Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Garbiël loof die maaltyd. Abedam se woorde oor oordrewe dankbetuiging.

55 Nadat die twaalf, wat by die mandjie sit, hulle ryklik versadig, versterk en opgestaan het, gaan hulle dadelik na Abedam, Adam en Set en bedank hulle baie inniglik vir die groot barmhartigheid, of soos hulle dit stel, dat hulle hulleself selfs uit die etensmandjie van Adam met die mees smaaklike spyse kon versadig het.

2. En Garbiël sê toe hardop vir die res: "Broeders! Ek dink dat almal van ons amper dieselfde verhemeltes het; as julle dieselfde daarmee ervaar het as ek, dan moet julle dit almal sonder uitsondering met my eens wees en sê:

3 Sover as wat ons die maer grond van die aarde ken, bring dit nie sulke vrugte tevoorskyn nie, waarvan die wonderlike vorm reeds alles wat ons tot dusver gesien het, by verre oortref, soos die lig van die son die spaarsame lig van die maan, wanneer dit begin om lig te gee of dan weer ophou om lig te gee.

4. Wat egter die goeie geur en smaak betref, daarvoor bied myns insien die hele aarde geen vergelykbare treffende beeld meer nie, - behalwe as ek die sin van die woorde van Die Een wat nou in ons midde is (die heilige, mees liefdevolle Vader!), mag vergelyk met die sin van my ledige geklets, welke onderskeid eindeloos en vir elke geskape tong onuitspreeklik is.

5. Daarvolgens te oordeel, liewe broeders en vriende, het hierdie vrugte `n onvoorstelbare hoër oorsprong as dié wat ons almal reeds al te goed as die gewone ken.

6. Aangesien dit nie te ontken is nie, wat volg daar dan andersyds as ewige plig?

7. Kyk na my. Die hart, wat in my bors klop, wil ek vir die allerhoogste Gewer van sulke gawes as `n ewige dankoffer van die grootste moontlike liefde laat brand en soveel as wat maar moontlik is, die Heilige Vader loof en prys, dag na dag, uur na uur en elke oomblik.

8. Want uitsonderlik soet was hierdie vrugte en meer as heerlik hulle goeie smaak! Daarom wil ons die Heilige Vader ons lewe lank loof en prys; want Hy is immers meer as goed en is vervul van die allerhoogste liefde, barmhartigheid en erbarming. En dit alles duur by Hom ewig voort; laat daarom ook Sy heilige Naam vir ewig met groot krag geloof en geprys wees! Amen."

9. En almal antwoord met: "Ja, vir ewig is die meer as heilige Naam van ons groot Heilige Vader bo alles geloof en geprys! Amen."

10. Eers daarna val hulle voor Abedam neer en loof en prys Hom mateloos uit die diepste grond van hulle hart.

11. Die hoë Abedam laat hulle egter weer opstaan en toe hulle hulleself weer almal geleidelik opgerig het, sê Hy vir hulle:

12. "Kinders, `n vader beleef wel werklik baie en groot vreugde deur dankbare kinders wat hulle harte, hoe langer hoe meer, vul met die ware kinderlike liefde vir die vader.

13. Maar wat dink julle van die volgende geval: As `n vader `n klein ryp appel vir `n kind sou gee en as die kind dan weens hierdie gawe dadelik so aangedaan sou word en so bly wees, dat hy daarna nooit meer wil ophou om die vader dag en nag te loof; en as die goeie vader hom dan wil kalmeer, maar die kind desondanks tog in één asem aan één stuk deur die vader wil loof solank hy nog in staat is om enige geluid voort te bring en aan die loofery eers `n einde sou kom as hy werklik nie meer kan nie. Wel, wat is julle mening daaroor?

14. Hoe veel sal die goeie vader dit nie by `n volgende geskenk ter harte neem nie, as hy reeds vroeër gesien het watter kwellende dankbetuiging die kind sy liewe gawe gee!

15. En hoeveel pyn sal dit nie sy hart aandoen nie, wanneer hy daaraan sal dink om sy kind `n groter geskenk te gee, as so `n geringe gawe hom reeds van louter dankbaarheid byna om die lewe gebring het!

16. En as daar mettertyd werklik `n groter geskenk aan die kind gegee word, hoe sal hy dan in staat kan wees om hom na verhouding hiervoor te bedank, as hy hom reeds uitgeput het van dankbaarheid vir die vroeëre nouliks besondere kleinigheid!

17. As julle My nou vir `n vlerk van `n muggie en vir `n haartjie op julle liggaam met die grootste moontlike liefde dank, ja ewig wil dank, dan sou Ek vervolgens tog ook graag van julle wil hoor, hoe en hoe lank julle My sal dank as Ek julle almal die allerhoogste goed sou skenk, dit wat die mees salige en eindeloos gelukkige ewige lewe is!

18. Of, as julle My vir `n neut reeds die hele aarde, die maan, die son en alle sterre as dankoffer wil bring, wat sal julle My dan daarna wil bied as Ek julle `n hele aarde skenk?!

19. Sien, My bo alles geliefde kinders, daarom moet die dank ook `n korrekte dank wees, wat `n liefdevolle erkenning is van dit wat iemand ontvang!

20. As iemand egter vir `n strooihalm net so bedank as vir `n seder, dan is hy òf `n dwaas, óf sy hart stel `n leuenagtige erkenning ten toon van iets wat hy nog nooit ontvang het nie.

21. Maak julle ook daarom `n einde aan julle lofuitinge en berei liewer julle hart daarenteen voor om dit uit My hand te ontvang wat eindeloos hoog bo al hierdie vrugte verhewe is! 

22. Gaan egter eers julle hart binne en kyk `n bietjie rond daar; laat julle My almal eenstemmig weet wat dan julle daar sal vind! Amen." 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205