|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 125
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Henog se woorde van dank en prys. Lewensvreugde as beste dankbetuiging ten aansien van die Skepper.
125. Na hierdie woorde van Abedam rig Henog homself op en roep met luide stem: "Luister, luister, julle dooies, luister almal, al diegene wat julleself nog ophou in die splete, afgronde en dieptes van die aarde, - ja, dooies uit die hele skepping, kom hierheen!
2. En al diegene in wie se are nog slegs `n swak, lou lewe stroom, - ook julle, wat swaarbelaai is en gebuk gaan onder die druk van so menige sware laste van julle saai lewe, - hierheen, hierheen met julle, almal! Hier sal julle in oneindige oorvloed die Allerhoogste lewe aantref!
3. O woorde, woorde! Wat is dit, wat was dit vir woorde?!
4. O Abedam, meer as heilige God en Vader! Nou het U ook die middelpunt van die aarde en die berge, die see en alles wat daar ook maar enigsins leweloos was, `n ewig onverganklike lewe gegee!
5. Wat kan, wat sou nog in die dood kan bly, waar die oerewige, mees heilige lewe van alle lewe sulke woorde oor die lewe uitspreek?!
6. Vader, meer as heilige Vader, alleen U kom toe ewig alle dank, alle eer, alle aanbidding, alle lof, alle liefde, alle prys, alle roem en van die totale oneindigheid `n totale gehoorsaamheid in alle trou van die liefde; want alleen U is immers as Enigste Ewig waardig om dit alles van ons te ontvang, ook van die totale oneindigheid!
7. O hoe intens lig het dit tog nou geword in alle dele van my hart in hoë hemelse lig en aangenaam in al my ingewande!
8. O lewe van die lewe, hoe lieflik is U; watter saligheid is dit om U te voel in die volheid van al U mag en krag!
9. O broer, o vaders, o kinders! Die saligheid van die lewe is groot as die Heilige in ons `n vry lewe lei; maar wie `n eie lewe wil lei, wat duister is in al sy vesels, vir hom is dit `n groot, ondraaglike las.
10. Laat elkeen daarom `n volkome deur liefde geregverdigde lewe lei, sodat hy die eindelose volheid van die ware lewe vanuit God ervaar.
11. Want daar is niks groters as die lewe nie en niks wat wonderbaarliker is en goddelik meer verhewe is as slegs die lewe nie.
12. Laat ons onsself daarom almal dankbaar verheug oor die lewe, ons, wat dit nie was en nou tog is in die aangesig van Hom, wat Ewig was, nou hier is en ewig sal wees, en die lewe laat ontstaan het en ons nou die ware lewe gegee het, ja die lewe wat Hyself van ewigheid tot ewigheid geleef het in en uit Homself in Sy goddelike gewydheid en eindelose volheid en volkomenheid!
13. Verheug julle daarom oor die lewe wat Hy nou vir ons almal gegee het!
14. Waarvoor sou die son dien, as daar buite Hom geen lewe meer sou wees wat haar sou kan sien nie, sou kan voel en van die heerlike uitstroming van haar strale sou kan geniet nie?!
15. Waarvoor sou die aarde dien met alles wat daar op haar en in haar is; waartoe die hemelruim met sy verligtende sterrewêrelde; ja waartoe die oneindigheid self, as daar buite Hom geen lewe meer sou wees wat Hom sou kan herken, wat dit vanuit Homself vrygemaak het en wat van alles sou geniet wat Hy vir daardie lewe geskape het nie?!
16. Verheug julle daarom, totale oneindigheid oor die lewe, net soos ek my nou daaroor verheug; want van Hom, van Hom het ons dit immers almal ontvang, nie as `n las nie, maar as `n wonderbaarlike saligheid van alle salighede! Want wat sou alle salighede wees sonder hierdie; wie sou homself sonder hierdie saligheid aan al die salighede kan versadig?!
17. Hierdie Allerhoogste Saligheid het Hy ons gegee; laat ons daarom ons groot lewensvreugde aan Hom, die Gewer, as die allerbeste dank opdra, sowel nou, as ewig! Amen."
|
|
|
|
|