Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 247

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog en Lameg se samespraak vanweë die vertraging van die feesmaal. Henog lê die geestelike ooreenkoms uit van die tempel en die binneste van die tempel

247 Toe Lameg weer in die eetsaal kom met sy nuwe aangenome geselskap, gaan Henog hom tegemoet en sê vir hom:

2. "Lameg, my geliefde broer, wat is daar tog vandag met jou aan die gang? Andersins heers daar die grootste orde, jy hoef maar te wenk en die spys staan op tafel; maar nou loop jy al vir die tweede maal weg, en na jou eerste opdrag om voedsel en drank te bring het reeds die tyd van byna twee skadu-omwentelings verstryk, en nog is die tafels heeltemal leeg.

3. Is jou voorraad miskien op en is jou voorraadkamers leeg, of het daar iets anders gebeur? Kort en goed, sê my tog, wat dit alles beteken!"

4. Henog en alle ander van die hoogte wis egter wel wat die rede was, en Henog het net so `n vraag gestel om Lameg daarmee in die geleentheid te stel, om dieper en deemoediger na homself te kyk.

5. Lameg verbaas hom dan ook baie en wis nie so gou wat hy Henog moes antwoord nie. Maar na `n rukkie vermaan hy hom ten slotte tog en rig die volgende woorde tot Henog:

6. "Hoë, magtige vriend van die Heer! Sien, toe ek my kombuismeester my wens, volgens jou raad, te kenne gegee het, het hy hom oor my woorde verbaas; ek het hom toe die onderskeid laat sien tussen die koning en die leier Lameg.

7. Sodat hy dit nog duideliker sou begryp, het ek hom die opdrag gegee om al die personeel byeen te roep, en dat hulle alle armes in die stad moes opsoek en almal wat nog gevange was, moes vrylaat en hulle almal hierheen bring, en wel in die troonsaal, om daar as suiwer broers en susters van my, en hopelik ook van ons almal, voortreflik van spys en drank voorsien te word.

8. Hier aan my sy sien jy al agt sulke broers en susters, voor wie Lameg as koning diep gesondig het; Lameg as leier wil nou egter in die Naam van die Heer vir hulle tydelike en ewige welsyn sorg en is ook vasbeslote dat almal soveel moontlik ten goede sal kom, wat die koning hulle ooit, hoe dan ookal, onderdruk het en by name aan al diegene te dink, wat die koning laat smag het in die gevangenisse.

9. Die nou reeds met soortgelyke broers en susters gevulde saal kan jou, hoë vriend van die Heer, oortuig van alles wat ek jou nou meegedeel het.

10. Daarom het ons bestemde spys ook so lank op haar laat wag; maar nou sal sy ons tafels ook dadelik versier!"

11. Hierop omarm Henog vir Lameg en sê vir hom: "O my buitengewone geliefde, waaragtige broer in die Heer! Sien, nou het die Heer alle sondes van jou weggeneem! Nou is jy suiwerder as die son aan die suiwerste middaghemel!

12. Sien, dit is die groot werklike betekenis van die tempel en sy hele inrigting is so:

13. Jy is die tempel; jou wese is nou die manlike stewigheid van die tempel; die vensters is jou insig, wat uit die verligtende vlamme van jou liefde voortkom; die goue dak is jou verligte hoof; die altaar daarin is jou hart; die gerubs aan beide kante van die altaar is `n teken van jou naasteliefde, en die lewende Naam op die altaar en die verligtende wolk daarbo is jou lewende liefde tot die Heer, van waaruit jy dit nou alles doen; en die wolk wat tot aan die dak reik gee bowendien nog aan dat jy met die Heer `n volkome liefdesverbond gesluit het; maar die voorhof is jou aardse lewe, waarin jy nou die naasteliefde beoefen!

14. O broer, sien, so het die Heer `n groot heerlikheid vir jou berei en jou tot Sy kind gemaak! Heil oor jou en jou volk!

15. Sodat jy kan sien hoe welgevallig dit vir die Vader is, sal ons na die troonsaal gaan; daar sal jy te siene kry met welke tevredenheid Hy sulke handelinge aansien!

16. Daar sal ons dan ook die aandete hou! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205