Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Enos se berou. Die angs vir die dood van diegene wat die lewe afwys. Oor die volledige ryp vrug van die gees en die onryp vrug van die vlees.

131. Na hierdie leersame woorde oor die ware lewe, wat ook lewe skenk, word Kenan buitengewoon bly en baie ander saam met hom en almal betuig dank vanuit die diepte van hulle harte vir hierdie groot onthulling. Daardeur begryp hulle nou goed wat die ware lewe is en hoe dit self ontwikkel en dat dit duidelik iets anders is as die skynlewe van die vlees of veel eerder van die dood.

2. Noudat almal die hoë Abedam so dank en loof en prys, word ook Enos tot trane ontroer, hy draai homself om en gaan vol wroeging na die Vader toe.

3. Maar toe hy daar langsaam en aarselend aankom, bied Abedam hom dadelik Sy hand en sê aan hom:

4. "Wel, Enos, sê My, wat kies jy, - die lewe of die totale vernietiging?

5. Glo My: Daar is niks, wat vir My onmoontlik is nie; want sien, Ek sê ter wille van jou nou aan die berg wat in die môre nog geweldig rook, brand en vuur spu: Gaan tot niet!

6. Kyk nou! Sien jy nog `n spoor van die berg wat reeds soveel duisende jare getriomfeer het?!

7. Môre sal jy in die plek wat die groot hoë berg eers ingeneem het, en wat nou `n vlakte is met `n lengte van tienduisend en `n breedte van seweduisend manslengtes, reeds die weelderigste gras en `n groot aantal edel vrugteboompies uit die nuwe bodem sien uitspruit!

8. Reeds daaruit kan jy aflei dat niks vir My onmoontlik is nie; jy kan My dus antwoord op wat Ek jou so pas gevra het!"

9. Maar Enos en al die ander was byna buite hulleself van skrik en asemrowende verbasing oor die so skielike, totaal onverwagte verskynsel. As gevolg van die wonderbaarlike helder nag het almal dit baie goed kon sien, en Enos was nouliks in staat om ook maar een woord oor sy lippe te kry, maar hy val terstond voor die Heer van alle mag neer en bid in sy hart tot Hom, dat Hy hom mag behoed en sy groot verskriklike dwaasheid sal vergewe!

10. Maar Abedam versterk hom, hef hom van die grond af op en sê toe aan hom:

11. "Enos, sien, dit gaan met elke dooie soos met jou! Ook wanneer hy nie so spreek soos wat jy daarstraks gespreek het nie, handel hy wel asof die dood hom blykbaar welgevalliger is as die mees volkome lewe.

12. Maar wanneer diegene wat so handel en die liggaamlike dood sien naby kom, dan skrik hy en begin te vrees en te wanhoop.

13. Ek vra My nou egter af: Waarom bly so `n dwaas dan nie standvastig nie?

14. Waarom vrees hy dan die vernietiging, waarvoor hy tog gedurende sy totale lewe so vasberade gewerk het?

15. Maar Ek antwoord hier in jou plek en sê:

16. Solank die dooie nog die krag van die lewe in homself voel, was hy soos `n meester oor die dood en het nie so `n groot vrees daarvoor nie, omdat hy as lewende mens in die vrye aanskouing van die dinge om homself heen, nie kan weet dat hy in die dood en die vernietiging vir hierdie dinge, geen sintuie meer sal hê nie.

17. Wanneer hy egter merk dat die krag van sy skynlewe afneem, sy sintuie swakker word en daarmee ook die dinge om hom heen begin te verdwyn, en hy met gevolg ook begin om die mag van die dood en die verskriklikheid van die non-bestaan te ervaar en die druk van die vernietiging, eers dan gewaar hy die groot verskil tussen dood en lewe!

18. Dan sal hy alles probeer en aanwend wat hom die lewe sou kan terugbring!

19. Maar hier sê Ek ook: Dit sal uiteindelik vir baie te laat wees!

20. Want die ware, onverganklike, heersende, vrye lewe lyk soos `n totale ryp vrug, maar die natuurlike of vleeslike lewe na `n onryp groen vrug.

21. By die ryp vrug het die kern vry en vas geword en sodoende kan die buitenste omhulsel van vlees, wat daarvoor die kern gevoed het, sonder die geringste nadeel vir die geheel en al lewende kern, daarvan geskei word; want dan het die kern reeds al die lewe in homself opgeneem en ervaar geen dood meer nie, maar slegs `n op homself staande lewe in homself, wat nêrens meer met die uiterlike vleesmassa in die een of ander noodsaaklike verbinding staan nie, - daarom kan dit ook afval, soos gesê, sonder die minste nadeel vir die vrug van die kern.

22. Maar hoe totaal anders is dit by `n onryp vrug, waar die uiterlike massa nog `n suwwe lewe met die kern lei, waarby die kern sterf wanneer die uiterlike massa te seer verwond word!

23. Laat elkeen daarom sorg dat sy gees totaal ryp word, dit wat sal gebeur wanneer die gees homself van alle begeertedrade en vesels van die vlees sal losmaak.

24. Wanneer iemand dit bereik het, dan het hy ook meester van die lewe geword.

25. Maar net soos alle vrugte slegs deur die son se warmte ryp word, word ook julle lewensryp aan, in en deur die warmte van My liefde in julle vir My.

26. En so word dan ook jy, Enos, eens totaal lewensryp hier aan My bors, wat so eindeloos vol is van die enigste ware, aller ewigste en mees vrye, magtigste en allersaligste lewe!

27. Begryp dit goed en leef dus waaragtig vir altyd en ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205