Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die ontmaskering van die valse Naëhme

200 Maar Kisehel, wat baie goed geweet het waaruit hierdie eerste versoeking sou bestaan, kyk vir Lameg en Thubal-Kain vas aan en sê ten slotte vir beide:

2. "Glo julle dat dit so is soos hierdie Naëhme julle meegedeel het?"

3. En Lameg val hom onmiddellik en enigsins heftig in die rede: "Dink jy dalk dat ek my dogter nie ken nie?! Waarom sou sy dan vir my lieg?! Sy is my heerlikste dogter en as sodanig het sy nog altyd die waarheid met my gepraat! Wat wil jy dus met hierdie vraag behaal?"

4. En daarop sê Kisehel vir Lameg en ook vir Thubal-Kain: "Goed, as julle haar as die egte Naëhme beskou, bly dan by julle geloof!

5. Die berge sal dan weer versper word en geeneen van julle sal ooit die ware Naëhme te sien kry nie; die bou van die tempel sal nie deurgaan nie en die meer as heilige tafel daar sal dadelik deur myself uit hierdie huis gehaal word en saamgeneem word na die hoogte!

6. Glo ons nou, of hierdie Naëhme! Dit sal geskied volgens julle geloof! Nou staan die poorte van die lewe en van die dood in gelyke mate voor julle oop: Bly ons by julle, dan bly ook die lewe by julle; maar bly hierdie Naëhme by julle, dan is die ewige dood julle onvermydelike deel! 

7. Julle kan nou kies tussen beide hierdie uiterstes; deel nou julle wil mee! Amen."

8. Hier gryp Lameg vir Thubal-Kain by die hand, neem hom ietwat tersyde en sê vir hom: "Luister, liewe seun! Waarlik, vir my kom hierdie Naëhme ietwat merkwaardig voor! Want sy het tot nou toe nóg vir my nóg vir jou aangekyk; maar soos sy deur die deur na binne gestorm het en voor ons neergeval het, so hurk sy nog kermend op die vloer!

9. Ek is van mening dat ons, nou nie vanweë haar, ons goeie saak met die sewe magtige vriende verbreek nie; om baie goeie redes sal dit nodig wees, om hierdie vreemde Naëhme eers ietwat van naderby aan die tand te voel!

10. En die allerbeste is dat ek haar gebied om dadelik op te staan en die veelbetekenende tafel van die troon te neem om sodoende vir my en vir haar weer die heersersstoel in te ruim. Doen sy dit, dan sal ons haar woorde glo; maar as sy nie daartoe in staat is nie, dan weet ons ook dat hierdie Naëhme niks anders is as `n drogbeeld om ons te versoek en ons sal haar dan ook `n passende afskeid gee!"

11. En Thubal-Kain was dit eens met hierdie voorstel en sê: "Vader, dit noem ek nog eens `n wyse plan; laat ons dus volgens jou wil en volgens jou wyse raad te werk gaan!"

12. En beide gaan weer na Naëhme toe. Toe hulle by haar aankom, buig Lameg hom diep vooroor na Naëhme, raak haar met sy vingers aan en sê vir haar:

13. "Naëhme, as jy werklik my dogter is, staan dan op van die grond af en toon my jou gesig! Gaan dan na die troon en haal vir my die liggewende kliptafel af; gee dit aan my, - en alle mag van die bergtowenaars is gebreek!

14. Ek is dan weer die ou, magtige, onoorwinlike koning en jy my regterhand!

15. Want in en op hierdie geheimsinnige tafel is die hele mag van die bergtowenaars verborge!

16. As jy werklik my dogter Naëhme is, dan sal jy dit doen, as jy my daarmee kan red!"

17. Hierop begin Naëhme te kronkel en maak jammerlike gebare, maak heel klaerige geluide asof sy van louter swakte nie kon opstaan nie.

18. Maar Lameg word kwaad oor hierdie gedrag en sê: "Naëhme! Jy ken vir Lameg! - Waarom aarsel jy om dit te doen wat ek wil!

19. Is jy swak of magteloos, spreek dan; want ek is tog jou vader en besit nog wel soveel om jou die nodige versterking te verskaf! Maar as jy nog in staat is om so geweldig te draai en te kronkel en so te kerm, het jy sekerlik ook nog genoeg krag om te sê wat jy makeer, en waarom jy iets, wat so maklik is, nie onmiddellik kan of wil uitvoer nie!

20. Staan dus op, of my verskriklikste vloek sal jou tref!"

21. Nou staan Naëhme op, en toe albei haar gesig sien, skrik hulle geweldig; want dit het nie die minste gelykenis met Naëhme nie.

22. Tog sê Lameg vir haar: "Aan jou gesig herken ek jou nie; maar gaan na die troon en doen dit wat ek jou gevra het, dan sal ek jou aan jou wil herken!"

23. Hierop begin Naëhme te sidder, en sink ineen en word onsigbaar! - En toe vra Kisehel aan Lameg: "Nou, broer Lameg, hoe beval hierdie Naëhme jou?"

24. En Lameg en Thubal-Kain val voor Kisehel neer en ween oor hulle blindheid; want hulle het nou eers volledig besef wat daar met hierdie Naëhme aan die gang was en wat se persoon sy eintlik was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205