Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 278

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die vreemde Man hou hom op met Pura, Naëhme en Ghemela op die heuwel van die verwekking. Die ontsetting van die ander vroue

278 Toe die Man beide ingehaal het, en dit was nog baie vroeër as wat die tweetal die geselskap van die ander vroue kon bereik het, om met hulle na die woning van Uranion te vlug, begin hulle om hulp te roep.

2. Maar die Man sê vir hulle: "Luister na My, beide julle, jy Naëhme en jy Pura!

3. Ek sê waarlik en getrou vir julle, dat julle nie so `n vrees vir My hoef te hê nie; want Ek het niks slegs met julle voor oë nie, maar juis iets baie goeds, iets wat vir julle baie nuttig sal wees! 

4. Gaan daarom nou heeltemal sonder vrees saam met My in die rigting van die hut van Purista, en laat ons daar ongeveer dertig tree voor die hut, waar midde op `n klein grasheuwel `n mooi seder staan, met mekaar oor wonderlike en belangrike dinge gedagtes wissel!"

5. Toe beide dit van die Man gehoor het, word dit ligter om hulle hart, en Pura skep soveel moed dat sy dit waag om aan die Man te vra wie en vanwaar hy dan wel was, dat hy hulle name ken en hulle slegs goed wil aandoen. Sy kon haar daarenteen onmoontlik herinner om hom ooit êrens, in die laagte nóg op die hoogte, te gesien het.

6. Daarop sê die Man vir hulle: "My geliefde dogters van `n bowenal goeie Vader, is dit dan in die huidige tyd, waar die land reeds so ryk bevolk is, iets wonderbaarlik?!

7. Sien, julle is op die sentrale hoogte van die hoofstamvaders tuis, en dit is almal sonder uitsondering immers baie goed bekend by alle bewoners van die hoogte; dus is julle ook bekend, omdat julle, soos gesê, tuis is by die hoofstamvaders! Wanneer Ek julle dus ook baie goed ken, wat se wonder is dit dan wel?

8. En vanwaar en wie Ek is, dit sal julle tog ook wel sonder veel nadenke kan raai! Want ten eerste het julle My uit die rigting van die middag sien kom, en daarmee is die 'vanwaar' reeds vanself beantwoord, want vanwaar Ek kom, is Ek ook.

9. Waar julle My tog seker as `n mens en beslis nie as `n voël of `n ander dier aangesien het nie, sal die 'Wie Ek is' tog nog duideliker voor julle staan as die 'vanwaar'!

10. Vra My daarom nie meer oor dinge wat julle, vir sover as wat nou nodig is, tog vanself geweldig vanselfsprekend is, maar begewe julle daarom liewers dadelik met My na die plek waaroor ek gepraat het! Daar sal Ek julle duidelik uiteensit hoe dit nou alles in die laagte gestel is; want Ek was van begin tot einde getuie van alles wat daar in die loop van die tyd in die laagte gebeur het en Ek weet selfs presies wat vandag daar gebeur.

11. Gaan daarom saam met My, sodat julle, tot julle groot troos, alles verneem, voor alle ander in die hut van Purista; want julle het volgens My wete God tog immers dag en nag ook in hierdie tyd die meeste en die innigste gesmeek om die laagte van ondergang te red! Daarom is dit ook redelik, volg My dus!"

12. Na soortgelyke versekering gee beide gehoor aan die wil van die Man en gaan toe sonder verdere vrees ook saam met Hom na die afgespreekte plek.

13. Maar beide het nie geweet dat dit `n heilige plek was nie, wat `n vroulike wese nie mag betree het nie; en dit gebeur dan ook, toe die ander vroue vanuit die hut van Uranion opmerk, dat die twee hulle, Nota Bene, met `n vreemde Man na hierdie heilige plek begeef, hardloop hulle daarheen en wys hulle vol angs daarop. Selfs Ghemela roep beide vol vrees terug.

14. Maar die Man vra aan die vroue en in die besonder aan Ghemela: "Wat is daar dan met hierdie plek? Is die hele aarde nie deur God geskape en daardeur oral ewe gewyd nie?!

15. As dit julle vroue, vanweë die gewydheid van hierdie plek, nie toegestaan is om hierdie plek te betree nie, dan kan julle wel dadelik van die hele aarde af weggaan, want geen plek op aarde is minder gewyd as hierdie nie!

16. Maar van julleself af stam die enigsins dwase wetlike gebruik dat julle presies onder hierdie boom, voor die sonsopgang, gemeenskap mag hê, en dit is selfs so, dat in hierdie streek van die môre die gemeenskap op `n ander plek as sondig verklaar word!

17. As julle egter dink dat julle vleeslike begeerte hierdie plek nie verontreinig nie, dan sal hierdie twee met hulle so suiwer geestelike begeerte na God, dit des te minder verontreinig!

18. Trek julle daarom maar weer terug; want Ek sal met beide My geliefdes nie wyk van hierdie plek nie! Maar jou, Ghemela, is dit toegestaan om ook hier by ons op die heuwel te kom, want Ek weet van jou dat jy getrou is in jou liefde!"

19. Maar Ghemela antwoord die Man: "Wat wil jy van my hê? Weet jy dan nie dat die Heer my met Lameg verbind het en dat my hart altyd en ewig in die Heer moet bly nie?!"

20. Die Man sê egter vir haar: "Juis omdat Ek dit so goed weet, vra Ek jou hier om na My toe te kom! Maar dit is nou aan jou, soos altyd, om hierdie oproep te volg of nie te volg nie! Wil jy, kom dan, en wil jy nie, keer dan met die ander vroue weer terug na die hut van Uranion!"

21. En Ghemela sê daarop vir die Man: "Goeie, wyse man, jou stem trek my geweldig tot jou aan; as jy my by Lameg wil en kan verontskuldig, dan sou ek ook graag na jou toe wil kom!"

22. En die Man antwoord Ghemela weer: "Nie Ek nie, maar Lameg, jou man self, sal jou verontskuldig en wel by My! Doen daarom wat jy goeddink!"

23. Hier maak Ghemela haar los van die ander vroue; sy haas haar na die Man en die twee ander op die grasheuwel en sy gaan dadelik aan die voete van die Man sit en bewonder die sigbare suiwerheid daarvan.

24. Die vroue wat onder staan, was baie verontwaardig oor die voorbarigheid van die Man maar veral ook oor die van die nou al drie vroulike wesens.

25. En die vrou van Uranion roep hard: "Dat ons juis vandag so `n ongehoorde skande moet oorkom, juis noudat die Heer in die hut verwag word! Wat sal die vaders wel daarvan sê as hulle die skande te siene kry?! Drie vroue en nogal die mooiste! Met so `n mooi kragtige man op klaarligte dag op die plek van verwekking! O, skande, skande, skande!"

26. En die Man sê: "Ja, wel `n groot skande, - maar nie wat My betref nie, maar wat julle groot dwaasheid aangaan! Gaan nou en swyg, anders sal Ek goed weet om julle monde te snoer!"

27. Hierop verstom die vroue en die Man begin die drietal alles te vertel wat in die laagte afgespeel het en hoe dit nou daar voorstaan.

28. En toe die drietal dit oortuigend en duidelik verneem het, begin hulle hard te juig en loof en prys God vir die groot erbarming.

29. Die ander vroue meen egter dat die man iets met die drietal aan het; daarom loop hulle tot voor die hut van Purista en skree vir die manne wat daar buite gaande was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205