|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 120
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die vrees van die draers en Pura se verleentheid vir die gewydheid van Abedam. Abedam se gerusstellende woorde. Die Heer as God en Vader
120 Toe die draers daardie getuienis uit die mond van Abedam Self hoor en ook Pura dit heel duidelik verneem het, val die draers opslag op die grond neer; hulle skrik so, asof die ewige dood en `n allesvernietigende oordeel hulle reeds aan die kraag beetgepak het.
2. Want hulle was so van hulle menige klein vergryp bewus en hulle het ook uit menige streng leer van Adam, Set en Enos geweet dat die almagtige, heilige JaHWeH sekerlik eendag sou kom en dan `n uiters streng oordeel sou hou; alle ongehoorsames sou Hy ten gronde rig en tot niet laat gaan in die allerheftigste en alles verbrandende vuur van Sy oneindige toorn. Nou was dit dan ook heeltemal met hulle gedaan.
3. Want hierdie onverwagse openbaring van Myself laat in hulle geen plek vir `n ander gedagte nie, as dat Ek nou gekom het om dié verskriklike oordeel te hou.
4. En omdat hulle, soos gesê, van enkele klein foute bewus was, dink hulle, bewend oor hulle hele liggaam, ook aan niks anders as hoe hulle verseker baie spoedig deur die ontsettende hittige toornvuur van die oordeel gegryp sou word wat hulle weldra uiters pynlik sou verteer.
5. Dit duur nie lank nie of hulle begin ook letterlik te huil en hewig te weeklaag en slegs die vroeëre spreker was nog in staat om hewig stotterend uit te bring:
6. “O hoe goed en hoeveel beter sou ons nou nie daaraan toe gewees het, as ons nooit gebore was nie!”
7. Daarop word ook hy stil en verwag die regterlike donderwoord saam met die res.
8. Maar die gedrag van hierdie tien draers bring die anders standvastige Pura wat byna versmag van liefde vir My in `n groot verleentheid; daarom wend sy haar skugter tot My en as`t ware vraend vir My:
9. “O, dus U is die Een, soos wat Set U reeds op die hoogtes met die allergrootste eerbied begroet het, en soos U Uself nou ten opsigte van die tien draers Self luid en baie duidelik geopenbaar het, sodat ek nou in my ook geen bedenkings meer koester om U volledig te erken as die Een waarvoor U Uself nou ten opsigte van my, arme skepsel, en hierdie tien draers geopenbaar het, - daarom versoek ek U terwille van U oneindige gewydheid, dat U My laat gaan; want ek is immers te onheilig om op U meer as heilige hande te rus!
10. Want nou glo ek immers vas in myself, dat U die Een is wie se Naam geen mensetong werd is om uit te spreek nie, ofskoon my vroeëre voorstelling van U, volgens die leer van Farak, heel anders was, waardeur ek U vir my as `n onsigbare, eindelose vuur voorgestel het.
11. Wees my daarom nou barmhartig en betoon erbarming, en laat tog nie langer toe dat ek U hande nog verder ontheilig nie!
12. Maar laat U bo alles heilige wil geskied, nou sowel as ewig!”
13. Na hierdie woorde sê Abedam aan Pura: “Nou, My uitverkorene, wil jy My juis nou, noudat jy My herken het, minder liefhê as voorheen, toe jy My nog nie herken het nie?!
14. Het Ek nou dalk anders geword vir jou, omdat Ek My aan jou bekend gemaak het?!
15. Het jy nog nooit tydens `n onweer gemerk, dat so menige onweerswolk daar in die verte ontsettend dreigend uitsien nie?! Maar wanneer sy naderby kom, bring sy met haar vanuit die verte so dreigende aanblik niks anders as reën vol seën nie, wat die aardryk, wat deur die wysheidstrale van die son uitgedroog is, die nagenoeg heeltemal verbrande gras bevrug en verkwik nie!
16. Sien, dieselfde is ook hier die geval: Tot nou toe vermoed jy om My steeds net van heel ver te sien en wel in die vuur van die verderflike oordeel, - maar van My as die mees liefdevolle Vader, het jy jou nog nooit `n voorstelling gemaak nie en nog veel minder so oor My gedink; daarom is jy nou ook saam met die tien draers so vervul van vrees en angs!
17. Maar as Ek so sou wees soos wat jy My tot nou toe geken het uit die reeds ernstig verontreinigde leer van Farak uit die laagte, in hierdie tyd, sou Ek jou dan ook, vanuit al My vaderliefde, op My hande gedra het?!
18. Weet dan nou ook in jou hart, dat Ek nie alleen JaHWeH, die almagtige God en Skepper van alle dinge is nie, maar in My verhouding tot julle, verder die enigste ware, heilige, mees liefdevolle Vader, wie niemand ooit sal veroordeel tot die ewige verderf nie, maar as die enigste ware Vader elkeen maar net tot die ewige lewe wil oprig!
19. Sien, as Ek sou wil veroordeel, sou dit vir My nie nodig wees om die aardbodem sigbaar met My voete te beroer nie, want die geringste gedagte van My sou immers toereikend wees om in `n oomblik alle werk in die hele oneindigheid te vernietig!
20. Maar Ek het tog maar net sigbaar na julle toe gekom om die verlorenes te soek en die dooies lewend te maak!
21. Wees daarom nou nog meer lief vir My, in plaas van minder, noudat jy My herken het en noudat jy weet dat Ek alleen die mees liefdevolle Vader is!
22. Laat daarom geen onderskeid wees tussen ons nie, maar laat ons ewig in die liefde een wees!
23. Staan julle dus nou ook op uit julle ou dwaasheid en volg My! Amen.”
24. Daarop staan die tien dadelik weer op, neem hulle mandjies, volg Hom op die hoogtes en skaam hulle oor hulle groot dwaasheid en vra Abedam om vergewing vir so `n groot dwaasheid.
25. Maar Pura vly haar des te liefdevoller teen die heilige hoof van die bo alles goeie Vader, wie nou deur haar herken is.
|
|
|
|
|