Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die deemoed as grootste verheerliking van die mens. Die eerbetoon deur liefde. Garbiël se sug tot ywersug

63 En Abedam spreek ook die Amen uit na die Amen van Sehel en sê vervolgens:

2. “Ja, My geliefde Sehel het `n baie ware woord gespreek! Van alle sondes is selfsug die grootste; `n mens se grootste en mees verhewe verheerliking is egter sy deemoed en die daaruit voortvloeiende verheerliking van My Naam ten opsigte van die wêreld!

3.Laat diegene wie se hart egter beswaard is na My toe kom; want waarlik, sê Ek nou, soos My geliefde Sehel reeds vroeër gesê het, hy sal nêrens anders verligting vind nie as net by My nie!

4. En daarom het jy, Garbiël, weliswaar nie gefaal deur jou groot broer om vergewing te vra nie, en Set het ook nie gefaal deurdat hy sy ou dwaasheid ingesien het nie, ten gevolge waarvan hy kwaad was vir sy seun Sehel, omdat hy vanuit `n hoër, innerlike drang, nie in die voetstappe van Adam wou tree nie, maar vir sy hele lewe die oorspronklike hemelse reinheid van sy hart wou bewaar uit `n geheime groot liefde tot My;

5. Maar soos Sehel al vroeër gesê het, is dit oordrewe wanneer die een broer homself voor die ander in die stof wentel.

6. Want dit eis selfs Ek nie eers nie; hoeveel te minder moet julle mekaar dan eer asof die een broer `n god sou wees vir die ander!

7. Ek wil egter gladnie daarmee sê dat julle mekaar daarom in die geheel nie moet eer nie, maar Ek sê net dat julle nie soos wurms voor mekaar hoef te kruip nie.

8. As julle mekaar al eer, eer mekaar dan slegs deur die liefde en laat niemand homself verhef bo die ander nie, maar laat elkeen vir die ander `n ware broer in My liefde wees!

9. So `n verering is `n korrekte verering, - dit is julle mekaar wedersyds verskuldig; wat meer is, is teen My orde, daarom moet julle dit nalaat !

10. Die verering deur die liefde is toereikend vir elke verhouding tussen julle, of dit van `n broer tot `n broer is, of van `n seun tot sy vader, of die vrou tot haar man, of die man tot sy vrou, of van die suster tot haar suster, of die broer tot sy suster, of die dogter tot haar moeder, of die moeder tot haar dogter, of die seun tot sy moeder en die dogter tot haar vader, of die moeder tot haar seun en die vader tot sy dogter, - kortom, in alle gevalle is die enigste ware liefde toereikend en wel om die baie belangrike rede, dat Ek Self niks meer van julle almal verlang nie as maar net julle liefde in die gees en in alle waarheid vanuit die liefde.

11. Ja waarlik, Ek sê aan julle almal, julle sou dag en nag kan bid en julle soos varke wentel in die modder en in die vuilste stof, - tog sal Ek julle nie aanhoor, alvorens julle julle slegs in julle hart ernstig en vol ware liefde tot My, die heilige, mees liefdevolle Vader gewend het nie!

12. As Ek julle ware, opregte kinderliefde reeds as die verering aanneem, wat My alleen die welgevalligste, allerbeste en mees ware is, terwyl Ek tog gewyd, meer as gewyd is, - wat se onderskeid moet daar dan tussen julle wees, om vir mekaar in die stof te wil kruip?!

13. Dus nog eens en vir altyd gesê: Die liefde is voldoende en dien vir julle almal voldoende te wees!

14. Jy, My geliefde Sehel, sal dié enige gebod van die liefde op kliptafels opteken, sodat elkeen dan sal sien waarom alles draai en wat die gemeenskaplike middelpunt van alle dinge is!

15. En nou kan jy ook gaan, jaloerse Garbiël, bekommer jou nie meer daaroor dat Ek jou nie eerste geroep het om jou visioen aan My mee te deel nie!

16. Dink jy miskien dat Ek so-iets met opset doen om iemand daarmee te pla en om hom sy nietigheid ten opsigte van My te laat voel, omdat hy ook iets wil wees, wat hy eintlik nie moet wees nie?! O Garbiël, dan vergis jy jou skromelik!

17. Ek sê jou egter, dat My ewige orde, My liefde en My eindelose Wysheid wel sekerlik ander weë sal bewandel as net dit wat vir jou dwaasheid duidelik is!

18. Daarom moet jy `n deemoedige en vry hart, en nie `n eersugtige hart hê nie; want wanneer jy deemoedig is, sal jy nie op rangorde let nie en luister wie daar as eerste, tweede, derde ensovoorts geroep word nie, maar dit sal heeltemal geen probleem vir jou wees wanneer jy geroep word nie.

19. Sien, jy was eersugtig, daarom het dit jou voet laat pyn toe jou broer op jou voet getrap het, anders sou jy dit nouliks opgemerk het! 

20. Reinig jou hart nou geheel en al en kom dan na My toe as jy geroep word; gaan dan nou weer na Henog toe en laat hy vir jou die korrekte weg na My toon! Amen.

21. En nou kom jy, Horidaël, hier na My toe, en vertel My net soos die ander wat jy alles in jouself gesien en vertroulik verneem het! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205