Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Garbiël en Besediël tot geskiedskrywers benoem. Die twee boeke: “JaHWeH se stryd, toorn en oorlog” en “Die liefde en Wysheid van JaHWeH, die groot God”

97 Toe beide geroepenes die oproep van Abedam verneem het, begeef hulle hulle vol vreugde na die Een wie hulle geroep het.

2. Ofskoon ook hulle bang was deur die toenemende gehuil van die mense uit die streek van die môre, het, aan die sy van Abedam, nou tog alle angs en vrees uit hulle hart verdwyn; daarom was hulle ook volkome in staat om op versoek van Abedam te spreek of alleen maar te luister.

3. Toe Abedam sien dat hulle harte goed voorberei was en die ore van hulle gees in die korrekte mate oopstaan, begin Hy ook die volgende woorde tot hulle te rig, wat `n hoë betekenis gehad het en vervul was van innerlike lewe:

4. “Luister dan, beide van julle: Dié met die baie tekens beskrewe blad en die eweneens van tekens voorsiene, op die water drywende groot bak, beduie dat julle al twee, saam met nog enkele mense wie daartoe voorbestem is om gelyksoortige tekens, wat met woorde en dinge en handelings ooreenkom, op kliptafels of op die groot blare van die papirus moet aanbring met `n spits werktuig, wat Lameg se broers uit metaal sal maak. Verder moet julle die tekens ook aan alle kinders, broers en vaders verklaar en dan dit wat opgeteken is aan die kinders, broers en vaders voorlees en wanneer almal die tekens vinnig en maklik begryp, moet julle ook die opgetekende aan almal laat lees en daarby die grootste geduld betoon met diegene wat dit nie so vinnig begryp nie.

5. Julle gees sal julle leer hoe julle met die tekens `n woord moet vorm; want vir elke woord het jy meer tekens nodig, wat van die regter- na die linkerkant geplaas moet word volgens die ordening van die woord self.

6. En wanneer `n woord eenmaal gevorm is, moet dit ook nooit meer verander word nie, sodat die latere nakomelinge dit net so sal kan lees, uitspreek en verstaan soos julle.

7. Daarmee gee Ek julle `n gebod dat die tekens van `n woord as gewyd beskou moet word.

8. Wie aan die tekens self iets wil verander en aan die wyse waarop julle daarmee woorde gevorm het, sal Ek met toornige oë aankyk!

9. Maar nou kom dié, in dié opsig, mees belangrike vraag en dit lui as volg:

10. “Wat moet ons nou eintlik opteken vir ons, en in die besonder vir die latere nakomelinge?”

11. Sien, dit is eintlik die allerbelangrikste en dit moet ook des te gewetensvoller en nougeset uitgevoer en getrou opgevolg word!

12. Daarnaas is dit ook die vraag, wanneer julle iets moet opteken! Ook dié punt is van werklike groot belang!

13. Wat dus die eerste belangrikste vraag aanbetref, moet jy, Garbiël, die hele geskiedenis van die oerskepping van die gees opteken, dan die skepping van die sigbare dinge en al My liefderike beskikkings en My groot erbarming daarby, tot by die laaste tydstip van My huidige verblyf in julle midde.

14. En dit moet julle altyd opskryf en opteken wanneer Ek julle in julle gees daartoe sal roep.

15. Daarby moet julle geen enigsins angstige sorge vir julle maak en sê: “Waar moet ek dit dan alles vandaan kry nie?”

16. Want sien, Ek, wat julle nou hierdie opdrag gee, sal dit vir julle vanaf die begin sê en Ek sal julle hand lei, sodat julle ook nie `n reël, nie `n hakie en nie `n punt teveel of te min sal maak nie!

17. Altyd wanneer Ek julle, duidelik hoorbaar vir julle, sal roep, moet julle bereid wees om volgens My wil en My aanwysing te skryf; en julle moet niks anders opteken as net dit wat Ek julle sal aangee nie!

18. Maar wanneer julle nie deur My vanuit julle hart geroep word nie, dan moet julle ook nie skryf nie, maar in die vrye tyd moet julle die kinders en broers en vaders en ook die vroulike geslag onderrig, egter meer in lees as skryf; en verder moet julle daarop toesien dat diegene, wat die werk wat julle deur My ontvang en neergeskryf het, waar, getrou, goed en korrek oorskryf!

19. Want dit wat Ek julle eenmalig sal meedeel, moet deur julle medeskrywers verduisendvoudig word, sodat daar in elke huis van `n stamvader een en dieselfde volledige skrif aanwesig sal wees wat elke stamvader vir homself, vir sy kinders en vir al sy latere nakomelinge moet besit!

20. Dit alles wat Ek nou aan Garbiël onthul het, moet ook jy, Besediël, by wat jy moet skryf in ag neem tot op die laaste punt!

21. En soos Garbiël die groot verlede sal beskryf, moet jy, onder leiding van Henog, die groot toekoms beskryf!

22. Garbiël sal dit regstreeks vanuit My ontvang; want die verlede moet vir elkeen toeganklik wees.

23. Jy sal dit egter indirek via Henog ontvang, as teken dat die toekoms steeds meer versluier sal bly as die verlede!

24. En so sal daar `n boek gemaak word oor die verlede met die titel “JaHWeH se stryd, toorn en oorlog” en `n boek oor die toekoms met die titel “Die Liefde en Wysheid van JaHWeH, die groot God”!

25. Ontvang nou My seën en wees in staat tot dit alles waartoe Ek julle nou geroep het! Amen.”

26. Na die woorde val beide voor Abedam neer en dank Hom vir so `n groot barmhartigheid.

27. Maar Abedam gebied hulle dadelik weer om op te staan.

28. Toe hulle, oorvloeiend van liefde, nog maar nouliks opgestaan het, kom ook Set en Henog ylings nader om die hoogs nuuskierige Adam te vertel wat daar op dié oomblik in die môrestreek gebeur en wat vanuit die diepte kom.

29. Want Abedam het hulle daarheen gestuur, sodat Adam `n nuwe impuls tot lewe sou kry en sodoende ook sy kinders.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205