Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Kisehel, Sethlahem en die leër van die kinders van die laagte

99 Beide die boodskappers dank Abedam vol liefde in hulle hart vir so `n belangrike opdrag en begeef hulle onmiddellik na die plek van hulle bestemming.

2. Hulle neem die weg deur die Adamsgrot om des te vinniger daar uit te kom waarheen hulle gestuur was.

3. Toe hulle reeds halfpad verby die grot was, sien hulle die verspieders wat deur Lameg se bevelhebber opgestel was en hulle roep dadelik na die mees nabygeleë voorposte:

4. “Gee vinnig die berig deur aan die draer van die wil van ons groot god Lameg dat twee ongewone groot manne so pas langs die hoogtes ons kamp nader.

5. Ons weet nie wat ons in dié geval moet doen nie. Sal ons dit waag om dit met hulle op te neem, of moet ons hulle ongehinderd laat deurgaan?

6. Hulle lyk asof hulle enorm kragtig kan wees; want by elke tree tril die aarde tot op die plek waar ons onsself bevind en hoe meer hulle nader, des te erger voel ons elke stap van hulle!”

7. Toe dié berig nou by die bevelhebber aankom, skrik hy geweldig en wis nie dadelik wat hy moes doen nie.

8. Toe hy weer ietwat gekalmeer was, laat hy die verspieders en die voorposte weet dat hulle die twee ongehinderd deur moes laat gaan om hulle dan vinnig te omsingel en hulle as gevangenes na hom toe te bring.

9. Vinnig word die noodbevel onder die verspieders versprei en nog voor die twee afgesante die grens van die môregebied betree het, was hulle reeds omring deur duisend manne wat met lang spiese gewapen was uit die laagte. Toe hulle sien dat hierdie twee groot mense, hoewel die aarde onder elke stap geweldig tril, hulle gladnie verset om tussen hulle gewapende manne as gevangenes verder te gaan nie, begin hulle juis daarom beide gevangenes te treiter en wel met allerlei neerhalende opmerkings en in die laagste gangbare ontmoedigende trooswoorde wat ongeveer as volg lui:

10. “Luister, julle groot gemene vleissakke! Hoe gaan dit eintlik met julle monster van `n Adam en met julle wurmagtige JaHWeH?

11. Hoeveel van sulke vleissakke is daar eintlik op hierdie ligte hoogtes?

12. Waarom is julle so intens bang vir ons veel kleiner, maar daarenteen ware mense, sodat julle rillende hompe vleis sy angs selfs aan die aarde oorbring?

13. Wees maar nie bang nie, groot vleissakke wat julle is! Want julle sal immers niks erger oorkom as maar net dat julle vingers een vir een van julle liggaam afgeslaan word, daarna julle hande en dan julle voete; dan eers sal julle tong daar uitgeruk word, daarna julle neus en dan julle ore, julle oë en ten slotte sal julle hoof langsaam van julle vleissakke afgesaag word.

14. Sien, dit is alles wat julle volkome seker sal oorkom en daarvoor hoef julle tog nie so bang te wees nie!

15. Want dit alles sal immers uit suiwer barmhartigheid slegs baie langsaam aan julle voltrek word, sodat julle telkens ewe op asem kan kom tussen die een en die ander pyn, en julle kan voorberei op die volgende kwelling, wat dan nog erger sal wees.

16. Sien hoe goed ons dit met julle meen en tog lyk dit of julle `n geweldige angs vir ons het!

17. Besef tog dat julle kwelling nouliks iets langer as drie dae sal duur nie, dan sal julle vrees meteens verdwyn!”

18. Met hierdie woorde gee een van hulle, wat die grootste mond gehad het, vir Kisehel, by wyse van voorproef, `n flink steek in sy arm met sy spies; deur die pyn wou hy hom des te meer angs vir sy woorde van troos inboesem.

19. Maar toe hierdie trooster nog maar nouliks Kisehel se arm met sy spies beroer het, kom daar plotseling vuur uit Kisehel se arm, wat oombliklik die hele spies verteer en ten slotte ook die trooster self bereik en hom in as verander.

20. Dié verskynsel maak so `n indruk op die gewapende manne dat almal wat ons twee afgesante as gevangenes na die bevelhebber moes bring, ylings daarna na alle kante op die vlug slaan en sou dadelik selfs na die diepte gevlug het, as `n paar welwillende reuse tiers nie die terugweg vir hulle versper het nie.

21. Maar drie van die eerste groepsleiers loop vinnig na die bevelhebber toe en vertel hom sidderend wat daar gebeur het en raai hom aan om geen geweld jeens hulle te gebruik nie en hulle met niks aan te raak nie, want hulle sit vol verwoestende vuur, wat nie te blus was nie; alles waarmee dit in aanraking kom word dadelik totaal vernietig.

22. Die verslag boesem ook die bevelhebber so `n ontsag in vir die reeds taamlik naby naderende afgesante, dat hy dadelik vooroor val en hulle al van ver met die volgende woorde begin te begroet en te verwelkom:

23. “O groot, vurige, heilige bodes van `n ander, beslis nog groter god as ons armsalige god Lameg in die laagte, wees net so veelvuldig welkom as wat daar gras op die aarde is en sand in alle groot en klein waters op die oppervlak van die aarde!

24. Sou julle so vriendelik wil wees om my mee te deel, op enige afstand wel te verstaan, as dit my wurmagtige nietigheid vergun is om julle vurige majesteit daarom te smeek, welke hoë, heilige wil julle opgedra het om julle op julle heilige voete na my, afskuwelike, te laat dra?”

25. Maar in plaas van `n antwoord te gee op die dom vraag, roep Kisehel die bevelhebber dadelik op sy naam en sê: “Horadal! Die Heer wil dat jy opstaan, ons begelei en ons, tesame met jou hele leër, volg na die heilige hoogtes, om jou misdryf daar te beken voor die lewende, ewige, sigbare God, die enigste Skepper en Instandhouer van alle dinge en voor Adam, wat op aarde die eerste mens was, voortgekom uit die hand van die almagtige God!”

26. Hierdie uitnodiging bring Horadal byna tot vertwyfeling; hy staan wesenloos daarby en kry geen woord oor sy lippe nie.

27. Maar Sethlahem gaan na hom toe, neem sy hand en sê op `n ietwat sagter toon aan hom: “Horadal, waarom is jy bang om lewendig te word, terwyl jy al so lank sonder vrees te midde van die dood gewandel het?!

28. Ek sê jou egter in Naam van die Een wie ons hierheen gestuur het, dat Sy liefde groter is as Lameg se toorn; doen daarom wat my broer van jou verlang!”

29. Eers na hierdie woorde kom Horadal weer tot homself en doen dit wat Kisehel van hom verlang het en hy volg Kisehel en Sethlahem met sak, pak en wapens.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205