan al die hooggeregshowe, vanuit Rome die volgende meegedeel: die staat wag al `n halfjaar op belastinggelde uit Klein-Asië en `n deel van die plekke aan die Pontus; dit moes alreeds lankal geïn en versend gewees het, en bestaan uit goud en silwer, edelstene en pêrels - goud en silwer merendeels in ongemunte toestand. Die opgegewe waarde sou wees, enkel goud twintigduisend pond, silwer seshonderdduisend pond en ongeveer net so `n waarde aan edelstene en pêrels.
[12] Ek sien nog vyf oordekte waens; haal die seile daarvan af, sodat ek ook die inhoud daarvan in oënskou kan neem!”
[13] Sigbaar verleë haal hulle die seile van die vyf waens af, en kyk, hulle is vol van allerlei edelstene, merendeels nog in ruwe, ongepoleerde toestand, en `n wa met meer as `n ton inhoudsmaat is gevul met klein en ook groot, nog nie deurboorde, pêrels.
[14] Terwyl die Hoofregter alles noukeurig inspekteer, sê hy: “Ek glo dat dit nou heel duidelik is waar die belasting en die skatte gebly het wat van Pontus en Klein-Asië na Rome gestuur is! Ondanks julle geslepenheid sal dit baie moeilik wees om te bewys dat dit julle regmatige eiendom is; maar ek waag dit om by al die gode en hulle hemele te sweer dat ek die hier voor my lêende en in Rome reeds solank verwagte belastinggelde en ander skatte nou al so goed as in my hande het. Bly julle dus nog maar mooi hier; as die geregshof byeen is, sal ek met `n groot ondervraging begin!”
[15] Toe die fariseërs die woorde van die Hoofregter hoor, word hulle wasbleek en hulle begin by hulleself behoorlik onbehaaglik te voel, wat die oplettende Hoofregter nie ontgaan nie; en hy sê ook aan die regter van Kis: “Broer, ek glo dat ons die groot roofvoëls almal in ons net het.”
|
|
|
|
|