Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die afskeid van Horadal en syne. Die afskeidswoorde van die Heer en Sy aansporing tot liefde

110 Na hierdie woorde van Abedam kom die hele volk ten slotte orent in opdrag van Horadal; Horadal self beloof die Heer onverbreeklike trou en met sy tien aanvoerders dank hy Hom uit die diepste van sy hart.

2. Nadat hy die Heer vir soveel barmhartigheid, liefde en erbarming gedank het, vra hy eweneens aan die Gewer van alle goeie gawes of hy vir die volk ook `n sigbare teken moes oprig ter herinnering aan hierdie so groot dag van barmhartigheid en erbarming, sodat dit hulle by die aanblik daarvan altyd dankbaar sou herinner wat se grootse dinge Hy aan hom en die volk wat onder sy leiding gestaan het, aan heerlikheid en vaderlikheid gedoen het.

3. En Abedam onderrig hom daarop as volg: “Horadal, luister! Ek loof jou omdat jy `n regte verlange het om My Naam blywend te verheerlik voor jou volk; maar tog sê Ek vir jou: As die volk korrek onderrig is, dan het dit in My groot skepping die heerlikste en vanself blywende herinneringstekens in oorvloed.

4. Maar as die volk dom is, sodat hulle nooit sal let op die tekens wat Ek dag in en dag uit op wonderbaarlike wyse voor hulle oë verrig nie, waarlik, jy kan dit glo, want Ek sê dit vir jou, dan sal hulle ook nie let op die een of ander dooie teken wat deur mensehande bewerkstellig is nie.

5. Let hulle egter op die lewende tekens, sê My, waarvoor is die dooie tekens dan nodig?!

6. Ek gee immers al `n groot herinneringsteken vir jou en vir jou hele volk deurdat jy in My Naam alle mag en krag van My lewende woord in jou het en jy kan dit ook aan elkeen deelagtig laat word, wie volkome erns maak met die opwekking van sy gees en die ewige, onverganklike lewe vanuit die gees.

7. Kon Ek jou dan nog iets groters gee as wat Ek jou gegee het in die drie woorde, - en sou jy as allerbeste herinneringsteken iets hoër, heerliker en beter vir My kan oprig as die heilige, lewende teken van die ware liefde in die hart van elke mens?!

8. Bly dus ook altyd by dié teken; en solank as wat jy sal bly by dié teken, in dié teken en dié teken in jou, solank sal Ek ook steeds magtig en kragtig in julle midde wees as die mees volkome herinneringsteken aan Myself en derhalwe ook aan al My liefdedade, wat Ek aan jou en jou volk verrig het.

9. Maar as jy die groot, vir My as enigste geldige teken van die ware en lewende liefde tot My, in julle harte ten gronde sou laat gaan, dan sal ook die groot herinneringsteken verdwyn uit julle midde.

10. Wanneer dit egter gebeur, dan sou ook alle ander niksseggende tekens vir julle net so weinig nut hê as die winde wat op die ander hemelliggame weldadig waai, vir die aarde het, maar waarvan die aarde niks merk nie!

11. Bly daarom by die enigste teken, die van die liefde! Want sy is die beste en altyd sekerste herinnering aan die voorwerp wat mens waaragtig bemin; maar as sy afgekoel is, dan kan die voorwerp wat weliswaar vroeër geliefd was, maar nou nie meer nie, deur die alles vergetende koue van die hart, wel sonne stuur as herinneringsteken aan die koudgewordene, maar dit sal vergeefse moeite wees, - want die ys gaan verlore as dit eers warm geword het!

12. Soos die vuur egter die dood gee aan alle materie, so gee ook die vuur van die liefde die dood aan hulle wie haar ontrou geword het, wanneer sy na hulle toe terugkom; omdat hulle verkil en verstar het tot ys!

13. Maar wie die heilige groot teken van die liefde in sy hart goed behoed het vir alle tye van die tye, sal ook in die lewensvuur bly net so ewig onverganklik as die vuur self in die vuur, omdat die vuur die lewe is vir die vuur!

14. Wees jy goed bewus daarvan en wek dit op in jou hele volk; dan sal jy lewe en jou hele volk in en met jou, en daardeur ook geheel in My en Ek in die volk! 

15. Dink maar nie dat die een dag beter geskik is daarvoor as die ander nie, of dat daar vir My vooraf op `n bepaalde dag een of ander offer gebring moet word nie, voordat iemand My in sy hart mag nader!

16. O Horadal, dink dit maar nie! Want soos by julle, die liefhebbende mens by sy bruid of sy liewe vrou nie dag en uur bepaal waarop hulle mekaar bemin nie, so is dit ook by My; wanneer iemand sy hart tot My verhef, is dit altyd goed!

17. Daarom moet die Sabbat alleen maar `n dag van algemene onderwysing wees, maar nie byvoorbeeld `n dag uitsluitlik vir My liefde nie; daarvoor is elke dag dus ewe goed.

18. Bemin My altyd; maar behou die Sabbat as `n dag vir die onderrig in My liefde, dan sal julle ewig lewe!

19. En nou kan julle julleself op die weg begewe in My Naam! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205